.375 Ruger 200gr GS Custom HV/Barnes TSx 270gr/Impala 300gr

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV

Post by tripodmvr »

Het noe weer gaan loer met jou dopvolume wat jy gegee het. Nodespoed is 3004vps. Bring die lading af en gebruik jou TPL van 84,5mm sodat jy die spoed bereik. Hopelik bly jou akkuraatheid dan. Jou druk is by maksimum so enige spoed vinniger as 3004 gee ho?r druk as dit.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4012
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV

Post by tau »

tripodmvr wrote: Het noe weer gaan loer met jou dopvolume wat jy gegee het. Nodespoed is 3004vps. Bring die lading af en gebruik jou TPL van 84,5mm sodat jy die spoed bereik. Hopelik bly jou akkuraatheid dan. Jou druk is by maksimum so enige spoed vinniger as 3004 gee ho?r druk as dit.
Ek het nou al 17 skote geskiet. Teen R12.30 per koeel sonder die kruit etc. raak dit nou duur!!!!!!!

Voel my ek is nou tussen twee wisselbares wat nie wil saam werk nie.

Ek gaan nou af na 80gr, 80.5gr en 81gr laai met 84.5mm TPL. en dan gaan skiet as die wind nie so mal waai soos nou nie.

Oom Gerard stem saam ek moet nader aan 3000 fps mik.

Die spoed het my gister helemal verbaas, maar met die TPL was my groepering goed. Op honderd meter met die DOT reticle is onder 1" goed genoeg vir my.

Ek laat weet julle ek werk die naweek so miskien Saterdag na werk kry ek kan om weer te probeer, as die wind my toelaat.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV

Post by tripodmvr »

My laaste poging om raad te gee.

Jy kan nie 2 items verander en verwag om by n antwoord uit te kom nie. Jy het nou al die ladings aangepas en weet waar die optimum spoed van 3000vps behoort te wees. Hou die lading vas en verstel die TPL korter. Nou het jy idee waar beste TPL is. Pas nou lading aan om weer naby 3000 te wees.

As jy nie na my raad wil luister nie moet jy maar klasgeld betaal.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4012
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV

Post by tau »

tripodmvr wrote: My laaste poging om raad te gee.

Jy kan nie 2 items verander en verwag om by n antwoord uit te kom nie. Jy het nou al die ladings aangepas en weet waar die optimum spoed van 3000vps behoort te wees. Hou die lading vas en verstel die TPL korter. Nou het jy idee waar beste TPL is. Pas nou lading aan om weer naby 3000 te wees.

As jy nie na my raad wil luister nie moet jy maar klasgeld betaal.
????????

My MAX spoed moet onder 3100 wees. Dit is wat ek verwag het vanaf my 81.5gr lading. Hoe korter my TPL geraak het het my spoed GROOT spronge gemaak totdat ek VER oor veilige spoed was.

Ek het bo gese ek gaan my TPL by 84.5 mm hou, aangesien die groep aanvaarbaar was met dit.

Ongelukkig gaan ek my ladings moet afbring aangesien ek moet afkom na der aan 3000 fps.

So ek gaan slegs ladings aanpas en nie TPL nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV

Post by DWB »

Die Ruger Alaskan se loop is 20" en nie 22" nie.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4012
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV

Post by tau »

tau wrote: Hi Manne

Ek het die doppe en dies en wag vir die GS Custom 200gr HV koels. EK het een van die 20 " Ruger Alaskans gekoop en hierdie sal my eerste probeer wees om te herlaai vir die wapen.

Ek beoog om S 321 agter die koels te laai en te sien of ek 3000fps kan haal.

Hierdie is die informasie volgens GS Custom se webtuiste.
S321 81gr 3225 max fps   98 fill %

Het iemand anders al die 200gr koels gelaai?

Wat dink julle van die S 321 ?????
Jy is reg dankie DWB :)

Hierdie was my eerste post met loop lengte en spoed wat ek voor mik.

Niks het nog verander nie met my doel om 200gr koeel teen 3000-3100 fps te skiet nie.

Die ding wat my uitgevang het is die verskil in spoed soos die TPL korter raak. Ek het dit nie sien kom nie.

My spoed met 82 gr op 86.5 mm Tpl was 3132, 3182,3184 fps.

Ek het dus 3 x  81.5 gr ladings met 0.5mm inkrmente gelaai.

Die wind wou my chronograaf omwaai so ek het die eerste 2 stelle sonder hom geskiet. Na die tweede skoot met 84.5mm tpl het ek besef die druk is te hoog en die laaste skoot het ek die chronograaf vinnig opgestel.

HIER WAS MY BESLUIT VERKEERD EK MOES EERDER NIE GESKIET HET NIE TOT DIE WIND BETER WAS.Maar julle weet nuwe roer en nuwe koeels raak mens mos lus om die roer te skiet.

Met 81.5 gr  op 84.5 mm TPL het ek 3325 fps geslaan teen my helse SKOK.

EK laai nooit my wapens so warm nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV

Post by tripodmvr »

[Hierdie was my eerste post met loop lengte en spoed wat ek voor mik.

Niks het nog verander nie met my doel om 200gr koeel teen 3000-3100 fps te skiet nie.

Die ding wat my uitgevang het is die verskil in spoed soos die TPL korter raak. Ek het dit nie sien kom nie.

My spoed met 82 gr op 86.5 mm Tpl was 3132, 3182,3184 fps.

Ek het dus 3 x  81.5 gr ladings met 0.5mm inkrmente gelaai.

