300H&H met 1:12 twist?

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2108
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

300H&H met 1:12 twist?

Post by vossie1 »

Ek het so twee jaar terug die geweer gekoop,en is absoluut verlief op die kaliber my enigste teleurstelling was dat hy n 1:12 twist het en ek dus nie 200grainers sal kan skiet nie,ek het dit toe daar gelaat en besluit op barnes 168gr ttsx vir jag teen so 2980ft/s met 68grain s365 in Norma doppe en cci 200 primers met n 6mm jump (my magesyn laat nie toe om nader aan die lande te kom nie) ek kry so tussen 12mm en 18 mm op 100meter groepe. Ek besluit toe om 200grain accubonds te probeer en groot was my verbasing toe ek 5.1mm op 100m en 10.6 mm op 200 meter kry tenn n spoed van so 2580 ft/s en laai s365 -60grain/cci 200 primers en Norma doppe. Ek gebruik nou die 168 gr ttsx vir langer skote  300-400meter en die 200grainers vir alles nader. My vraag is hoekom stabiliseer die 200 grainers in die 1;12 twist (ps ek het nog nie weer 10.6mm op 200 meter gekry nie die beste was 26mm) geweer se loop lengte is 25" . Wat se die slimkoppe ;D
300 H&H
375 H&H ZKK602
303 BSA
Savage LRP 260
.22 cz zkm 452. 2-E
Winchester mod 63 .22 semi auto
.22 baretta
Baikal O/U 12br
Cz75B 40S&W
Cz75B 9mm Compact
.44 magnum Ruger Black Hawk 7.5" ( die baas)
Sako 222 rem vir die klonge
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: 300H&H met 1:12 twist?

Post by James Wilson »

Vossie,  ek het self n 300H&H. my geweer is weer 1:10 twis met n 26" loop.    ek skiet weer net 150 grn en 180 grn in hom. kry so 12 mm op 150grn tsx en 15mm op 180grn tsx. het al ander konvensionele koeels soos nosler en Rhino ook geskiet maar verkies mono's.

ek kan maar net raai oor die rede waarom jou geweer beter met die swaarder koeels doen. twist en die oorweging van die gewig koeel wat jy dan gaan gebruik, is sekerlik van jou belangrikste aspekte as dit kom by akuraatheid. dit is egter nie die enigste nie.

ek glo dat swaarder koeel in jou geval gemaak het dat jy n node baie mooi getref het. asook dat jou dopvulling dalk nou meer korrek is as met die ligter koeels. die swaarder koeel het jy waarskeilnlik ook n ander tpl en is dit dalk meer waarvan jou wapen hou. 

het jy steeds met S365 gelaai op die swaarder koeels?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2108
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: 300H&H met 1:12 twist?

Post by vossie1 »

Dankie James,ja ek laai nog met s365 lot 63en 64 gemeng want die bledie kruit is so wisselvallig. Wat is jou spoed met die 150 en 180s ek vra maar net,dit gaan maar meer oor akuraatheid as spoed vir my, eks net neskurig. ek het al gedink om nosler 155 grain custom comp te probeer vir papier skiet ek laai tans die 190 custom comp vir papier s365 61gr 190 custom comp
300 H&H
375 H&H ZKK602
303 BSA
Savage LRP 260
.22 cz zkm 452. 2-E
Winchester mod 63 .22 semi auto
.22 baretta
Baikal O/U 12br
Cz75B 40S&W
Cz75B 9mm Compact
.44 magnum Ruger Black Hawk 7.5" ( die baas)
Sako 222 rem vir die klonge
Danie Lombard .243

Re: 300H&H met 1:12 twist?

Post by Danie Lombard .243 »

Hi Vossie

Moet nie vir een oomblik dink dat 'n .30 Mag kaliber nie swaar koeels sal kan stabliliseer met 'n 12" groefdraai nie.
Sako het 'n fabrieks .300 Win Mag uitgebring met 'n 12" groefdraai. My eie .300 Win Mag het 'n 12" groefdraai. Ek het dit so verkies. Die swaarste koeels wat ek in my .300 Win Mag skiet is 220gr sierra pro hunter en 220gr PMP. Glo my, die koeels skiet baie akkuraat vanuit die 12" groefdraai loop teeb 2700fps. Loop is 28" lank.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: 300H&H met 1:12 twist?

Post by James Wilson »

Danie, wat is die swaarste Impala wat jy al getoets het uit die 300? Ek glo dit is die 150grn. Wat se spoed kon jy kry?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Danie Lombard .243

Re: 300H&H met 1:12 twist?

Post by Danie Lombard .243 »

Hi James

Lanklaas met jou gesels. Ek het tans 150gr asook 170gr Impala punte in die kas wat ek graag binnekort wil toets. Ek wag net vir my .300 Win Mag se muzzle break om te kom. Sodra die op is wil ek begin toetse doen met die swaarder Impala koeels. Tans skiet ek die 130gr net 'n raps oor die 3400fps. Dus is ek oortuig dat die 150gr asook die 170gr ook vinniger as 3000fps gaan loop.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: 300H&H met 1:12 twist?

Post by James Wilson »

Ek dink hulle sal maklik meer as 3000 gaan. 



MAAAAAR WAG ek het nou iets anders raakgesien!!!!!!  N m/brake, wat nou Danie, jy is dan so n goeie Afrikaner seun. Wat het gebeur? ;D

Newat ek spot sommer vertel bietjie meer oor die brake
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 300H&H met 1:12 twist?

Post by tripodmvr »

Julle moet dat hy nou nog praat oor die MB - later gaan hy net oor hom kan skryf. Sy sinusse, tande en ore sal vodde wees. Moffieprop is nie my maatjie nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2108
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: 300H&H met 1:12 twist?

Post by vossie1 »

Thanks vir die reply's Danie en James. Oooooo Danie jy gaan darem jou vriende by die skietbaan kwaad maak met daai muzzle brake,as ek mag vra hoekom n muzzle brake en nie n silencer nie?
300 H&H
375 H&H ZKK602
303 BSA
Savage LRP 260
.22 cz zkm 452. 2-E
Winchester mod 63 .22 semi auto
.22 baretta
Baikal O/U 12br
Cz75B 40S&W
Cz75B 9mm Compact
.44 magnum Ruger Black Hawk 7.5" ( die baas)
Sako 222 rem vir die klonge
Danie Lombard .243

Re: 300H&H met 1:12 twist?

Post by Danie Lombard .243 »

@ Vossie

Die geweer kom nie naby 'n skietbaan nie, die geweer .300 Win Mag gebruik ek slegs vir jag. Die loop is reeds 28" lank en as ek 'n silencer voor opsroef dan word die kettie vreeslik lank en lomp. Die MB is nie lekker op die ore nie, die weet ek. Gelukkig skiet mens slegs een skoot op jag dan kan die ou maar blaf.
Die rede hoekom en die MB laat maak is juis vir die gebruik van die 220gr koeels teen 2700 fps. Glo my, hulle stamp lekker in die skouer veral as ek van die bank af skiet. Ek het 'n ou nek besering. Ketties wat skop staan my nie aan nie. Hoof pyn en nek pyn en ek is ook nie vriende nie. Die 220gr koeels is van die beste as dit by jag kom. Ek het in 2010 'n oorloop vet gemsbok koei op 240 meter deur die ore geskiet met die 220gr koeels. Hulle doen dit vir my.
Post Reply