Politiek

Post Reply
tewis

Politiek

Post by tewis »

Goeiedag aan almal.
Groete, Tewis
Last edited by tewis on Fri Feb 18, 2011 7:33 pm, edited 1 time in total.
tafjak

Re: Politiek

Post by tafjak »

Tewis
tewis wrote: My digitale roeper word nou getoets...uiters goed sov?r.
Gee meer inligting. Wat is dit en hoe werk dit? Enige foto's? Tentatiewe prys?
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Politiek

Post by Dawie »

Hallo Tewis

'n Feature wat nogal oulik is veral in gebiede waar daar nie eskom krag is nie is om die roeper/remote te kan charge vannaf die bakkie. Bv. die gametraks het so 'n lighter plug draadjie wat nogal handig te pas kom.

Net 'n gedagte.

Hoor ook graag hoe jou roeper vorder..

Kojak
User avatar
frinam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am

Re: Politiek

Post by frinam »

More Tewis, jammer ek reageer nou eers, ook maar bietjie besig. Dis jammer as jy my reaksie op jou Aberdeen kursus advertensie as "politiek" en "negative talk" beskou. Ek het jou en Johan na afloop van die Ulhenhorst kursus hier in Namibia uitdruklik gese ek gaan terugvoering op die forum gee van hoe suskesvol ons kursusgangers jul metodes asook jul aanbieding, gevind het. Die versoeke wat ek gerig het na jou kant(kursusprogram voor die tyd, praktiese roepwerk na/tydens die kursus, nabetragting na afloop van die kursus, ens) was aspekte wat tydens ons kursus tekort geskiet het, na my asook al die ander persone wat bygewoon het, se mening. Om nou na die tyd klem te le, op die waarborg wat jou naam hoog hou, dra nie veel water in Namibia nie. Om CD's en roeptoerusting terug by jou te kry van hier af, en dan weer al die pad terug by ons, is 'n pyn. Dit is altyd beter om met kwaliteit beheer seker te maak dat die ware wat jy verkoop, 100% diensbaar is voor die tyd, as wat jy na die tyd staat maak op 'n waarborg, dit voorkom onnodige frustasie. Verder kan ek net noem dat ons twee se sakeverhouding al meer as 3 jaar kom toe ek destyds 'n roeper en CD by jou gekoop het. Jy sal onthou dat ek jou onmiddellik geskakel het toe ek die toerusting ontvang het en genoem het dat die afstand wat ek die toerusting kan gebruik, nie verder as 85 meter is nie, en dat die klank "kwaliteit" swak is. Jou reaksie was dat ek my "nuwe" toerusting moet omruil met 'n ander ou s'n om te bepaal of dit die sender of roeper is wat defektief was. Die naaste ou aan my wat dieselfde toerusting as ek het, was 180 km. Jy het toe genoem van jou waarborg en dat ek dan maar die toerusting moet terugstuur wat ek toe wel gedoen het, 'n jaar later toe ek die eerste geleentheid gekry het Pretoria toe. Jy het toe die toerusting herstel, en teruggestuur, vir my onkoste, na 2 maande. So Tewis, wat ek genoem en ervaar het, is feite, nie politiek nie. Ek reken as klant van jou en ook nou dat ek 'n kursus van jou bygewoon het, is dit my goeie reg om vir jou te vra om sekere aspekte aan te spreek waar ons reken jy kan ander(toekomstige) kursusgangers beter waarde vir hul geld gee. Opbouende kritiek moet asb nooit as 'n persoonlike aanval of "politiek" gesien word nie, ons forum mense het een ding in gemeen, ons deel ALLE aspekte van ongedierte beheer met mekaar, op die manier verpoel ons jare se ondervinding en kennis en word onnodige en "dom" foute uitgesny. Duitswes groete - Frikkie
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll  just kill you.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Politiek

Post by Louis102 »

