Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het bietjie die naweek gaan jag in Alldays en dis die eerste keer wat ek in daai omgewing jag en het regtig bitter hard gewerk vir die bokke wat ek geskiet het.
Kan enige van julle my dalk vertel of dit maar altyd moeilik is om in die Alldays omgewing te jag of is dit maar net omdat dit nog vroeg in die seisoen is.? Die mopanie bome se blare het nog nie afgeval nie..
Laat weet maar as een van julle al daar gejag het.?
Was so maand en n bietjie terug weer daar. Skiet altyd lekker daar. Het nog nooit regtig te veel gesukkel daar nie, hang seker ook maar van die plaas af. Ons gaan so 5 keer n jaar daar heen en skiet altyd ons kwota vol. Kan vir jou n kontak nr stuur as jy sou belang stel om daar te bespreek.