Beste geweer teleskoop

User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Beste geweer teleskoop

Post by Kalahari »

Ek stem ook vir Swarovski. Begin van die week een vervang met 'n ander een, Habicht vir 'n Z3 geruil, net die kruishaar verander. al 2 Swarovski's met br en brx kruise, ek kyk net vorentoe, en ja, die Swarovski's is nie die goedkoopste nie, maar is ook nie werklik so onbekostigbaar nie, man moet net bietjie langer spaar :-X
Die Swarovski's ry ook soms bakkie, maar het altyd scope cover op as hulle saamry.

Op my bakkie geweer, 223 zastava het ek burris ff ii 4-16x 44 dink ek, ook die kruis en kolletjie (afmik merkies) en ook baie tevrede, al baie lang skote geskiet op klein teikens met groot sukses. 'n Klein lynx op .22, die skiet ook waar dit moet.
Voorheen egter net met ou Tasco kennis gemaak, gekry by my pa op 30.06, die se agterste lens een dag in jagveld uitgeval, toe Nico Sterling van 223 afgehaal en lank geskiet voor ek die swarovski gekoop het, alles na ek maar gespaar het.

Sterkte met die besluit.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Beste geweer teleskoop

Post by tafjak »

willem

Ja, ongelukkig moet ek saamstem dat die posts op die topic misleidend is, daar moet mos net staan: Swarovski, leupold, Zeiss of Nightforce?

My stem gaan vir Swarovski, al het ek so iets anders gedink 16maande gelede. ;)

mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Beste geweer teleskoop

Post by mariusr »

Manne glo nie iemand kan stry oor swarvoski nie regtig fantastiese scope maar my vraag is hy regtig vier of vyf keer die prys werd teenoor die ander goeie make wat maak hom soveel beter om die prys te betaal vir 'n paar min ekstra jag lig is vir my bietjie swaar!
Grt
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Beste geweer teleskoop

Post by tafjak »

mariusr
mariusr wrote:...............vraag is hy regtig vier of vyf keer die prys werd teenoor die ander goeie make wat maak hom soveel beter om die prys te betaal vir 'n paar min ekstra jag lig is vir my bietjie swaar!
....... O ja, verseker. Ernstige jagters wil die beste moontlik beskikbaar he^ as die "chips down" is. Dit is eties in my mening om so effektief as moontlik te wees.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Beste geweer teleskoop

Post by VdWalt »

Ons het verlede Satersdag n kop aan kop botsing tussen Magaliesburg en Rustenburg gesien. Een kar was
wit en die ander een was n Mercedes. Jy kry vir wat jy voor betaal, jy kan dit nie altyd sien nie. Maar daar
onder die bonnet is die een se binnegoed net so bietjie sterker en beter mekaar gesit as die ander een.

Die dag as jy dit nodig kry is dit daar. Jy gaan meeste van die tyd nie dalk nie eers weet jy gebruik
dit nie - dit is net daar en dit werk soos dit moet. So dit gaan nie altyd oor daai paar minute ekstra
lig nie. As hy s? kliek dan het hy 6.35mm geskuif en nie omtrent n 1/4 duim nie, en oor 5 jaar gaan hy dit
nog steeds doen.
User avatar
Sam Kelbrick
Full Member
Full Member
Posts: 124
Joined: Tue Apr 26, 2011 9:44 am

Re: Beste geweer teleskoop

Post by Sam Kelbrick »

VdWalt wrote:
Een kar was wit en die ander een was n Mercedes. Jy kry vir wat jy voor betaal, jy kan dit nie altyd sien nie. Maar daar onder die bonnet is die een se binnegoed net so bietjie sterker en beter mekaar gesit as die ander een.

Die dag as jy dit nodig kry is dit daar. Jy gaan meeste van die tyd nie dalk nie eers weet jy gebruik
dit nie - dit is net daar en dit werk soos dit moet. So dit gaan nie altyd oor daai paar minute ekstra
lig nie. As hy s? kliek dan het hy 6.35mm geskuif en nie omtrent n 1/4 duim nie, en oor 5 jaar gaan hy dit
nog steeds doen.
Baie mooi gestel! Daar is 'n baie goeie rede hoekom premium teleskope duurder is (soos met 'n Mercedes).
Value has a value only if its value is valued
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Beste geweer teleskoop

Post by mariusr »

Ja manne julle is nou besig om my te oorreed? en my vrou gaan my ook dan neuk!dan sit ek met kwaad mammie en my swarvoski!!

Groete!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Beste geweer teleskoop

Post by tafjak »

marius
mariusr wrote: Ja manne julle is nou besig om my te oorreed? en my vrou gaan my ook dan neuk!dan sit ek met kwaad mammie en my swarvoski!!
............eerder "kwaad met Swarovski" as "kwaad en met ander fabrikaat scope"!

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Beste geweer teleskoop

Post by Stefan764 »

tafjak wrote: Ja, ongelukkig moet ek saamstem dat die posts op die topic misleidend is, daar moet mos net staan: Swarovski, leupold, Zeiss of Nightforce?
So bly om te sien my "brand" is ook op Sir Taff se kortlys  ;D
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Beste geweer teleskoop

Post by tafjak »

Stefaans

Ja, toevallig die name wat ek like, moet egter nog Meopta bygesit het. ;)

Mooiloop
ps. My planne is nog Schweizer toe. Manne het laat weet die citroen-honne is kwaai nou daar.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Beste geweer teleskoop

Post by Dawid »

Taffie,

Waneer is jou planne vir Sweizer?......Geniet dit en rol hulle.

