300wsm looplengte en spoed ?
- Johan JvR
- Hero Member

- Posts: 617
- Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am
300wsm looplengte en spoed ?
Manne help seblief
wat sal teoreties die ideale looplengte en spoed wees vir 'n 300wsm vir gebruik met 'n 190gr Berger VLD?
Die twist is 1in12, 'heavy palma' profiel, 30duim maks looplengte.
Sal insette waardeer, baie dankie.
groete

- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: 300wsm looplengte en spoed ?
Johan
Ek lees nou al lank hierdie topics op die 300wsm, want daar is iets wat jeukerig raak
. Sover sien die manne praat van1:9 of 10 twist as die norm, maar sal graag wil hoor oor die stadiger twist.
Ek lees nou al lank hierdie topics op die 300wsm, want daar is iets wat jeukerig raak
- Machann
- Hero Member

- Posts: 521
- Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm
Re: 300wsm looplengte en spoed ?
Sorry manne, Ludwig is reg! Ek het daai tyd na die swaarder koeels gekyk.....
Last edited by Machann on Wed Dec 05, 2012 6:29 pm, edited 1 time in total.
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
- Machann
- Hero Member

- Posts: 521
- Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm
Re: 300wsm looplengte en spoed ?
Jy is reg Ludwig, vir daai koeels gaan jy moet kyk na 1:10 en ek dink Berger stel dit ook voor op hulle website. Weet ons Bisley manne het die jaar die 210gr Bergers uit 300 WSM geskeit. Ek het dit erens op EXCEL en sal gaan loer.
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
- Johan JvR
- Hero Member

- Posts: 617
- Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am
Re: 300wsm looplengte en spoed ?
Manne dankie sover, ek hou die post dop, praat asb.
Kyk gou hier na twist: http://www.bergerbullets.com/products/hunting-bullets/
Hoekom sou Berger dan 1in12 voorstel?
Kyk gou hier na twist: http://www.bergerbullets.com/products/hunting-bullets/
Hoekom sou Berger dan 1in12 voorstel?
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: 300wsm looplengte en spoed ?
Johan
Daai 1in 12 metr die berger kan werk. Ek dink dat jy sal beter doen met n bietjie ligter koel
Frikkie
Daai 1in 12 metr die berger kan werk. Ek dink dat jy sal beter doen met n bietjie ligter koel
Frikkie
Cradock
- Jan Nel
- Full Member

- Posts: 225
- Joined: Mon Oct 17, 2011 9:48 am
Re: 300wsm looplengte en spoed ?
Ludwig
Die 12 twist is reg vir die 190 gr Bergers, as jy wil langafstand skiet. Rede is dat die Bergers bedoel is vir langafstand aanwending (500m plus), en dat jou ideale stabiliteits faktor tussen 1.1 en maks 1.5 moet wees vir aanwending verder as 500m (min of meer). Vir korter afstande soek jy 'n stabiliteits faktor van meer as 1.5, veral vir jagdoeleindes, sodat die koeel nie tuimel op impak nie.
Dit is een van die redes hoekom daar so 'n groot verskil is tussen skiet tot op 500m en verder as 500m.
Groete
Jan
Die 12 twist is reg vir die 190 gr Bergers, as jy wil langafstand skiet. Rede is dat die Bergers bedoel is vir langafstand aanwending (500m plus), en dat jou ideale stabiliteits faktor tussen 1.1 en maks 1.5 moet wees vir aanwending verder as 500m (min of meer). Vir korter afstande soek jy 'n stabiliteits faktor van meer as 1.5, veral vir jagdoeleindes, sodat die koeel nie tuimel op impak nie.
Dit is een van die redes hoekom daar so 'n groot verskil is tussen skiet tot op 500m en verder as 500m.
Groete
Jan
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: 300wsm looplengte en spoed ?
Ludwig en ander
Watter koeel en gewig sal julle dan moontlik aanbeveel vir jag nie verder as 500m nie?
Watter koeel en gewig sal julle dan moontlik aanbeveel vir jag nie verder as 500m nie?
- Machann
- Hero Member

- Posts: 521
- Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm
Re: 300wsm looplengte en spoed ?
Accubond 200gr of 180gr. Dink jy behoort nog op daai afstand bo 1800fps te bly en daai punte skiet dood.
Last edited by Machann on Wed Dec 05, 2012 6:09 pm, edited 1 time in total.
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
- Machann
- Hero Member

- Posts: 521
- Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm
Re: 300wsm looplengte en spoed ?
Die 26" op node spoed 2800 fps is op 500m nog hier by 2000fps.
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
- Skiet-Kop
- Jr. Member

- Posts: 98
- Joined: Fri Mar 25, 2011 6:51 pm
Re: 300wsm looplengte en spoed ?
Hoe meer ek hier rond lees,hoe minder kom ek agter weet ek.
Spandeer net so veel tyd op die skietbaan,as in die herlaai kamer.
.308 Win
.300 Norma Magnum
.22 Trico
9mm Browning
9mm CZ P10 C
12G Berreta
.308 Win
.300 Norma Magnum
.22 Trico
9mm Browning
9mm CZ P10 C
12G Berreta
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 300wsm looplengte en spoed ?
Johan, as ek iets kan voorstel ... 185gr Berger Juggernaut teen so 3050 fps uit 'n 30" loop
Hierdie koeel behoort makliker te wees om te laat groepeer en sy BC is net 'n klein bietjie minder as die 190gr VLD
As dit nie werk nie is daar die Berger 175gr BTHPLR teen so 3090 fps
Hierdie koeel behoort makliker te wees om te laat groepeer en sy BC is net 'n klein bietjie minder as die 190gr VLD
As dit nie werk nie is daar die Berger 175gr BTHPLR teen so 3090 fps
- Johan JvR
- Hero Member

