Goeienaand aan almal, ek wil graag n vriend help met sy nuwe geweer se herlaai voorbereiding, maar benodig veilige ladings om mee te begin herlaai. Indien een van julle my kan help sal ek baie bly wees.
Ladings benodig vir n 300 Remington Ultra Magnum met Somchem kruit asb.
Dankie by voorbaat
Manie
300 Remington Ultra Magnum ladings
-
BoogJagter111p
- Full Member

- Posts: 191
- Joined: Sat May 05, 2012 12:07 am
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 300 Remington Ultra Magnum ladings
Die stadigste kruit (S385) wat maklik bekombaar is het ek in 'n geweer van 24 duim loop met TPL van 94mm gesimuleer op Quick Load. Daarvolgens is spoed op maks druk 3000vps met 'n 180gr projektiel. Vir veilige beginlading sal 78gr 'n goeie beginpunt wees. As julle B12.7 kruit (nie op QL - het nie data daarvan nie) kan kry sal dit moontlik beter verrigting lewer. Gee vir my looplengte en koe?l wat julle gaan gebruik sowel as maks TPL en dan kan 'n beter voorspelling verkry word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
BoogJagter111p
- Full Member

- Posts: 191
- Joined: Sat May 05, 2012 12:07 am
Re: 300 Remington Ultra Magnum ladings
Baie dankie vir die terugvoer en vir oom se moeite, my pa het vir my ook die quick load program gehardloop en basies dieselfde resultate ontvang. Sal bevestig oor die looplengte en TPL en weer die program hardloop. Lekker om te sien dit stem ooreen. Net een vraag, is die B12.7 n nuwe kruit van somchem en hoe vergelyk hy teenoor S385..?
Is daar dalk iemand wat self die geweer besit en dalk ladings kan bevestig?
Is daar dalk iemand wat self die geweer besit en dalk ladings kan bevestig?
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 300 Remington Ultra Magnum ladings
B12.7 is 'n balkruit wat vir die .50 Browning masjiengeweer gebruik word - groot dop met baie kruit en swaar projektiel. Die kruit is nog stadiger as S385 - dit is partymaal beskikbaar by geweerwinkels of jy kan dit bestel.BoogJagter111p wrote: Baie dankie vir die terugvoer en vir oom se moeite, my pa het vir my ook die quick load program gehardloop en basies dieselfde resultate ontvang. Sal bevestig oor die looplengte en TPL en weer die program hardloop. Lekker om te sien dit stem ooreen. Net een vraag, is die B12.7 n nuwe kruit van somchem en hoe vergelyk hy teenoor S385..?
Is daar dalk iemand wat self die geweer besit en dalk ladings kan bevestig?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br