Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Nou ja hoe gelukkig kan 'n mens dan nou wees? http://www.youtube.com/watch?v=hF09UFF0 ... e=youtu.be
Nadat ek 'n GB gelele van 2lbs gevang het, vang ek een van ongeveer 5kg en net daarna en voor looptyd (wanneer die rivier te sterk afkom nadat die sluise oopgemaak is) van ek die monster. My skepnet was weereens te klein en kon ek die vis nie daarin weeg nie. Sal veseker 'n beter een moet kry.
Geniet dit, ek het (so tussen die forum se herstel en frustrasie help die visvang baie)
Groete
Last edited by jaracal on Fri Dec 28, 2012 10:45 pm, edited 1 time in total.
Hi Carl
Ja, ek was baie gelukkig, moes die vis maar force aangesien die water begin styg het. Gelukkig het die leader en hoek gehou.
Was lank 'n droom om die tipe van visse op vlieg te vang en nou het alles begin bymekaar kom. Ongelukkig se^ hulle die Gariep dam is 99% vol so die vuil water sal eersdaags hier aankom. Jy het juis gepraat van troebel water, hoe gereeld sal 'n ou die visse in troebel water vang?
Sam - dit het nogal 'n tydjie gevat voordat ek agter gekom het waar om die klas van visse te soek. Lyk of dit nou beter sal gaan, maar kan 'n man nie te vinnig praat nie, visvang is soos jag, laai jou vinnig af. Net wanneer jy dink jy raak goed wys visvang sy ander kant.
Groete
Last edited by jaracal on Sat Dec 29, 2012 9:56 am, edited 1 time in total.
Hein, ek kan maar net teorie gooi, ek hengel hier net vir hulle in die winter dan is die water darem so 1m sig. Kyk daai manne hou nie op om te eet in die troebel water nie so hulle is ingestel vir kos soek daarin. Ek dink belangrik is die regte plek, wat jy reeds het . Dan swart of donker vlieg, beter kontras en silhoette. Dan vlieg wat waterstoot, bewegings wat die vis kan optel, hier hou ek van die "deerhair" koppe voor zonker! Ek glo ook dat 'n vlieg op die oppervlak vroeg oggend of skemer die ding sal doen, daai oë kyk voorentoe en boontoe vir 'n rede.
Dankie Carl, ek gaan dit beslis probeer. Ek het gesukkel om die grotes met 'n floating line te vang en oorgegaan na intermediate lyn wat die vliee" so bietjie laat sak het en onmiddelik sukses gekry. Maar dan ook die water vloei nog te sterk om vroeg oggend of laat middag te probeer, of moontlik moet ek nog die regte plekke soek. Soos jy se^ hulle hou nie op vreet nie. Die loslating van die water uit die sluise behoort al soos 'n hoogwater en laagwater gety te werk.
Groete
Hein wanneer hou jy 'n gevorderge GB geelvis op vlieg kursus??? So bietjie prakties net na sonop tot so 10 uur, dan teorie oor wat het gewerk en wat nie. Lekker vinnige braai en dan weer 'n praktiese sessie na 3 tot die son weg is
Peet, nou praat jy, maar ek dink die 243/270 moet saam so ons moet nader aan die winter kyk.
Hein ek hengel meestal met die intermediate tensy die rivier minder as 10 loop, maar dis nie jou probleem nie so jy is reg. Die Gariep is 'n klasieke tailwater soos baie van die riviere in Amerika, en ja dis soos getye. Die groter volume water is beslis moeiliker om in te hengel. Die val sal seker kos vissie se beweging mee bring. Maar ek moet eerlik wees wat jy doen, is perfek, want om sulke vis te vang is gewoonlik baie ure se werk met lang tye tussen in. Jy is bevoorreg om die ou manne vd rivier uit te oorlê.
Baie geluk en 'n pragtige vis. Ek wens vir so mooi een.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Oom Hein daai is 'n yster! Oom moet bietjie kom kuier hier op Douglas, die yellows raak self mooi groot hier in die Vaal en Oranje. So paar weke terug toe vang 'n ou saam wie ek altyd geflyfish het 13kg graskarp op fly. Sal foto in die hande probeer kry en opsit.