Teleskoop vir 300 win mag

Post Reply
User avatar
mw
Full Member
Full Member
Posts: 124
Joined: Tue Dec 11, 2012 8:58 pm

Teleskoop vir 300 win mag

Post by mw »

Ek het onlangs by Superdup vir my n Musgrave 300 win mag gekoop. Ek is nie van plan om sommer verder as 300 m skote te skiet nie, wat se teleskoop volgens julle moet ek opsit? Hier is n paar wat ek in my kop het maar as julle aan iets dink wat ek nie op het nie, skreeu maar ek luister!

Prysklas moet verkieslik onder R10 000 wees.

Nikon monarch 4-16 x 50
Nikon monarch 5-20 x 44
Zeiss duralyt  3-12 x 50
Bushnell Elite 2.5-20 x 50
Leupold vx2 4-12 x 50
Leupold vx3  4.5-14 x 50
Meopta Meostar 4-16 x 44
Vortex Viper 4-16 x 50
Swarovski z3 3-10 x 42
Swarovski z3 4-12 x 50 
lynx 2.5-15 x 50
User avatar
mw
Full Member
Full Member
Posts: 124
Joined: Tue Dec 11, 2012 8:58 pm

Re: Teleskoop vir 300 win mag

Post by mw »

Dankie Piet, ek gaan nie regtig in die nag met hom skiet nie, maar het maar gedink aan n 50 mm lens net vir ingeval en dalk laat middag moet skiet.

Groetnis
Danie Lombard .243

Re: Teleskoop vir 300 win mag

Post by Danie Lombard .243 »

MW

Juis omdat ons in RSA woon en a.g.v. die waarborg en die diens sal ek sonder enige twyfel die LYNX kies. Onthou dat alles kan breek, selfs die duurste sowel die goedkoopste produk.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Teleskoop vir 300 win mag

Post by mariusr »

MW goeie keuses maar glo nie jy gaan Swarvoski kry vir daai prys klas nie.Kies die een met grootste eye relief en om die 300 win mag te komplimenteer want die outjie kan ver gooi lekker groot vergroting min 4-12x42 al se jy nou jy gaan nie verder skiet as 300meter nie?

Groete
User avatar
Superdup
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Tue Jul 13, 2010 9:01 am

Re: Teleskoop vir 300 win mag

Post by Superdup »

MW

Ek het 'n hele paar netjiese groepe geskiet met 'n Nikon monarch 4-16x42 op, mounts is reg vir 'n 50mm lens voor, my lynx was daar op met sy parralaks voor.
Howa 243 AI , Howa 7mm RM , Sako.338 WM , Brno .22LR , Remington 12br Semi-auto , Beretta 9mm Short

".............. I'm a hunt saboteur. I go out the night before and shoot the fox." - Tim Vine
User avatar
mw
Full Member
Full Member
Posts: 124
Joined: Tue Dec 11, 2012 8:58 pm

Re: Teleskoop vir 300 win mag

Post by mw »

Kan n duurder teleskoop se vergroting (bv 3-12 x 42) beter wees as n goedkoper teleskoop se vergroting
( bv 3-16 x 50)
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Teleskoop vir 300 win mag

Post by mariusr »

Ja dit is so as jy die groot name soos swarvosfki,zeiss,s@b en leupold vergelyk met die middel klas scopes maar dan is die prys ook dubbel maar gaan loer self wat jy van hou eye relief,kruishaar ens solank jy net die gewweer komplimenteer wat jy op sit!

Groete
User avatar
Scrappies
Full Member
Full Member
Posts: 200
Joined: Mon Feb 13, 2012 4:29 pm

Re: Teleskoop vir 300 win mag

Post by Scrappies »

Hi MW!

Jy kan met n geruste hart die Vortex HS 4-16 x 50 koop. Ek het sopas my 4de Vortex gekoop vir my 6mmbr. Die Viper HS se eye relief is 4" op x16 vergroting en self die goedkoop diamondback op die 300H&H en 30-06 het my nog nooit laat voel hy kom draai naby my oog nie.

Die Viper HS het ook n 30mm tube met parralaks verstelling. Goeie glas. Goeie waarborg. Het my laaste een vir R6000 gekoop.

Sterkte!! Dink in elk geval nie n man kan sommer verkeerd gaan met so n budget nie! Geniet hom!

Hou die lood in die lug manne!
22-250 Howa
30-06 Musgrave
303 lee Enfield
User avatar
Martin82
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Fri Nov 02, 2012 1:10 pm

Re: Teleskoop vir 300 win mag

Post by Martin82 »

I have a Leupold VX2 4-12x40 on my .300WSM and its a beaut. Bought it from a ko-op in Humansdorp. They were about R1200 cheaper than any other place i looked at. And they posted it for free aswell. I paid R 4600 for it.
CZ 455 .22LR
Howa 22-250
Howa 6XC
Howa 6.5 Creedmoor
.300 WSM Winchester Model 70
Glock 19 Gen3
Armed 12GA O/U Shotgun
Agentkoos
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Sun Jun 13, 2010 5:59 pm

Re: Teleskoop vir 300 win mag

Post by Agentkoos »

MW
Het pm gestuur
Rainbird
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Fri Oct 19, 2012 9:55 am

Re: Teleskoop vir 300 win mag

Post by Rainbird »

Eers moet jy appels met appels vergelyk.

Zeiss en Swarovski kan nie vergelyk word met Nikon of Bushnel nie. Hulle is opties beter as meeste van die ander en selfs die Duralyt kan nie met n Z3 vergelyk word nie.
Net die feit dat die Z3 n 1" tube het en in Amerika aanmekaar gesit is, en die Duralyt n 30mm tube en in Duitsland vervaardig is maak hulle heel verskillend.

Daar is dosyne scopes om van te kies wat op jou .300 WM sal werk maar behalwe die prys, vra jouself ook die volgende vrae.

1. Hoe lank maak die maatskapy jagteleskope?
2. Het hulle n agent of verteenwoordiger in SA?
3. Hoe vergelyk die teleskoop opties teen oor ander?
4. As hy in 30 jaar breek. Kan hy nog reggemaak of gediens word?

As dit by die laaste vraag kom is daar ongelukkig net 4 "brands" om van te kies.
Zeiss, Swarovski, S&B en Leica. Dit is maar net een van die redes hoekom jy n paar rand meer op hulle spandeer.

90mm eye relief is meer as genoeg vir n 300WM. As hy jou raakskop hou jy die geweer of nie reg vas nie, of die scope is verkeerd gemonteer.

Doen jou huiswerk en ek is seker jy sal self tot by die regte besluit vir jou kom.
Umshwati Boy
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 342
Joined: Wed Feb 29, 2012 10:06 am

Re: Teleskoop vir 300 win mag

Post by Umshwati Boy »

Ek het 'n Z3 4-12x50 met die Ballistic Turret op my 300 Win Mag. Spaar die ekstra geld (R 2500) en koop die Scope. Ek het dit al baie keer vergelyk met die Duralyt 3-12x50 en kan nie se dat daar 'n verskil is nie. Dat die Duralyt in Duitsland gemaak word se niks nie, hulle is nes die Z3, die "entry-level".
Post Reply