.22 Hornet Ladings
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 987
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
.22 Hornet Ladings
Kan enige iemand my help asb en op watse afstande skiet hy,spoed ens?
Dankie Gerhardu
Dankie Gerhardu
.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: .22 Hornet Ladings
Gebruik die search funksie regs bo en die' Hornet is al baie bespreek.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 987
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: .22 Hornet Ladings
Laat weet wat jy beplan om telaai.
Ek help waar ek kan.
Ek help waar ek kan.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 987
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: .22 Hornet Ladings
Sal so dra ek bietjie inligting kry.Ek ken nie die Hornet so goed nie of glad nie!
.
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: .22 Hornet Ladings
Baie lekker en onderskatte kalibergerhardu wrote: Sal so dra ek bietjie inligting kry.Ek ken nie die Hornet so goed nie of glad nie!
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 987
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
-
bex
- Full Member

- Posts: 184
- Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm
Re: .22 Hornet Ladings
Dis is n baie lekker geweertjie. Ek het 2 springbokke met myne geskiet die afgelope seisoen . Ek het 35gr GSC koels gebruik teen ongeveer 2800 fps as ek reg onthou.
Ek beperk my skote maar tot so 130m waar ek nog gemaklik voel met hom. Dit is eintlik my kort afstand geweer vir daai bok wat in my kom vasloop.

Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2161
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: .22 Hornet Ladings
Gerhardu
In kort kom dit daarop neer dat die Hornet 'n kortafstand-kaliber is vir klein bokkies en goed soos meerkatte. Dit skiet 'n 45gr koeël teen 2700vps maar dis Amerikaanse statistiek daardie. Met ons kruit (S265) kry jy moeilik meer as 2550vps met 45gr koeëls. as jy egter monometaalkoeëls laai soos die 35gr GSC kan die Hornet met goeie vrug op springbokke gebruik word tot op ongeveer 120m (130 soos hier gemeld is). Ek het baie springbokke met myne geskiet, maar dis op kortafstand, tot en met 100m. Myne het ek gelaai met Speer se 45gr koeëltjie teen so 2450vps (my geweer het 'n 21-duim loop). Tans laai ek Hornady 35gr V-Max en hulle kan lekker vinnig hardloop in die Hornet maar is nie geskik vir springbokke nie. Ons is maar altyd konserwatief as ons sulke klein kalibers aanbeveel vir wild. Alhoewel die Hornet springbokke met goeie skootplasing kan dood, is dit nie 'n springbokkaliber nie. Wat lekker is, is dat koeëls goedkoop is, jy lekker baie ladings uit een blik kruit kry en dat doppe (as hulle beskikbaar is) ook nie te veel kos nie. 'n Lekker kaliber om mee te speel om jou oog in te hou. Ek is reeds vanaf 1984 nie sonder 'n Hornet nie.
Mooi loop

