Wat moet ek koop?
- Wielie Waps
- Hero Member

- Posts: 869
- Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Wat moet ek koop?
Wat beeld betref is die Burris regtig baie ver voor die Lynx. Maar gaan VLT toe en kyk deur beide dan kan jy sommer sien.
Burris het presies dieselfde waarborg as leupold. As die scope nie agv nalatigheid breek nie replace hulle hom. Dit vat 14 dae om van ons af na hulle toe te ship in USA, en 14 dae terug. Ek het hulle self gekontak en hulle het my verseker dat binne 5 werksdae sal hulle klaar wees as jy die scope terug stuur, hetsy reg gemaak as die retical dalk gegroet het omdat hy te ver aan gedraai is of dan 'n nuwe een as die ding nie reggemaak kan word nie. Ek het Burris op al my gewere, en nog nie nodig gehad om te toets hoe goed die na verkope diens is nie, maar voor ek gekoop het, het ek maar eers deuglik navorsing gedoen.
Wat Lynx betref, my pel het een gehad en na sy avontuur met hulle het ek maar besluit ek koop nie die produk nie. Maar hoe vinnig hulle jou nou kan help en wat hul waarborg is weet ek nie.
Al wat ek weet is wanneer 'n produk 'n FOREVER WARANTY op het maak nie saak of jy die 20ste eienaar is nie, moet hulle as Burris Optics hul produk kan back

NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]

- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: Wat moet ek koop?
Willem dis wees haastig wat so maak. 
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Wat moet ek koop?
Ek moet s? ek geniet die Burris op my 22K Hornet vir nag skiet.Jagtersdok wrote: Wat beeld betref is die Burris regtig baie ver voor die Lynx. Maar gaan VLT toe en kyk deur beide dan kan jy sommer sien.
Burris het presies dieselfde waarborg as leupold. As die scope nie agv nalatigheid breek nie replace hulle hom. Dit vat 14 dae om van ons af na hulle toe te ship in USA, en 14 dae terug. Ek het hulle self gekontak en hulle het my verseker dat binne 5 werksdae sal hulle klaar wees as jy die scope terug stuur, hetsy reg gemaak as die retical dalk gegroet het omdat hy te ver aan gedraai is of dan 'n nuwe een as die ding nie reggemaak kan word nie. Ek het Burris op al my gewere, en nog nie nodig gehad om te toets hoe goed die na verkope diens is nie, maar voor ek gekoop het, het ek maar eers deuglik navorsing gedoen.
Wat Lynx betref, my pel het een gehad en na sy avontuur met hulle het ek maar besluit ek koop nie die produk nie. Maar hoe vinnig hulle jou nou kan help en wat hul waarborg is weet ek nie.
Al wat ek weet is wanneer 'n produk 'n FOREVER WARANTY op het maak nie saak of jy die 20ste eienaar is nie, moet hulle as Burris Optics hul produk kan back
Eendag as dit tyd is vir upgrade sal ek eerste kyk na Burris vir my 303 Brit
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Wat moet ek koop?
Tiny,
Kyk na Lynx. Goeie waarde vir geld. Die Europese handelsmerke wat dieselfde kwaliteit bied is R3000 duurder.
Hein M.