- Posts: 617
- Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am
Re: 300wsm looplengte en spoed ?
Ludwig, ek wil daai 190gr so vinnig moontlik, met veilige druk skiet. Die doel, op die stadium, is gonge skiet en speel op afstande tot waar ek hulle nie meer raakgeskiet kry nie. Dan eventueel, as ek die roer ken, sal mens seker 'n bok(blesbok/springbok) skiet op afstand waar ek gemaklik voel. Ek wil net 1 koeel vir alles gebruik en nie rondspring tussen soorte nie.Ludwig wrote:
As jy vra, teoreties die beste loop lengte, bedoel jy die hoogste node spood vir die kortste loop lengte? Wat is die spoed wat jy graag wil haal met die koeel? Vir watter doel gaan dit aangewend word?
Arnold, ek sal moet gaan huiswerk doen oor daai Juggernaut. As ek so hier lees, lyk dit amper vir my of dit die gewig is waarna ek sal moet kyk.Arnold wrote: Johan, as ek iets kan voorstel ... 185gr Berger Juggernaut teen so 3050 fps uit 'n 30" loop
Hierdie koeel behoort makliker te wees om te laat groepeer en sy BC is net 'n klein bietjie minder as die 190gr VLD
As dit nie werk nie is daar die Berger 175gr BTHPLR teen so 3090 fps
Machann, ek het 'n ligte 300winmag jaggeweer vir afstande tot en met 350m en gebruik die Nosler's baie doeltreffend. Stem saam met jou dat hulle puik vir jag is.Machann wrote: Accubond 200gr of 180gr. Dink jy behoort nog op daai afstand bo 1800fps te bly en daai punte skiet dood.
Dankie menere, ek sal dan die loop op 30duim hou vir eers.
- Johan JvR
- Hero Member

- Posts: 617
- Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am
Re: 300wsm looplengte en spoed ?
Ludwig - ek stem. Baie dankie vir die insette.
Ek het wel iets geleer hieruit en het darem nou 'n idee wat om te verwag en waar om min of meer te begin. Mens kan altyd later die loop korter maak, so 30duim sal dit wees.
Die reamer sal bestel word vir 190gr Berger, dan kan ek speel tussen 185 en 190 gr.

- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1519
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: 300wsm looplengte en spoed ?
Ek het ondervinding van een spesifieke .300WSM.
Die geweer het al die SA Bisley F-Ope kampioenskap gewen, gebou op 'n BAT aksie met 'n 30" Krieger 1-11" twist loop, 1.25" geen taper loop.
Die kamer is gesny met 'n .300Kruger reamer van JGS, die lading was 210gr Berger VLD's @ 2930fps gewees.
Volgens die "algemene aanvaarbare praktyk", is die twist te stadig, selfs volgens Berger se website ook, maar wie kan met die resultate stry.
Daar is 2 baie belangrike punte om in gedagte te hou: a) koe?lvervaardigers moet hulself beskerm (veral in die VSA teen eise) en is konserwatief met hul aanbevelings ivm twist - hulle gebruik ook die slegtste atmosferiese toestande (WCC - worst case conditions) om hul berekenings op te doen. b) die beste akkuraatheid word gewoonlik verkry met die stadigste twist wat die koe?l stabiliseer (kyk maar na die kort afstand BR skuts se toerusting) - die rotasiespoed van 'n koe?l vermider stadiger oor afstand teenoor die koe?l se snelhied afname, dus word die koe?l in effek "meer" stabiel, mits dit stabiel was met lansering.
'n Ander voorbeeld hiervan is Berger se nuwe .30kal 155gr Hybrid koe?l, hulle beveel 'n minimum twist van 1-12" aan, ek skiet persoonlik die koe?l baie suksesvol op 900m uit 'n 1-13.5" twist loop. Dit is hoofsaaklik agv die gunstige atmosferiese toestande in die binneland (ho?veld) van die RSA - hoogte bo seevlak, ho? temperature, ens. dus minder weerstand.

Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 300wsm looplengte en spoed ?
Johan, kyk ook na die Hornady 208gr A-Max. Die ouens in Amerika skiet hom met hulle 308's uit 1:12 twist lope.
Ek het hom probeer maar my 1:12.7 twist is net te stadig.
Die koeel se BC is lekker hoog en hulle is ook darem goedkoper as die Bergers
Ek het hom probeer maar my 1:12.7 twist is net te stadig.
Die koeel se BC is lekker hoog en hulle is ook darem goedkoper as die Bergers
- Johan JvR
- Hero Member

- Posts: 617
- Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am
Re: 300wsm looplengte en spoed ?
Sjoe Arnold, 208gr, nou praat jy!
Ek het darem in my trommel so 'n handvol verskillende koeels, onder andere die 210gr berger, so eendag as die roer klaar is sal ek maar eksperimenteer.
Dankie almal !
Ek het darem in my trommel so 'n handvol verskillende koeels, onder andere die 210gr berger, so eendag as die roer klaar is sal ek maar eksperimenteer.
Dankie almal !