HERLAAI DATA_.375H&H_300gr softs and solids vir gevaarlike wild

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 627
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

HERLAAI DATA_.375H&H_300gr softs and solids vir gevaarlike wild

Post by ZKK »

Goeie middag manne
Ek wil begin eksperimenteer met n lading vir gevaarlike wild (buffels) in my .375H&H CZ550

Die meeste jagters skiet die eerste skoot met n sagte punt koeel gevolg deur solids.
Hoe herlaai mens twee verskillende koeels sodat hulle dieselfde point of impact het op 100m?

Is daar miskien reeds softs en solids beskikbaar wat met dieselfde lading, redelik naby aan mekaar sal skiet?

Watse 300gr koeels kan julle aanbeveel vir buffels wat goeie waarde vir geld is?

Ek hoop daar is manne wat reeds deur hierdie proses is wat bereid sal wees om hulle resepte te deel.

Groete
Francois
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: HERLAAI DATA_.375H&H_300gr softs and solids vir gevaarlike wild

Post by Wouter Roets »

Hallo Francois

Dit gaan nie maklik gedoen word dat jy presies dieselfde POI kry met beide softs en solids nie. Dit is ook nie werklik nodig as jy in ag neem dat die gebruik van die solids op baie korter afstande gaan wees en dat die POI hier weinig gaan verskil. Ek moet ook byse dat die 375 darem oor die algemeen nie te groot verskil het met sy POI nie vanwee die gebruik van dukker lope.

Met koeel aanbeveling vir buffels sal net die beste doen. Hier moet n mens geensins suinig wees nie. Ek is maar n mono man met Barnes bo-aan my lys. n Mens kan ongelukkig net nie meer hulle solids invoer nie vanwee nuwe restruksies van Amerika daarop. Jy kan Rhino, Frontier se Spartan, GS Custom, Norfork en Swift se A Frame ook sterk oorweeg. Met die solids sal ek Rhino en Frontier se Phallax oorweeg. Ek het lank Rhino's softs gebruik met uitstekende terminale resutate wat moeilik geewenaar word. PM my gerus met jou lading ontwikkeling sodat ons dit mooi fyn kan uitwerk.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 627
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: HERLAAI DATA_.375H&H_300gr softs and solids vir gevaarlike wild

Post by ZKK »

Baie dankie vir die terugvoer Wouter.

Ek het al met die 260gr Nosler Accubonds rond gespeel en die resultate het baie belowend gelyk.
Wat is julle opinie oor die die Accubonds in 300gr?

Watter poeier sal die mees geskikste wees vir die swaarder punte? S335 of S355?
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: HERLAAI DATA_.375H&H_300gr softs and solids vir gevaarlike wild

Post by Gerhard »

ZKK wrote: Baie dankie vir die terugvoer Wouter.

Ek het al met die 260gr Nosler Accubonds rond gespeel en die resultate het baie belowend gelyk.
Wat is julle opinie oor die die Accubonds in 300gr?

Watter poeier sal die mees geskikste wees vir die swaarder punte? S335 of S355?
Ek sou nie Accubonds gebruik vir dukvel diere nie. Kyk dan eerder na Partitions.

335 werk die beste met 300gr.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: HERLAAI DATA_.375H&H_300gr softs and solids vir gevaarlike wild

Post by Wouter Roets »

Francois

Met mono konstrusie koeels kan n mens nog n 270gr koeel oorweeg maar as jy na bonded koeels of koeels met soortgelyke gewigsbehoud kyk sal ek niks ligters as 300gr oorweeg nie. Onthou penetrasie is grootliks gebasseer op momentum wat weer verkry word deur spoed x massa. As n mens in ag neem dat beide die Nosler Partition en Accubonds nagenoeg 60% gewigretensie toon kan jy sien dat jy heel moontlik met die 260 greiners gaan sukkel veral as groot bene getref word.

Ek het lank met die Nosler Partition 260gr teen 2900ft/sek geskiet in my 375 H&H Ackley en hulle het bitter min op blou wildebeeste groote dier dwars gepenetreer. Daar is n redelike verskil tussen n buffel en hulle.