Last edited by Hein M. on Sat Mar 20, 2010 8:12 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Wat moet ek koop?
Ek stem saam, ten minste tot jy kan bekostig om op te gradeer. Ek self het 'n paar lynx'e en hulle het my nog nooit in die steek gelaat nie.hein wrote: Tiny,
Kyk na Lynx. Goeie waarde vir geld. Die Europese handelsmerke wat dieselfde kwaliteit bied is R3000 duurder.
Hein M.
Sal graag met 'n Zeissie wil skiet maar tot dan doen hulle die ding beter as goed genoeg. Ek het ook 'n Leupoldt met baie goeie helderheid maar my oog soek te gereeld die scope.
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Wat moet ek koop?
Tiny,
Ek het laasjaar 'n Vortex Diamondback 4-12x40 vir my toekomstige 243 gekoop. Hy is nou op pa se 223 - en die oukerel is so lief vir hom dat hy nou daar gaan bly
Ek sal volgende jaar maar 'n Lynx aanskaf vir die 243. Kyk al rond. Hierdie een lyk heel geskik:
http://www.iwarehouse.co.za/outdoor-sports/hunting/riflescopes/lynx/rs747-lx-4-16x42ds-lynx-lx-4-16x42ds-target-scope
Christo slaan die spyker op die kop. 'n Zeiss is nie te versmaai nie, maar nou ja. My skip het nog nie gekom nie
Hein M.
Ek het laasjaar 'n Vortex Diamondback 4-12x40 vir my toekomstige 243 gekoop. Hy is nou op pa se 223 - en die oukerel is so lief vir hom dat hy nou daar gaan bly
Ek sal volgende jaar maar 'n Lynx aanskaf vir die 243. Kyk al rond. Hierdie een lyk heel geskik:
http://www.iwarehouse.co.za/outdoor-sports/hunting/riflescopes/lynx/rs747-lx-4-16x42ds-lynx-lx-4-16x42ds-target-scope
Christo slaan die spyker op die kop. 'n Zeiss is nie te versmaai nie, maar nou ja. My skip het nog nie gekom nie
Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- Tiny
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm
Re: Wat moet ek koop?
Hein
My broer het daai Lynx op sy .308 en hy is heeltemal in sy skik met hom.
Ek kan egter die 6-24x42 vir 'n baie goeie prys kry.
Is ek verkeerd as ek se dat die ekstra x8 vergroting is meer werd as die helderheid van 'n Leupold of ander scope? En Lynx se helderheid is vir my heeltemal voldoende.
BAIE DANKIE VIR ALMAL SE RAAD. Ek kan ongelukkig nie almal se raad volg nie maar, ek voel nou baie meer gerus oor watter scope om te koop.
Groete
Tiny
My broer het daai Lynx op sy .308 en hy is heeltemal in sy skik met hom.
Ek kan egter die 6-24x42 vir 'n baie goeie prys kry.
Is ek verkeerd as ek se dat die ekstra x8 vergroting is meer werd as die helderheid van 'n Leupold of ander scope? En Lynx se helderheid is vir my heeltemal voldoende.
BAIE DANKIE VIR ALMAL SE RAAD. Ek kan ongelukkig nie almal se raad volg nie maar, ek voel nou baie meer gerus oor watter scope om te koop.
Groete
Tiny
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Wat moet ek koop?
Tyni
As jy in die nag gaan skiet is 42mm lensopening te klein. Jy moet ten minste 50mm he om goed te sien.
Christo
As jy in die nag gaan skiet is 42mm lensopening te klein. Jy moet ten minste 50mm he om goed te sien.
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Wat moet ek koop?
Tiny
Ek sal slegs die nuwe modelle van Lynx aanbeveel, as daardie 6-24 n ou model is, is dit nie n maklike scope om mee te skiet nie, het een gehad, op 24 vergroting, met die MINIMUM beweging van jou oog kry jy donker gedeeltes in die scope, jou exit pupil diameter is slegs 3.4mm
Gaan kyk, erens het oom Danie 243 die hele exit pupil dia baie mooi verduidelik. Ek sal ook gaan kyk en die link hier bysit as ek dit kry.
Het hom
http://jaracal.com/http://jaracal.com/phpbb//viewtopic.php?t=5
My 2c.........
Mooi loop
Francois

Last edited by Francois Marais on Sun Mar 21, 2010 6:11 pm, edited 1 time in total.
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Wat moet ek koop?
FM
Die Daantjie tikamsjien verduidelik baie mooi die nagskiet ding. As ek dan na aanleiding van sy verduideliking se dat n 6X42 lynx eintlik n lekker nagskiet scope behoort te wees...
vir duidelikheid...en helderheid ens...
ek stir net so bietjie maar ek sallie met n 6x42 nagskiet wil doen nie.
Groetnis
jb

Shoot straight and tell the truth!
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Wat moet ek koop?
Ek gaan die Lynx koop om uitsluitlik in die dag te skiet. Met 'n mooi vrou, soos ek het, is dit wys om saans tuis te bly 
Hein M.
Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Wat moet ek koop?
JB
Ek vermoed jy stirr, almal weet tog teen die tyd dit eintlik 8*56 moet wees.
Mooi loop
Francois
Ek vermoed jy stirr, almal weet tog teen die tyd dit eintlik 8*56 moet wees.
Mooi loop
Francois
-
Cois
- Full Member

- Posts: 192
- Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am
Re: Wat moet ek koop?
Naand manne
Ek staan bankvas by my Lynx!!! Het nou n Mtc Viper 6-24 by 56 wat ek toets, het hom gister op gesit so nou sal ek maar moet kyk wat hy maak.

Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
-
JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: Wat moet ek koop?
Cois, jy moet bietjie terugvoer gee oor daai MTC Viper. Watter kaliber is hy op?
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Wat moet ek koop?
Cois
Ditto met Jannie, en an waar het jy gekoop en wat het jy betaal.
Mooi loop
Francois
Ditto met Jannie, en an waar het jy gekoop en wat het jy betaal.
Mooi loop
Francois
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Wat moet ek koop?
Laas saterdag met Hendrik se kursus was daar ook `n man met `n Viper. Baie netjies en helder. Prys kan ek nie onthou maar kas nie meer as R 4500 nie. Alle verstellings wat jy wil he. Of hy sal hou sal ons maar moet sien.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
Cois
- Full Member

