So is ek Woensdag oggend na 'n lekker plekkie om te gaan visvang. Die kunsaas dip stok en vlieg stok ingepak.
Daar aangekom en gou vir HugoV gekry toe is ons na die eerste dam toe.
Ek het vir Hugo gou vinnig verduidelik hoe mens karp dip op die borrels terwyl hulle voer. Hugo het mooi geluister en ons sien toe 'n karp voer lekker. Hy laat sak toe die loodkoppie en dit was nie 4 sekondes nie toe is hy vas met sy eerste karp op kunsaas. Vis geland en toe vang ons verder.
Ons het klomp toe gevang op kunsaas en op vlieg vir die dag. Dit was 'n vreeslike lekker dag.
Ek dink Hugo was baie verbaas oor hoe effektief kunsaas werk vir karp.
Hier is so paar vissies.
Lekker kunsaas sessie!
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Lekker kunsaas sessie!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
- Geno
- Administrator

- Posts: 13660
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Lekker kunsaas sessie!
"Lekker plekkie" Hmmm, lyk of mens 'n golfbal kan slaan daar! 
Goed, beter, 6millimeter!
- Hugov
- Hero Member

- Posts: 684
- Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am
Re: Lekker kunsaas sessie!
I aint saying nothing

Dankie vir die tips Marno. Is regtig n lekker manier van karp hengel.
Mooiloop H
Dankie vir die tips Marno. Is regtig n lekker manier van karp hengel.
Mooiloop H
9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Lekker kunsaas sessie!
Marno en Hugo
Verduidelik bietjie hoe werk die manier van karp vang, ek het mos nou so plekkie hier teen Renosterspruit. Die bure daar hou nie van dinamiet nie, help 'n bietjie en sit fotos op.
Groete
Jaco
Verduidelik bietjie hoe werk die manier van karp vang, ek het mos nou so plekkie hier teen Renosterspruit. Die bure daar hou nie van dinamiet nie, help 'n bietjie en sit fotos op.
Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Groete
Jaco Stander
Groete
Jaco Stander
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Lekker kunsaas sessie!
Hi Jaco,
Is eintlik baie maklik. Jy het lang stok nodig. Verskieslik minimum lengte van so 4.5m en dan 'n loodkoppie met 'n Sada Curly tail.
Jy sien waar die karpe voer deur te kyk vir modder wat na die oppervlak kom of jy kyk na die borrels soos hulle voer. Jy skat dan waar sy bek is en laat sak die loodkoppie tot op die bodem. Beweeg die loodkoppie dan stadig op en af.
Die karp dink dis 'n kossie wat daar uit die modder kom en sluk hom.
Dit raak net bietjie "tricky" in dieper water maar in vlak water is dit baie effektief.
Hoop dit maak sin. Dalk laat ek dit nou bietjie makliker klink as wat dit is.
Groetnis.
Hier is 'n foto van hoe die loodkoppie in die karp se bek lyk.