Hallo Tewis / Almal

Groot was die verassing toe ek vandag  'n CD van Tewis in die pos ontvang!!  Baie dankie Tewis, hierdie een werk mooi.  Tewis het ongelukkig 'n foutiewe CD op die Kalkrand kursus (Feb. 2010) aan my oorhandig en dit is  nou vandag (7 Desember 2010) met 'n diensbare een vervang.  Alhoewel dit so effens lank geneem het, het die man sy woord/waarborg nagekom.  Nogmaals dankie.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
frinam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am

Re: Politiek

Post by frinam »

Middag Louis, sela broeder, nou is die hoofstuk ook afgehandel ;). Geniet die CD'tjie, vars, nes oompie Tewis hom gebak het!!!! Groetnis-Frikkie
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll  just kill you.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Politiek

Post by Louis102 »

frinam wrote: ... nou is die hoofstuk ook afgehandel ... 
Frikkie

Amper ... Nog so een foutjie op my vervangings CD as ek so vinnig luister.  Nommer 18 op Criitercall Vol 1&3 van Tewis is veronderstel om "Klein Vlakhasie"-distress te wees volgens die inhoudsopgawe.  Myne is egter 'n jakkals distres klank, soortgelyk aan nommer 22 op die CD.  Ek wonder nou of ander ook die selfde fout op hulle CD's opgemerk het en of dit net myne is?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
frinam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am

Re: Politiek

Post by frinam »

Koning Leeu, selle by my, maak tog maar asb die inhoudsopgawe op die CD "covertjie" reg soos die opnames gesny is, sal jou ure se frustrasies spaar. As jy na my vorige posts kyk oor die "topic" waar ek geteem het by baas Tewis oor verskeie goete, sal jy sien ek het dit al daardie tyd aangespreek. Verder vrede broer, jy en boeta Fransman moet maar jul vingers uit die RSA bobaasjagters se tande hou oor die 308 sage, rekent ek nou maar net. Jul beteken hierdie kant van die Grootrivier vir ons te veel dat daar dalkies 'n losprysie op jul geplaas word oor jul astrantgeit ;). Groot groete van hierdie kant af-Frikkie
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll  just kill you.
jmb

Re: Politiek

Post by jmb »

Manne hierdie storie begin nou al amper soos die ou Springbok Radio top 20 klink. ;D Verskoon 'n leek se vraag maar watter klanke gebruik julle alles om jakkalse te roep en wanneer gebruik julle wat. Ek skiet nie self jakkalse nie maar dit klink net baie interresant. Moenie antwoord as dit 'n simpel vraag is nie. Ek wonder maar net.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Politiek

Post by Louis102 »

jmb wrote: ... maar watter klanke gebruik julle alles om jakkalse te roep en wanneer gebruik julle wat ...
jmb

Hierdie is 'n veel langer en lekkerder gesprek as kaliber-keuse.  Jy sal nie sleg doen om hier te begin lees nie: http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=0

Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
frinam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am

Re: Politiek

Post by frinam »

Koning Leeu, dankie dat jy geantwoord het, netnou dink JMB hy het 'n simpel vraag gevra!!! Frikkie ;)
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll  just kill you.
jmb

Re: Politiek

Post by jmb »

Dankie Louis het begin lees maar lyk of ek eers sal moet gaan popcorn maak en 'n bier kry om reg aan daai thread te laat geskiet. ;D
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Politiek

Post by Stefan764 »

jmb wrote: Dankie Louis het begin lees maar lyk of ek eers sal moet gaan popcorn maak en 'n bier kry om reg aan daai thread te laat geskiet. ;D
Net so neef Johan!  ;) Die jakkals-jag ding byt mens in beide doude as jy eers daarin begin belang stel, en belangstel om dit REG te doen. Geen geen geen geen geen beter leerskool vir dit (die teoretiese gedeelte) as die Jaracal-forum nie. Prakties, wel, daais n storie vir n beesplaas...  ;)

Cheers
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Post Reply