Waar begin ek?

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
Herman Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 645
Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm

Waar begin ek?

Post by Herman Venter »

Hallo julle...
Ek kom druk alweer op julle knoppie want weet sommer julle sal my help! Ek het nou die volgende gekoop en wil nou begin herlaai van die begin af! Waar begin mens, ek kan die herlaai deel doen en het dit al tevore gedoen maar my vraag is waar begin ek?

1. Hoe weet ek met hoeveel grein te begin laai om die regte lading te soek?
2. Ek kan nog niks data vir julle deur gee vir QL nie want ek moet eers laai (vraag 1) om oor 'n chrony te skiet om spoed te kry.
3. Doppe is nuut so moet eers gefire form word.

Ek weet nie of maak ek sin nie , hoop maar julle verstaan wat ek bedoel!

Hierdie is wat ek gekoop het:

175gr Nosler Custom comp
Winchester doppe
S365 kruit
Cci 200 primers

Byvoorbaad dankie
Herman
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243

REFUSE TO FOLLOW
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Waar begin ek?

Post by tripodmvr »

Resize al die doppe en kyk of hulle nie te lank is nie - sny terug as dit die geval is. Maak doppe skoon deur hulle met skottelgoed seep in warm water te was en maak droog in die son.

Somchem se boekie is beskikbaar by meeste geweerwinkels. Hulle gee begin en maksimum ladings met gemete spoedvlakke. Hou binne die maksimum spoedvlak en jy sal nie oordruk maklik verkry nie. Dit is handig om te h? vir verwysing.

As jy jou kaliber en gemete looplengte gee kan mens 'n medium node bereken en 'n goeie beginpunt vir jou gee.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Herman Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 645
Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm

Re: Waar begin ek?

Post by Herman Venter »

Jammer, dom fout! Dit is 'n 30-06 howa, 22" loop! Jammer weet nie hoekom ek dit nie ges? het nie! Hoop dit kan meer help!

Groete
Herman
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243

REFUSE TO FOLLOW
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Waar begin ek?

Post by James Wilson »

Herman, hoe het jy vir die 243 begin laai?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Waar begin ek?

Post by tripodmvr »

Vir die 22 duim loop is daar 'n gemiddelde node op 2510vps. Somchem se begin vir 180 met S365 is 47,7 en maks van 53,0. Wil 51,5gr voorstel en jy behoort naby daardie spoed te wees. Laai 5 skote en skiet groep daarmee. Meet spoed en dan kan jy dopvolume in grein H2O ook kry. Ek het TPL van 84mm gebruik om 7,1 skag teen die nekwand te kry. Kyk of dit pas - ek dink nie 'n langer TPL gaan genoeg ondersteuning bied om die koe?l konsentries te hou met die voerslag nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Herman Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 645
Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm

Re: Waar begin ek?

Post by Herman Venter »

Baie dankie! Ek is bly oom verstaan wat ek bedoel het! So oom s? ek kan 51,5gr laai en 5 skote skiet en die groep kyk? Ek sal dan kan terug kom met data vir QL?

Groete
Herman
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243

REFUSE TO FOLLOW
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Waar begin ek?

Post by tripodmvr »

Herman Venter wrote: Baie dankie! Ek is bly oom verstaan wat ek bedoel het! So oom s? ek kan 51,5gr laai en 5 skote skiet en die groep kyk? Ek sal dan kan terug kom met data vir QL?

Groete
Herman
Korrek, ja
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Waar begin ek?

Post by Gerhard »

Herman,

Oom Driepoot het vir jou goeie raad gegee.

Onthou dis baie belangrik om oor n chrono te skiet met lading ontwikkeling.

Geniet die proses
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Post Reply