Skaaphaas
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Mon Feb 20, 2012 1:20 pm
Re: .22 Hornet Ladings
Koos, wat dink jy van die idee van oistoolslagdoppe te gebruik om die S265 so bietjie vinniger te laat ontbrand?Koos Barnard wrote: Gerhardu
In kort kom dit daarop neer dat die Hornet 'n kortafstand-kaliber is vir klein bokkies en goed soos meerkatte. Dit skiet 'n 45gr koeël teen 2700vps maar dis Amerikaanse statistiek daardie. Met ons kruit (S265) kry jy moeilik meer as 2550vps met 45gr koeëls. as jy egter monometaalkoeëls laai soos die 35gr GSC kan die Hornet met goeie vrug op springbokke gebruik word tot op ongeveer 120m (130 soos hier gemeld is). Ek het baie springbokke met myne geskiet, maar dis op kortafstand, tot en met 100m. Myne het ek gelaai met Speer se 45gr koeëltjie teen so 2450vps (my geweer het 'n 21-duim loop). Tans laai ek Hornady 35gr V-Max en hulle kan lekker vinnig hardloop in die Hornet maar is nie geskik vir springbokke nie. Ons is maar altyd konserwatief as ons sulke klein kalibers aanbeveel vir wild. Alhoewel die Hornet springbokke met goeie skootplasing kan dood, is dit nie 'n springbokkaliber nie. Wat lekker is, is dat koeëls goedkoop is, jy lekker baie ladings uit een blik kruit kry en dat doppe (as hulle beskikbaar is) ook nie te veel kos nie. 'n Lekker kaliber om mee te speel om jou oog in te hou. Ek is reeds vanaf 1984 nie sonder 'n Hornet nie.
Mooi loop
Artikel 13 en 15 lisensies vol, spaar nog om 16 ook vol te maak!
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: .22 Hornet Ladings
Skaaphaas
Mooi loop
Francois
Is n pistool slagdoppie dan "sterker" as n geweer slagdoppie??wat dink jy van die idee van oistoolslagdoppe te gebruik om die S265 so bietjie vinniger te laat ontbrand?
Mooi loop
Francois
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2161
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: .22 Hornet Ladings
Skaaphaas
Pistoolslagdoppe laat nie S265 vinniger ontbrand nie, hul "vlammetjie" is flouer en die snelheid is laer. In my geweer gee dit 25 tot 40vps stadiger snelhede en akkuraatheid is maar dieselfde as met Small Rifle maar party mense kry blykbaar wel beter akkuraatheid met pistoolslagdoppe. Die lading en dopvolume is so klein dat jy nie eintlik vinniger ontbranding nodig het of wil hê nie. Ek kry uitstekende akkuraatheid met die 35gr V-Max koeëls en 10.5gr S265. Sommige mense verkies om meer te laai, tot 11.5gr met dieselfde koeël.
Mooi loop
Pistoolslagdoppe laat nie S265 vinniger ontbrand nie, hul "vlammetjie" is flouer en die snelheid is laer. In my geweer gee dit 25 tot 40vps stadiger snelhede en akkuraatheid is maar dieselfde as met Small Rifle maar party mense kry blykbaar wel beter akkuraatheid met pistoolslagdoppe. Die lading en dopvolume is so klein dat jy nie eintlik vinniger ontbranding nodig het of wil hê nie. Ek kry uitstekende akkuraatheid met die 35gr V-Max koeëls en 10.5gr S265. Sommige mense verkies om meer te laai, tot 11.5gr met dieselfde koeël.
Mooi loop
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: .22 Hornet Ladings
Ek het bitter baie jakkalse met die Hornet geskiet.
Ek het my Hornet later na n K Hornet toe laat kamer en kry 2750fps met PMP se 45gr SP.
Dit is n dodelike kombinasie op jakkals tot en met 150m.
Ek het ook n paar blesbokke om gedop met die KHornet.
Ek het my Hornet later na n K Hornet toe laat kamer en kry 2750fps met PMP se 45gr SP.
Dit is n dodelike kombinasie op jakkals tot en met 150m.
Ek het ook n paar blesbokke om gedop met die KHornet.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: .22 Hornet Ladings
Iets waarna jy beslis moet kyk is die lengte van die koeëls. Sommige koeëls is te lank om mee te herlaai - en dit voer dan ook nie uit die magasyn nie. PMP se 45gr. koeëls was goed geprys en net die regte lengte, maar dit word nie meer vervaardig nie.Gerhard wrote: Ek het bitter baie jakkalse met die Hornet geskiet.
Ek het my Hornet later na n K Hornet toe laat kamer en kry 2750fps met PMP se 45gr SP.
Dit is n dodelike kombinasie op jakkals tot en met 150m.
Ek het ook n paar blesbokke om gedop met die KHornet.
Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: .22 Hornet Ladings
Korrek,Hein M. wrote: Iets waarna jy beslis moet kyk is die lengte van die koeëls. Sommige koeëls is te lank om mee te herlaai - en dit voer dan ook nie uit die magasyn nie. PMP se 45gr. koeëls was goed geprys en net die regte lengte, maar dit word nie meer vervaardig nie.
Hein M
Kyk dat daar op die pakkie Hornet staan.
Die normale 224's is te lank vir die Hornet.
Sierra maak vir die Hornet.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
Skaaphaas
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Mon Feb 20, 2012 1:20 pm
Re: .22 Hornet Ladings
Dankie Koos. Ek het gehoor die pistoolslagdoppies brand warmer, maar ek glo jou eerder as jy sê dit is nie so nie.
Ek laai gewone .224 koeëls, Sierra SP 45gr in myne met 10gr S265, en akkuraatheid is nou onder 'n duim op 100m. Maar ek het die koeëls saam met die geweer gekry en weet nie of mens dit nog kry nie. Hulle is redelik lank.
Ek het toe Sierra se 45gr Varmint Hornet koeëls gekoop. Baie korter met 'n skerper ogief, maar ek kry hulle glad nie om te groepeer nie.
Sal dalk maar afskuif na die 35gr koeëls toe en kyk wat kan ek daar regkry.
Ek laai gewone .224 koeëls, Sierra SP 45gr in myne met 10gr S265, en akkuraatheid is nou onder 'n duim op 100m. Maar ek het die koeëls saam met die geweer gekry en weet nie of mens dit nog kry nie. Hulle is redelik lank.
Ek het toe Sierra se 45gr Varmint Hornet koeëls gekoop. Baie korter met 'n skerper ogief, maar ek kry hulle glad nie om te groepeer nie.
Sal dalk maar afskuif na die 35gr koeëls toe en kyk wat kan ek daar regkry.
Artikel 13 en 15 lisensies vol, spaar nog om 16 ook vol te maak!
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: .22 Hornet Ladings
My Hornet skiet pragtig met Sierra se 40gr "hornet" koeels met 10,5gr S265. Spoed is so om en by 2750ft/s en 5 skoot groepering is omtrent almal in dieselfde gat op 100m.
Ek het ook baie goeie resultate met 35gr GSC koeels behaal, maar dink S265 is dalk bietjie stadig vir die beste resultate.

Aim small, miss small