1004m met die 260AI

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 1004m met die 260AI

Post by Arnold »

Marc wrote: Mooi man Arnold, ek sou beter gevoel het om teen 'n "back stop" te skiet. Mens weet nooit waarnatoe daai opslag koeële trek nie en ek neem aan die plase is maar redelik klein daar waar julle speel.

Elk geval, wel gedaan ou maat, wag om te sien hoe vêr jy dit kan jaag. Het my gewen tot by 1000, kom ons kyk vir 2000  ;D ;D ;D ;D
Die back stop is maar 'n probleem. Opslag koeels is daar nie eintlik baie van nie en ons kry die opgebreekte jackets o pdie grond. Die plan is om die teiken effens te skuif sodat ons 'n klompie bome as bacstop het, maar agter die heuwel is daar nog een verder aan met niks geboue of mense tussen in nie. Dit is maar moeilik om oop grond hier te kry so ons moet doen met dit wat ons het.

Gelukkig skiet ons nie met 338's waarvan die uitval zone 10 myl is nie  ;)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 1004m met die 260AI

Post by tripodmvr »

Arnold wrote: Wat is jou loop lengte?
Probeer die 185gr Berger ...
Jy het gesê 20 duim. met 185 Berger lyk dit so.

0m - 2477vps ; 1000m - 1191vps ; 507 duim val.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: 1004m met die 260AI

Post by Marc »

Hehheee

Ons is lekker bederf hier in die State  ;D

Daai roer van jou loop mooi op 600, bietjie oefen en 1000 gaan loop soos stroop. Wens ek kan meer tyd in die veld kry  :'(
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 1004m met die 260AI

Post by Arnold »

Hoe kry jy 2750 fps met 'n 155gr in 'n 20" loop met S335? (onthou S321 is temperatuur sensitief en gaan jou eindelose probleme gee op daai afstande vir 'n skamele 40 fps meer)

Hier by die see lyk dinge so:
'n 155gr Scenar teen 2650 fps gaan subsonies op net kort van 900m
'n 175gr VLD gaan subsonies so 20m verder.

Julle moet beter eksterne ballistiek programme met realistiese BC waardes gebruik!

My 260 met 'n 140gr VLD teen 2820fps gaan op so 1295m subsonies.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 1004m met die 260AI

Post by Arnold »

Marc wrote: Hehheee

Ons is lekker bederf hier in die State  ;D

Daai roer van jou loop mooi op 600, bietjie oefen en 1000 gaan loop soos stroop. Wens ek kan meer tyd in die veld kry  :'(
Ons het net so paar skote op 1km geskiet en toe weer nader geskuif. Op 875m het ek lekker gespeel en kan steeds my eie skote sien tref.
Die viedeo van die 600m skiet was in November geneem en toestande was slegter as wat ons 1k geskiet het. Dit het Saterdag vir my gevoel of 1k makliker was as die 600m skiet  :police:
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: 1004m met die 260AI

Post by Gerrit Visser »

Arnold sal ek op jou program 'n 1000m kan haal met my 270. Ek wil nie vinniger as 3050f/s doen met 'n sierra 135gr MK nie en as ek moet hoe vêr kan ek met die 270 gaan? My nuwe loop is 28"
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 1004m met die 260AI

Post by tripodmvr »

Hoogte is geneem op 1460m (4790vt) met 80 grade F en 29.92dm Hg lugdruk. Dit is maar die heersende getalle hier op die Hoëveld by my.

'n Groot kaliber geweer skiet enigiets van 4 na 5 kilometer vêr. Hang af van die hoek waarteen jy hom hou, BC ens. 'n 270 gaan defnitief op 1000m uitkom. Sê niks van akkuraatheid nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: 1004m met die 260AI

Post by Marc »

Arnold wrote: Ons het net so paar skote op 1km geskiet en toe weer nader geskuif. Op 875m het ek lekker gespeel en kan steeds my eie skote sien tref.
Die viedeo van die 600m skiet was in November geneem en toestande was slegter as wat ons 1k geskiet het. Dit het Saterdag vir my gevoel of 1k makliker was as die 600m skiet  :police:
:D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: 1004m met die 260AI

Post by Christo »

Baie interresante topic. Ek het Saterdag oggend sommer lekker vroeg die 22-250 gevat en probeer om 800 te haal  niks wind om van te praat nie. Gezero op 200 met 61 klieks op kom ek toe net so iewers by 700m. Ek het so paar skote op eerste mildot probeer en toe maar gelos omdat ek nie kon sien waar tref ek nie. Moeiliker as wat ek gedink het. 400m 8"gong al 4skote raak maar 800, aikona.

Ek sal maar wag tot die338WM se lisensie kom.

Nou nadat ek die topic gelees het, het ek 'n vraag. As 'n koeel by 800m subsonies gaan, sal die klank hom mos vooruithardloop van daar af? al is dit net teoreties.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: 1004m met die 260AI

Post by Marc »

Teleskope is GROOT deel van hierdie paket. Ek het self altyd gedink mense oordryf deur te sê jy moet tweekeer soveel aan jou teleskoop spandeer as aan die geweer. As jy vêr en raak wil skiet is dit wet, nie net hoorsê nie  ;)
Christo wrote: Nou nadat ek die topic gelees het, het ek 'n vraag. As 'n koeel by 800m subsonies gaan, sal die klank hom mos vooruithardloop van daar af? al is dit net teoreties.
Die knal sal hom sekerlik weer begin inhaal, die ander vraag is of mens nog gaan besef dit was 'n geweerskoot wat jy dink gehoor het as die stukkie lood jou 1000m verder 'n oordentlike bloukol looi  ;D ;D ;D ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Problem Animal Control
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm

Re: 1004m met die 260AI

Post by Problem Animal Control »

Arnold

Ek sien jy noem dat S321 temperatuur sensitief is maar ek het nou die dag gehoor dat daai probleempie opgelos kan word as jy n magnumprimer in die dop se gat druk omdat hy baie warmer is. Ek is nie n kenner nie en luister maar so ongesiens wat almal se, sal graag wil hoor wat jy te se het.

Groette

PAC
9mm S&W
9mm Norinco
.38Spl Luger
.38Spl Luger
.22BRNO
.22Krico
.22Hornet
.44Magnum Ruger
.410
12Br CBC
12Br S&W
12Br S&W
.303BSA
.308BRNO (ou betroubaar)
Ruger Mini14 223

Solank daar lood in die lug is,het ons hoop!!!!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 1004m met die 260AI

Post by Arnold »

Soos ek dit het het balkruit n magnum primer nodig vir goeie aansteking. Dit het nie soveel te doen met temp sensitiwiteit nie.

Mens kan steeds baie goeie akuraatheid op die korter afstande kry maar op die langerafstande gaan wisselvallige spoed jou ondergang wees.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 1004m met die 260AI

Post by Arnold »

Een van die belangrikste stukkies toerusting vir langafstand skiet is n goeie spotter en betekenisvolle komunikasie.

Die ander ding wat belangrik is is n bubble level en om hom te gebruik.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 1004m met die 260AI

Post by Arnold »

So stukkie video van waar ek die 260 skiet
https://www.dropbox.com/s/dyi8yrqsadlly ... 20260R.avi
Last edited by Arnold on Wed Jan 02, 2013 11:22 am, edited 1 time in total.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: 1004m met die 260AI

Post by PWV »

Arnold wrote: So stukkie video van waar ek die 260 skiet
http://db.tt/SiM36EJx
Jammer, kan nie die link oop kry nie.  Sou dit graag wou sien.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 1004m met die 260AI

Post by Arnold »

Arnold wrote: So stukkie video van waar ek die 260 skiet
https://www.dropbox.com/s/dyi8yrqsadlly ... 20260R.avi
Probeer nou ...
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: 1004m met die 260AI

Post by PWV »

Wil nog nie werk nie.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 1004m met die 260AI

Post by Arnold »

https://dl.dropbox.com/s/dyi8yrqsadlly0 ... R.avi?dl=1

Try daai link ... onthou dit gaan n tydjie vat om te laai.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: 1004m met die 260AI

Post by PWV »

Arnold wrote: https://dl.dropbox.com/s/dyi8yrqsadlly0 ... R.avi?dl=1

Try daai link ... onthou dit gaan n tydjie vat om te laai.
Nee, Arnold.  Los maar.  Ek weet nie of die fout by my is nie.  Ek kom daar, maar net die klank van jou skoot kom deur  -  geen beeld nie.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 1004m met die 260AI

Post by Arnold »

Dan kort jy die regte codec
Post Reply