Beste geweer teleskoop
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Beste geweer teleskoop
Wat sal die dames en manne se is die beste geweer teleskoop vir normale jag waarde vir geld nie noodwendig die goedkoopste nie daar is so baie ek dink nou aan leupold,burris,nikon,bushnel,nightforce,leica,minox,S@B,zeiss en swarvoski.
Groetnes
Marius
Groetnes
Marius
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5030
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Beste geweer teleskoop
Gaan loer deur die teleskope - probeer v?r loer om idee van helderheid, wydte van beeld, gewig en tipe kruishaar te vergelyk.
Kyk na jou begroting, vra uit oor betroubaarheid vanaf medejagters en kies dan een wat (NB!!!!!)inruil of vervangingswaarborg het. Diens as daar probleme kom is belangrik.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
immelmanw
Re: Beste geweer teleskoop
Marius, antwoord die een:mariusr wrote: Wat sal die dames en manne se is die beste geweer teleskoop vir normale jag waarde vir geld nie noodwendig die goedkoopste nie daar is so baie ek dink nou aan leupold,burris,nikon,bushnel,nightforce,leica,minox,S@B,zeiss en swarvoski.
Groetnes
Marius
Wat sal die dames en manne se is die beste kar vir normale ry, waarde vir geld nie noodwendig die goedkoopste nie daar is so baie ek dink nou aan Volkaswagen, toyota, mercedes, bmw, audi, hyundai, bentley, aston martin.
Dit is op die einde van die dag six of the one, half a dozen of the other. Die een wat jou veiende jou laat glo is die beste en jy verseker weet jy die beste diens gaan kry. Net soos by motors is swarovski, zeiss en schmidt en bender (die groot drie) en dan kom nikon, leupold en die res wat met jou volkswagen en die res wat die pakkie volmaak.
Ek hoop dit help.
Groete
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Beste geweer teleskoop
Goeie antw almal bring jou in elke geval waar jy moet wees maar almal kan ook breek merc ook!
Groete
Groete
- Kobus de Kock
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Thu Dec 06, 2012 2:21 pm
Re: Beste geweer teleskoop
Marius,
Die een wat gemaklik is vir jou, jy moet vertroue in jou geweer he met jou teleskoop, dan sal hy raak skiet, die maak en "model" is n bysaak...
Groete
Kobus

Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2161
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Beste geweer teleskoop
Kobus
Ongelukkig kan ek nie met jou saamstem dat die maak en model 'n bysaak is nie. Dis 'n baie wye stelling. Daar is 'n hele aantal teleskope wat ek beslis nie op my gewere sal sit nie en glo my, ek het 'n baie groot verskeidenheid getoets. Vertroue alleen gaan jou nie laat raak skiet nie. Willem Immelman het goeie raad gegee. Bly weg van teleskope wat onder R3000 verkoop as jy na 'n scope vir algemene jag kyk.
Mooi loop

kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: Beste geweer teleskoop
As die prys nie werklik n probleem is nie, Swarovski. Fantastiese produk, wye verskeidenheid, beste field of view in vergelykende teleskope en uitstekende naverkope diens. Jy sal nooit spyt wees of onaangename verassingtjies kry nie.
Soms Sako!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!

johnny
- Hero Member

- Posts: 569
- Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm
Re: Beste geweer teleskoop
Willem en Oo Koos
+1000
GROETNIS
Johnny
+1000
GROETNIS
Johnny
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno, .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13662
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: Beste geweer teleskoop
Geno
Ek wou dit nou nie opbring nie.
Jy weet, ek was nog net eenmaal verkeerd: toe ek gedink het ek is dalk verkeerd!