- Posts: 192
- Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am
Re: Wat moet ek koop?
Janjak / FM
Hy is op my 6mmAI. Sal die week ernstig kyk wat hy maak in die veld maar met die inskietery was ek nogal tevrede. Hys mooi helder en stel positief.
Saam met posgeld het hy R4300 gekos. Sal nou maar sien wat maak hy met die jagtery. Ek sou sy kruishaar so bietjie dunner wou he maar nou ja. Het hom direk van MTC Optics gekry.
Sal laat weet hoe dit gaan.
Cois
Hy is op my 6mmAI. Sal die week ernstig kyk wat hy maak in die veld maar met die inskietery was ek nogal tevrede. Hys mooi helder en stel positief.
Saam met posgeld het hy R4300 gekos. Sal nou maar sien wat maak hy met die jagtery. Ek sou sy kruishaar so bietjie dunner wou he maar nou ja. Het hom direk van MTC Optics gekry.
Sal laat weet hoe dit gaan.
Cois
Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
- Tiny
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm
Re: Wat moet ek koop?
Oom Francois
Dankie vir die link, ek het bietjie gaan kyk en dit maak als baie sin. Ek jag in die nag, maar nie gereeld nie. My vorige scope was 'n 3-9x40 en ek het nie probleme gehad om met hom in die nag te sien nie. Ponkie het die 4-16x42 en hy se hy kan ook nog baie helder sien in die nag.
Oor die 24 vergroting kan ek niks se nie, maar dis soos oom Johan gese het. As die groot vergroting jou pla, dan stel jy dit net eenvoudig af na 16 of 18 of wat ook al vir jou gemaklik is.
EK se nie oom is verkeerd nie, want ek weet heeltemal te min om dit te se. Ek se maar net wat ek ervaar en gehoor het.
Groete
Tiny
Dankie vir die link, ek het bietjie gaan kyk en dit maak als baie sin. Ek jag in die nag, maar nie gereeld nie. My vorige scope was 'n 3-9x40 en ek het nie probleme gehad om met hom in die nag te sien nie. Ponkie het die 4-16x42 en hy se hy kan ook nog baie helder sien in die nag.
Oor die 24 vergroting kan ek niks se nie, maar dis soos oom Johan gese het. As die groot vergroting jou pla, dan stel jy dit net eenvoudig af na 16 of 18 of wat ook al vir jou gemaklik is.
EK se nie oom is verkeerd nie, want ek weet heeltemal te min om dit te se. Ek se maar net wat ek ervaar en gehoor het.
Groete
Tiny
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Wat moet ek koop?
Tiny
Ek het op my dae self geglo aan n 6*40 Tasco, op amper al my gunne van hulle gehad, en heel goed met hulle oor die weg gekom, tot daai eerste Swarofski of Leopold, dan raak n man bederf, glo nie dis die ou oe wat so ingegee het nie, net die bederfgeit en dan daai jeuk waarvoor jy die staalborsel nodig het.
Sien jou hart is kla op daai 6-24, koop hom, hy sal alles doen wat jy wil he, en nog n bietjie. Laat weet gerus as hy op is en hoe jy hom vind.

Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Wat moet ek koop?
Tiny,
Ek volg nou hierdie thread van die begin af, en jy het baie gooie raad by baie mense gekry, te veel om na almal te luister, of almal se raad te volg, maar as jy net die tyd wil vat om hom weer van voor te vat en lees, sal jy agter kom dat almal se smaak en keuses verskil, partykeer hemelsbreedt. Maar, daar is een aspek waaroor al die gesoute nag skieters totaal saamstem, en dit is die feit dat jy ten minste 'n 50mm lens voor moet he.
Ek stem ook saam met Francois dat jy al klaar basies op die 42mm besluit het, so koop hom, daar is niks fout met hom nie. Maar as jy gaan jakkalse snags skiet, gaan ek nou met jou 'n wedenskap aan, jy gaan binne 'n jaar nadat jy erenstig begin snags skiet vir jou nog 'n scope koop, se maar net hoeveel ek moet neer sit.

Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Wat moet ek koop?
Right said Fred.....sorry, Mac......jy al klaar basies op die 42mm besluit het, so koop hom, daar is niks fout met hom nie. Maar as jy gaan jakkalse snags skiet, gaan ek nou met jou 'n wedenskap aan, jy gaan binne 'n jaar nadat jy erenstig begin snags skiet vir jou nog 'n scope koop, se maar net hoeveel ek moet neer sit........
Keep well
Francois
- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: Wat moet ek koop?
Cois,
sal gaaf wees om te sien hoe die wimbuks scope vaar op jou 6mm.
sal gaaf wees om te sien hoe die wimbuks scope vaar op jou 6mm.
-
Cois
- Full Member

- Posts: 192
- Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am
Re: Wat moet ek koop?
Jannie
Ja ons sal maar moet kyk wat hy maak, as hy nie werk nie sal ek hom op my wimbuks sit(22-250) Sorry JB. Maar as hy nie getoets word nie sal ons nooit weet nie, hul se mos hy is op die BMG's getoets.