Met 300gr koeels is jou beste poeiers S355 en S365 wat aansienlike hoer spoed kan lewer as S335 teen maksimum drukvlakke. Dopfulling is baie beter en drukvlakke is aansienlik laer vir geleke spoedvlakke. In kort is S335 meer geskik vir die ligter koeels in die 375 H&H.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 627
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: HERLAAI DATA_.375H&H_300gr softs and solids vir gevaarlike wild

Post by ZKK »

Ek sien dat baie vervaardigers, 270gr solids maak in .375
Wat sou die rede hiervoor wees? kan mens 270gr solids gebruik vir grootwild of moet mens liefs vir die solid ook n 300gr koeel gebruik?
User avatar
Jan Nel
Full Member
Full Member
Posts: 225
Joined: Mon Oct 17, 2011 9:48 am

Re: HERLAAI DATA_.375H&H_300gr softs and solids vir gevaarlike wild

Post by Jan Nel »

Probeer 300 gr Hornady DGX (softs) en 300 gr Hornady DGS (solids).  Baie goeie koeels en bekostigbaar.  Hulle is ontwerp om op selfde POI te skiet.  Stel net jou seater dieselfde vir beide tipes, maw bv dop nek gelyk met crimping groove.  Doen jou ladingontwikkeling soos gewoonlik.  Werk vir my.

Groete

Jan
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5030
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: HERLAAI DATA_.375H&H_300gr softs and solids vir gevaarlike wild

Post by Frederik »

Ek gebruik die 270gr Impala rondeneus solid en dit werk vir my of nie te bekommer oor soft of solid nie die koeel doen die ding.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: HERLAAI DATA_.375H&H_300gr softs and solids vir gevaarlike wild

Post by Wouter Roets »

Francios

Solids het nogal groot vooruitgang gemaak in die laaste ruk. n Mono konstruksie solid met n plat meplat uitpenetreer die oorspronklike solide kontruksie koeels met n redelike mate. Dit is dus heel moontlik vir n 270gr monokonstruksie solide koeel te vind wat dieper en reguiter te penetreer as destydse rondeneeus loodkern koeels met koper mantels van 300gr. Onthou dan net dat die nuwe 300gr monokonstruksie koeel dan weer daai stap beter gaan wees.

So ja jy kan gebruik maak van die 270gr soliede koeels wat deesdae beskikbaar is. Ek sal dan net hou by dieselfde gewig om POI so na as moontlik te kry tussen die twee tipe koeels. Monokonstruksie koeels het op baie velde finominale vordering gemaak. Platter trajek is ook nou moontlik met die ligter koeels en hulle hoer spoed. Ek persoonlik sou gegaan het vir n 300 greiner in beide die sagte sowel as die soliede koeels. Ek glo jy sal nog steeds baie suksesvol wees met die 270 greiners maar hou van daai bietjie ekstra sekuriteit van die 300 greiners. Laai net die kaliber na sy volle potensiaal omdat die tipe koeels dit kan hanteer met oorgawe.

Groetnis
Wouter

PS Jan ons het die DGX in die 375 getoets met baie swak resutate. Ons het volledige koper/kern opbreking ondervind en dit so aan Hornady rapporteer. Hulle wande is te dun. Ek het beide die 480gr en 500gr ook getoets in die 458 Lott en ek het ook gevind die wande is te dun. Ek se geensins dit kan nie werk nie, net dat ek nie wil wonder met die tipe jag nie. Daar is beter koeels daarbuite.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 627
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: HERLAAI DATA_.375H&H_300gr softs and solids vir gevaarlike wild

Post by ZKK »

Het enigiemand n idee wat die Frontier Phalanx solids prys?
User avatar
rudib
Hero Member
Hero Member
Posts: 755
Joined: Wed Mar 14, 2012 7:31 am

Re: HERLAAI DATA_.375H&H_300gr softs and solids vir gevaarlike wild

Post by rudib »

Ek laai 300gr Rhino softs vir my kliente met 65gr S335 in PMP doppe. Vir solids gebruik ek 300gr Dzombo's. Ek laai hulle met 64gr S335, ook in PMP doppe. Hulle skiet goed uit my 375 H&H Brno. Klient het in Nov olifant bul met 1 skoot (hartskoot) met Dzombo geskiet.
Last edited by rudib on Sun Jan 06, 2013 4:28 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 987
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: HERLAAI DATA_.375H&H_300gr softs and solids vir gevaarlike wild

Post by Gerhardu »

Ek laai 300 gr Rhino softs en solids met S335.Hulle werk wonders!
.
Post Reply