Invoer van onderdele

Post Reply
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Invoer van onderdele

Post by savage(P Coetzer) »

Ek wil weet of iemand al voertuig/laaigraaf ens parte ingevoer het?
Ons JCB telehandler by die werk het kort na kersfees begin probleme gee met sy "crabsteer".
Na n lang gesukkel het ons gevind dat die stuur se cpu gegroet het. Bel die agent op die dorp en kry n voorlopige kwotasie van R19 000 vir die kleine part wat hulle nie eers van voorraad het nie en dalk eers meer oor volgende week kan uitvind.
Ek krap toe rond op die internet en kom op n parte verskaffer in engeland af wat uitvoer.
Dieselfde jcb part kos daar minder as R800 en met die shipping koste ingesluit kos dit maar R1500!

Nou my vraag. Hoe lank behoort ek te wag vir die onderdeel want as dit weke gaan vat is R1500 ook nie meer n winskoop nie.
.223 Sako
.303 lee enfield
cz 9mm
miroku mk 70 o/u
Ruger mini 14ATI tac
Anshutz .22
6.5x55 cz550
maverick 88 12br
marlin 30-30
Tikka varmint .243AI
Pietersburg
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13660
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Invoer van onderdele

Post by Geno »

Laat hulle dit DHL, dit behoort baie vinnig te gaan.
Goed, beter, 6millimeter!
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Invoer van onderdele

Post by savage(P Coetzer) »

Maak so dankie
.223 Sako
.303 lee enfield
cz 9mm
miroku mk 70 o/u
Ruger mini 14ATI tac
Anshutz .22
6.5x55 cz550
maverick 88 12br
marlin 30-30
Tikka varmint .243AI
Pietersburg
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Invoer van onderdele

Post by 243Songdaug »

Savage, ek het net voor kersfees 'n breek op my 4l ford gehad - Ford SA kan eers teen middel na einde Feb 2013 vir my die pert kry.

Ek krap toe self so bietjie rond - het die part vir minder as 50% van die koste die dag voor kersfees by die plaaslike poskantoor opgetel.

Het sederdien nog 'n paar parte ingevoer - teen heelwat minder as die prys wat ek dit in SA kan kry - en sal aanhou om dit so te doen.

Raad:  Registreer by Paypal as jy kan.
          Vervoer gaan jou baie kos, maar op die einde van die dag is die parte steeds heelwat goedkoper as in
          SA.
          Ek laat DHL of Express als(wat dit so effens duurder maak, maar dit vat biki meer as 'n week om dit in
          SA te kry)

Die manne is baie behulpsaam en waardeer die besigheid. 

Groete.
Jaco
Dont tell me, show me......
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Invoer van onderdele

Post by savage(P Coetzer) »

Dankie vir die raad, sal defnitief n plan maak.
Ek het altyd geweet die agente boelie ons maar nooit geweet dis so erg nie.
Vir n oorspronklike onderdeel om na courier koste steeds minder as 10% van die agent se prys te wees is net belaglik!
Sal van nou af elke keer eers kyk wat invoer sal kos teenoor die agent.
.223 Sako
.303 lee enfield
cz 9mm
miroku mk 70 o/u
Ruger mini 14ATI tac
Anshutz .22
6.5x55 cz550
maverick 88 12br
marlin 30-30
Tikka varmint .243AI
Pietersburg
Post Reply