M?re almal,
Die terugvoering oor die nuwe Burris Eliminator lyk baie indrukwekkend en ek dink daar is heelwat verbetering vanaf die vorige model. Die scope lyk sommer met intrapslag meer na 'n teleskoop as 'n duikboot en ek dink dit alleen gaan baie in sy guns tel. As ek so na Oom Piet Breedt se verslag kyk moet ek erken dat dit lyk vir my of dit die toekoms van teleskope kan wees.
http://jaracal.com/index.php/topic,16095.0.html
Die laaste paar dae gesels ons ook lekker hier op die forum oor vernuwing en verandering in die geweerw?reld, met Ludwig en Oom Koos wat ons bederf met baie goeie argumente vanaf albei kante van die tafel. Die beginsel van baie nuwe produkte wat nie regtig iets meer bied vir jou gemiddelde jagter/skut is egter nie hier die geval nie, hierdie produk van Burris dink ek kan die draaipunt wees in die toekoms van teleskope.
http://jaracal.com/index.php/topic,16175.0.html
Toe ek onlangs gedink het oor 'n teleskoop vir my 1ste geweer het ek gevoel dalk "maak die Eliminator dinge te maklik". Maar na ek onlangs 'n artikel/storie gelees het (dink dit kon in Magnum maand of twee terug gewees het) van 'n jagter wat altyd oop visier geskiet het tot hy die een dag noodgedwonge met 'n vriend se teleskoop 2 kudu's na mekaar sommer wyd platgetrek het, begin ek anders dink hieroor. Die skrywer maak dit duidelik dat hy ongemaklik gevoel het met die volksvreemde ding op die geweer, maar sluit die storie af waar hy erken dat dit baie makliker, veiliger en tot 'n groot mate eties is, aangesien die kans vir 'n kwesbok soveel minder is.
Soos die gewildheid van die rangefinder teleskope toeneem, sal die vervaardigers al hoe meer fokus daarop, pryse sal afkom en ek wil die stelling maak dat dit die norm gaan word. Net soos die teleskoop die norm geword het bo oopvisier. Die uitdaging vir kompitisies is natuurlik hoe om by te bly soos konvensionele teleskope al hoe minder raak.
Soos die s?ding gaan" The only constant is change". Ek dink ons kinders gaan baie anders jag as nou. Wat die "uitdaging" van die jag betref, dit is seker wat elke jagter vir hom/haarself besluit. Dink julle ook dit is die toekoms van teleskope of is dit 'n "flavour of the month" wat iewers 'n stille dood gaan sterf?
Love it or hate it, it's pretty impressive...
Groetnis en 'n vreugdevolle naweek vir almal.
Rangefinder scopes die toekoms?
- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Rangefinder scopes die toekoms?
Last edited by matewis on Fri Nov 16, 2012 8:47 am, edited 1 time in total.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Rangefinder scopes die toekoms?
Matewis, ek dink die prys skrik ongelukkig die ou wat dit die meeste nodig het (daai man wat net een keer per jaar gaan jag en elke jaar net 5 skote skiet...) af.
Ek dink dis 'n bakgat produk en is veral beindruk met die Eliminator 3. Maar R 18 000-00 is baie jong en ek het reeds 'n lekker teleskoop en 'n aanvaarbare rangefinder!
Ek dink as die pryse begin haalbaar vir die gewone ou raak, sal al meer en meer geleentheidsjagters van hierdie begin aanskaf en sal meer en meer vervaardigers dit begin maak, welke verder daartoe sal lei dat die prys daarvan verlaag.
Daar sal seker altyd die puriste wees wat nie daarvan hou nie, maar alles wat my kan help om 'n beter skoot te skiet, sal ek oorweeg.
Maar my 2c...
Groete

Aim small, miss small
-
Rainbird
- Newbie

- Posts: 27
- Joined: Fri Oct 19, 2012 9:55 am
Re: Rangefinder scopes die toekoms?
Vir R18 000.00 kan jy vir jouself n ordentelike scope en n los rangefinder koop.
As n bok so ver staan dat jy n rangefinder nodig het, is die kaanse goed dat hy nie eers van jou weet nie, en jy het dan genoeg tyd om hom te range en jou skoot te vat.
Meeste van die gewilde kalibers skiet plat genoeg om n bok op 200m in die vitals te tref sonder om te veel te moet kompenseer. Die ou wat net een keer n jaar jag behoort nie kopskote te vat nie.
In oop vlaktes is dit ongelukkig n ander storie as jy op jou eie jag en die bokke weet hulle is op die menu.

- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Rangefinder scopes die toekoms?
Dit is wat my ook op die stadium laat vas skop, maar dinge in die naby toekoms gaan seker aansienlik anders voorkomEugene wrote: Maar R 18 000-00 is baie jong en ek het reeds 'n lekker teleskoop en 'n aanvaarbare rangefinder!Eugene wrote: Daar sal seker altyd die puriste wees wat nie daarvan hou nie, maar alles wat my kan help om 'n beter skoot te skiet, sal ek oorweeg.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner