Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
My vriend werk oorsee en net elke tweede maand hier. Sy Sako Forester .338 Win gaan by my gestoor word en ek wil solank begin herlaai vir hom. Ons gaan volgende jaar Namibie jag en hopenlik Kudu, Gemsbok en Elande jag.
Ons gaan Gemsbokke in die suide skiet en Elande/kudu's in die Noorde. Watse grein en koeels het julle manne al gebruik?
Dink aan Barnes se Tsx 185gr.
Watter kruit en spoed stel julle voor.
Dankie
John
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
My opinie is dat jy op een koeel standariseer en sy trajek leer ken vir alles. Ek het baie navorsing gedoen in die kaliber en toe besluit op Barnes se 225gr TSX. Die poeier van keuse is S365 met CCI250. Nodespoed in my 23 duim geweer is 2760ft/sek wat skote van tot so 350m met gemak toelaat. Die koeel het vir my n goeie belans as jy trajek, energie, penetrasie ens in ag neem. Akuraadheid is ook tops. Hierdie spoed verkry ek met so 68gr met n dopvulling van 101% en drukvlakke in die omgewing van 57 000psi.
Gee die geweer se specs dan kan ek vir jou loer wat mooi sal werk.
Ek stel 200gr accubonds voor, vir die lang skote,en 250 Partitions vir die bos.
Ek is ongelukkig nou in die kaap, en ken nie my ladings uit my kop nie, maar met die 200greiners loop myne so 3000f/sec. Plankdwars, skiet daai accubonds meer gereeld as nie, dwarsdeur n Zebra. Hulle is bitter akuraat,maak mooi oop , en ek het nog nooit een recover wat nie ten minste 65% gewigretensie gehad het nie.
Myne was altyd vreeslik vol stront, totdat ek die koeels tot teen die lands begin laai het. Nou skiet hy op n tiekie met amper enige iets.
Groete
Soms Sako!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Vreeslik baie dankie. Nie besef die roer jaag sulke swaer koels so mooi aan nie!!!!
Ek sal dit vir my vriend aangee dat hy besluit. Ek het met Barnes en Nosler nog altyd net goeie ervarings gehad en hulle herlaai ook altyd maklik.
Ek het as 16 jarige laas met hierdie wapen geskiet en toe was dit vir ons "GROOT GEWEER " gewees. Ek onthou hoe ons valplate op 400 m geskiet /probeer het.
Weereens baie dankie
John
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.