Groete vir Hoppies
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Beste geweer teleskoop

Post by Marc »

Stefan764 wrote: So bly om te sien my "brand" is ook op Sir Taff se kortlys  ;D
In daai spesifieke orde  ???
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Sakkie Rust
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Fri May 18, 2012 8:29 am

Re: Beste geweer teleskoop

Post by Sakkie Rust »

Watse scope sal julle manne aanbeveel vir iemand wat nou wil begin langer afstande skiet en jag (500m-600m). Ek het gekyk na die Vortex wat hier genoem word of sal julle n Nikon bo hom kies ? Die Leopold vx3 is bietjie duur.

Sakkie
User avatar
Sakkie Rust
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Fri May 18, 2012 8:29 am

Re: Beste geweer teleskoop

Post by Sakkie Rust »

Oom piet

Ek sien nie n monach X op S&O met n 30 mil tube nie ? Kan oom onthou wat die prys was op daardie scope?
User avatar
Sakkie Rust
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Fri May 18, 2012 8:29 am

Re: Beste geweer teleskoop

Post by Sakkie Rust »

Haha jammer oor die "oom"

7k is in my prysklas. Ek sien neti n 30mil tube op S&O se webplatsy nie. Watse kruishaar sal vir mens die beste werk ? Jag en gong skiet tot 500m ?

Sakkie
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Beste geweer teleskoop

Post by mariusr »

As mens so op die net rond blaai dan kom jy agter in die USA is die koop krag baie sterker as hier by ons kan die ouens nou lekker koop daar die een ou se hy het so 50 2de hanse scopes in sy garage wat so met die tyd versamel is en dan koop hy nog een!Hulle wil net beter en beter die yanks!Dan is dit hartseer om ook te lees dat ons ouens baie ingedoen word deur die handelaars hier mark ups so hoog as 500-1000 persent in sommige gevalle!Ek lees ook dat PMP se ammo goedkoper in die USA is as hier by ons!?Die rede is seker omdat hier so min kompitiese is in SA en die ouens vra wat hulle wil en die koper betaal maar want hy het dit nodig hartseer!
Albert_7
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sat Dec 08, 2012 10:30 am

Re: Beste geweer teleskoop

Post by Albert_7 »

Op daai punt marius, het vir 'n lang ruk 'n spesifieke geweersak gesoek en kry toe op die ou einde een vir R 2200 in SA. Dis toe vir my te erg en toe voer ek een in vir R880, R450 vir die sak en R430 posgeld
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Beste geweer teleskoop

Post by mariusr »

Jinx kan jy dit glo jou posgeld is amper net so veel as die geweer sak en dan is dit nog steeds 'n bargain!

Groete
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Beste geweer teleskoop

Post by mariusr »

Sakkie ek sien die amerikaners se snipers skiet met nightforce scopes 600-1000 yards hulle is mal oor die scope weet nie wat prys hulle hier by ons?

Groete
Marius
Albert_7
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sat Dec 08, 2012 10:30 am

Re: Beste geweer teleskoop

Post by Albert_7 »

Ja dis omtrent ewe veel, maar nogsteeds dit werd
immelmanw

Re: Beste geweer teleskoop

Post by immelmanw »

Piet-Skiet wrote: Ek weet s&o hou dit an sowel as zimbi. Anders moet jy hulle bel of deur ry as jy kan? Weet nie waar jy is nie. Hulle kom uit met mill dot kruishaare. Die standaard vir taktiese teleskoope. Ek weet nie of jy vertroud is met die mil dit prensiep nie mar eks 'n groot van van dit. Skiet mil dot op al my windbukse, 300 en 375 en as ek die 243 se scope kon kry met dit sou ek dit verkies het.
Ons het n groot klomp by Nikon gekoop wat net op hul rakke gele het, die rede vir die bargain is dat ons n R10000 scope vir R6000 verkoop het, ek dink nie Suid Afrika sa weer so special sien nie. As julle die review op www.snipercountry.com gaan lees se hulle "it is better than en nightforce or leupold (mark4) that i have seen or tested!
So vir die manne wat gekoop het van die monarch x, baie geluk, julle gaan nog jare se plesier he!
Groete
User avatar
Sakkie Rust
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Fri May 18, 2012 8:29 am

Re: Beste geweer teleskoop

Post by Sakkie Rust »

Ek neem aan daar is nie meer v an die MonarchX nie ?
Hoe vergelyk die ander monarch's wat nie die 30mil tubes het nie ? Sal julle nogsteeds hom kies bo die Vortex  wat n 30mil tube het?

Sakkie
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Beste geweer teleskoop

Post by JACQUES BOTHA »

Scopes  !!!!
Gaan kyk wat pas jou die beste soos James gese het uit ondervinding is dit sy storie, Snaaks dat iemand n sekere scope noem waarvoor ek gril nie iets met wildekat dig te doen.Self manne wat gese het dis van die bestes het al hul "katProdukte" verkoop en na ader scopes gegaan. EK het Swarworskies en het nightforce e het Burris en het nog 3 Burrisse bestel . 
Waarde vir geld --Burris Bly Beste.
Swarovski het homself bewys  gee argumente
Nightforce selfde.
Meopta is ook nie  scope wat jy moet miskyk nie.
Jacques Botha
 
Shoot straight and tell the truth!
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Beste geweer teleskoop

Post by mariusr »

So ver het julle manne baie goeie insette gelewer baie dankie! Ek het besluit op drie fabrikate nl.Nikon,leupold en Burris ek gaan nou weer die mooi deur kyk en my besluit maak? Swarvoski sal maar op die kant lyn moet wag tot my skip een dag kom!

Groete
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Beste geweer teleskoop

Post by DWB »

Burris is koning! Waarde vir geld klop mens nie!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Post Reply