Ek wou dit nou nie opbring nie.
Jy weet, ek was nog net eenmaal verkeerd: toe ek gedink het ek is dalk verkeerd!
Soms Sako!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
- Kobus de Kock
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Thu Dec 06, 2012 2:21 pm
Re: Beste geweer teleskoop
Koos,
Dit was nie waarna ek gemik het nie. Ek sit self liewers n beter bekende naam teleskoop op my vuurwapens, nie net vir die naam nie maar vir die na diens ook(nog nooit nodig gehad nie). Marius jy kan nie verkeerd gaan met swarovski of n leupold nie.
Groete
Dit was nie waarna ek gemik het nie. Ek sit self liewers n beter bekende naam teleskoop op my vuurwapens, nie net vir die naam nie maar vir die na diens ook(nog nooit nodig gehad nie). Marius jy kan nie verkeerd gaan met swarovski of n leupold nie.
Groete
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Beste geweer teleskoop
Dankie Koos gedink moet kyk so tussen R4k en R6k Swarvoski is ongelukkig buite my budget Nikon lyk vir my tans die beste teenoor Leupold en burris as mens nou die verskillend modelle vergelyk!Alhoewel ek baie van leupold hou en van my gewere die op het en ook baie goeie na verkoop diens!
Groete
Marius
Groete
Marius
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Beste geweer teleskoop
Dankie kobus en al die manne vir al die raad jare terug het ons almal tasco's op gehad en het goed gewerk maar tegnologie het so verander en kompitiese so sterk en dinge so duur geword dat mens maar altyd twyfel of jy die regte produk gekoop het!
Groete en geseend vir almal
Marius
Groete en geseend vir almal
Marius
- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: Beste geweer teleskoop
Ek is BAIE tevrede met die Burris FF op my 270. SJ hier op die forum maak ook baie goeie pryse. Die strepies op die afmikke was vir my makliker as die kolle op Leupold en sirkels op Nikon.
Maar tussen die 3 is dit maar wat vir jou persoonlik die beste werk. Gaan kyk deur hulle, jy sal dadelik jou scope sien.

- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Beste geweer teleskoop
Marius
Ek gebruik 'n Swarovski vir 16maande en sal nie weer na ander teleskoop kyk nie. Nie vir my doeleindes nie.
Mooiloop

Last edited by tafjak on Wed Dec 19, 2012 12:50 pm, edited 1 time in total.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4600
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Beste geweer teleskoop
Sjoe, teleskope is seker soos om oor die perfekte kaliber te praat. Ek het al baie gesien die manne is lief vir die scope wat hy het en beveel hom dan aan by almal. Noem dit maar so n soort van lojaliteit.
Ek kan net kommentaar lewer op die scopes wat ek gereeld mee te doen kry.
My 308 het n Lynx op. dit is n 8x42. Lekker oop scope werk fantasties as jy op varke in die hardloop moet skiet. Die geweer het so 4 jaar terug van die skietrak afgeval, eers op die bonnet en toe op die grond. Die scope se voorste opticle se buis raam het gebuig van die impak. Die scope werk na die val nog net soos voor die val. Het nog nooit nodig gehad om met Lynx se naverkope diens te gebruik nie maar ken n n paar manne wat dit al gebruik het, en die kommentaar is gewoonlik baie posetief. Ek sal nie weer n Lynx koop nie, ek dink die prysklas waarin Lynx gepitch het was perfek, dit voel vir my of hulle nou baie duur geraak het in vergelyking met al die jare.
Nog n scope wat ek so n jaar besit hetbwas die MTC Viper, die beste ding van die scope is hoe hy lyk. Soos my kinders sal se, hy lyk mean. Baie lekker gewer met daardie scope. Die scope het eendag n geweldadige hou gevat( op die links/regs verstelling turret) agter op n jagbakkie wat deur n gat gery het. Dit was niks anders as n ongeluk nie en van die jagters het maar lekker seergekry. Die scope het nog vir so n maand goed gewerk, maar toe ek ernstig wou regs stel het daar n skroef in die turret losgekom, ek kon sien dat die skroef middeldeur gebreuk het. Die impak was van so aard dat ek nie glo enige scope sou dit maak nie. Die probleem kom toe ek hierdie scope wou laat herstel. Ek weet nie hou week dit vandag by MTC nie maar hulle kon my nie plaaslik help nie, en wou die scope wegstuur na die UK. Ek kon dit nie toelaat nie, want hulle kon my nie vooraf n aanduiding gee van die koste nie.
Ek sal dus nie weer n MTC koop nie ten spyte daarvan dat dit baie goed geprys en baie helder is.
Nog n scope wat ek so 2 jaar terug gekoop het was n Redfield. Die scope maak ander scopes wat seker 3 keer duurder is se naam gat. Die scope is baie helder, baie betroubaar. Maar stel aan die Redfield en iets voel nie reg nie. Die scope stel nie met kliks nie en dit hou ek nie van nie. As jy vinnig moet stel soos by die skietvereniging dan maak jy soms foute. As ek weer koop sal ek die Redfield ernstig oorweeg. Ek hoor daar kom n pro reeks. Ek glo daar gaan baie duurder scopes in sy sakdu wees.
Op my 300 mag het ek n Vortex viper 6.5-20x50. 30mm tube. Magtig die scope is helder. Die scope het n gewone kruishaar. Die haar is fyn, en dan kan jy die fokus helder stel op die haar en jy kan lekker inzoom en stel aan die parralaks. Die scope is groot en swaer. As ek op n witpapier skiet kan ek my skote sien tot op 300m. Die scope het my in 2009 R7000 gekos. Die scope is goed en soos ek gese het baie baie helder. Die kruishaar is egter te fyn vir skiet in die nag. Maar nou ja n 300mag is ooknie werklik bedoel vir nagskiet nie. Ek sal so n scope aanbeveel vir langafstand jag of baanskiet, maar dan in die dag.
Ek gebruik ook n Nico Sterling op my .22. Sal homook net daar gebruik en nerens anders nie.
Ek gebruik ook 2 Swarovski's. die scope s is te duur. Die Rand waarde verskil tussen die scope en ander scopes kan jy nie sien nie. Die swarovski se klas kom werklik na vore in die nag. Die scope is helder selfs meer as die Vortex. Jy kan die scope stel soos jy wil hy reageer presies so, jy kan dadelik na n proef skoot weer terugstel en daar is die skoot weer waar hy moet wees. Die scopes het albei n holdover reticle. Die reticle kan mooi ingestel word op Swarovski se website. Soos ek reeds gese het die scopes is te duur en die verskil in prys kan nie altyd gesien word nie. Sal ek weer n Swarovski koop, VERSEKER!
Al met Burris en Nikon ook al n paar keer te doen gekry, baie indrukwekkend

Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Beste geweer teleskoop
Dankie James daar is niks beter as eie ondervinding van'n produk!
Groete
Groete
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Beste geweer teleskoop
Dankie Piet ek hou baie van leupold maar stem saam oor Nikon die ouens het regtig goeie teleskope vir die prys wat goed teen die duur ouens staan! Grt
-
Albert_7
- Full Member

- Posts: 158
- Joined: Sat Dec 08, 2012 10:30 am
Re: Beste geweer teleskoop
Ek moet saamstem dat Nikon uitstekende waarde vir geld bied! As dit ni vir die opics clearance by S&O was nie, het ek self nou 'n Monarch besit! Daai Leupold VX-3L was egter net te aanloklik!
-
immelmanw
Re: Beste geweer teleskoop
Manne, ek st
Aan nogsteeds by my woord, as jy n Nikon by Safari & Outdoor koop en nie gelukkig is nie, sal ek persoonlik dit vir jou uitsorteer. Ek kan dieselfde van Swarovski se!

- Dawid
- Hero Member

- Posts: 1079
- Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Re: Beste geweer teleskoop
Manne,
Niemand se n woord van Rudolph scopes nie.......vra maar net
Groetnis

IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
-
RV
- Sr. Member

- Posts: 273
- Joined: Sat Apr 14, 2012 5:54 pm
Re: Beste geweer teleskoop
Ek is maar n Schmidt@Bender man.Enige ander Europese scope sal ook doen.Dr Lucas het gese net n ryk man kan n goedkoop teleskoop koop.
-
immelmanw
Re: Beste geweer teleskoop
Dawid,Dawid wrote: Manne,
Niemand se n woord van Rudolph scopes nie.......vra maar net
Groetnis
Rudolph scopes is n "nuwe" vervaardiger wat baie goed doen, net so is daar baie ander "nuwe" teleskoop vervaardigers soos leica, steiner, minox, brunton, rudolph ens ens. Dit is nie noodwendig sleg nie maar die oorspronklike vraag was wat is die beste teleskoop, ongeag van prys!
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: Beste geweer teleskoop
Die antwoord is Swarovski.immelmanw wrote: die oorspronklike vraag was wat is die beste teleskoop, ongeag van prys!
Ek het ook , soos ander ouens op die thread, n klomp verskillende teleskope. Nl Zeis, leopold Shmidt&Bender, Trijicon en Nightforce, en is daarom oortuig dat daar is nie beter as Swarovski nie. As die prys,in jou budget val, sal jy nie beter kry nie.
Groete
Last edited by kopskoot on Thu Dec 20, 2012 10:21 pm, edited 1 time in total.