Die wind wou my chronograaf omwaai so ek het die eerste 2 stelle sonder hom geskiet. Na die tweede skoot met 84.5mm tpl het ek besef die druk is te hoog en die laaste skoot het ek die chronograaf vinnig opgestel.

HIER WAS MY BESLUIT VERKEERD EK MOES EERDER NIE GESKIET HET NIE TOT DIE WIND BETER WAS.Maar julle weet nuwe roer en nuwe koeels raak mens mos lus om die roer te skiet.

Met 81.5 gr  op 84.5 mm TPL het ek 3325 fps geslaan teen my helse SKOK.

EK laai nooit my wapens so warm nie.]

Jammer oor my terugvoer vroe?r. Het jou misverstaan as synde jy die ladings ook verstel het. Seker die moerige ou man sindroom. Tabuleer jou resultate heel eerste en dan lees dit duideliker.

Verstaan nou dat jou verandering aan TPL die groot spoedverhoging gegee het. In QL bereken dit slegs 40-50vps verhoging met die 2 mm verkorting. Jy kry sulke snaakse resultate dat ek lugtig is om lading te "raai" in die' geval. Kom af met 2gr en kyk wat maak spoed en groepe sou my raad wees.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4012
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV

Post by tau »

Lading S321 TPL (mm) Spoed (fps)

81                   86.5 2980
                        2960
                        2988

81.5                   86.5 3064

82                   86.5 3132
                        3182
                        3184

82.5                   86.5 3224

81.5                   85.5    x3  goeie groep (NIE Chrono gebruik nie agv wind!!!!!!!!)

81.5                   85     x3   

81.5                   84.5  x3 3325


Hoop dit help. Weereens die verskil in TPL het 'n helse verskil aan spoed gemaak.

Ek probeer van die begin van hierdie thread om GS Custom se advies op hulle webwerf  te volg om te sien of jan allerman dit sal kan regkry om hulle unieke produk te kan laai.

Ek het gister 'n rondte seker 20 cm in 'n kleiwal uit herwin en geweeg. 200gr HV het 198.2gr geweeg en perfek gemushroom.

Ek kon seker Nosler accubonds of Barnes X gelaai het wat baie makliker sou wees met die informasie wat bekend is, maar ek wou sien waaroor die boehaai is oor GS Custom.

Ek is geensins 'n top herlaaier nie, maar ek probeer om met elke nuwe ontwikkeling te leer en hierdiekeer leer ek baie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV

Post by tripodmvr »

Ons reageer miskien op data wat nie heeltemal korrek is nie. Miskien is jou chrony lesings foutief - het al gesien dat weens die vibrasie van die chrony die lesings nie lekker is nie. Vermy om lesings in 'n baie sterk wind te neem.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4012
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV

Post by tau »

tripodmvr wrote: Ons reageer miskien op data wat nie heeltemal korrek is nie. Miskien is jou chrony lesings foutief - het al gesien dat weens die vibrasie van die chrony die lesings nie lekker is nie. Vermy om lesings in 'n baie sterk wind te neem.
Hy is splinternuut saterdag gekoop. En ek mount hom op kamera tripod. Ek sal hom toets as die wind stil is en kyk om  nog'n chrono te leen.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4012
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV

Post by tau »

Nou is ek raad op.

Ek het vanaf laas week gewagvir die wind. Ek het seker gemaak ek het vanaand sonder wind die chrono opgestel en geskiet.

Soos gemeld het ek nie die Tpl verander nie, maar slegs die lading afgebring na 80.5 gr S 321en tpl by 84.5 mm gehou.

Ek het 3 rondtes met nuwe doppe en 3 met gebruikte hornady doppe gelaai vir vergelyking.

Eers die 3 nuwes geskiet.
1. Geen lesing
2. 3160
3. 3174

Gebruikte doppe
1. 3224
2. Stop
3. Stop

Na die eerste skoot met die gebruikte doppe het die aksie moeilk oop gemaak.

My skaal is reg.
Die ammunisie is koud gehou voor die skiet.
Koeels is geweeg en is tussen 199.5 - 200.5 gr , dit sal seker nie lading beinvloed nie?
Die groepering van die eerste 3 skote is weereens aanvaarbaar vir die scope en my skiet vernuf, dit pla my nie.

Gs custom se advies is om by 81 gr te begin en ek is al by 80.5 gr.

Gaan dit veilig wees om na80 en 79.5 gr te gaan met dop vulling persentasie?

Ek het die geweer met die Hornady solids geskiet en dan lees hy 2510 fps en dus wat die pakkie aanwys so die chrono is reg. Ook my 7mm geskiet en hy lees 3skote baie naby aan mekaar en in die regte spoed klas.

So as iemand kan help met die dop vulling of 80 en 79.5 gr veilig gaan wees asb.
Last edited by tau on Tue Dec 11, 2012 8:51 am, edited 1 time in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4012
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV

Post by tau »

Jammer oor spasie tik op ipad en hy maak dit moeilik om foute te hersien
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV

Post by grumpy »

.
Last edited by grumpy on Tue Apr 02, 2013 6:42 pm, edited 2 times in total.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4012
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV

Post by tau »

Nat nuwe redding necksize die en seater. Die rondtes is almal eenvormig.


Ek dink al meer die S 321 is gevoelig vir iets, hitte, humiditeit of verskil tussen laai temp en skiet temp.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV

Post by grumpy »

.
Last edited by grumpy on Tue Apr 02, 2013 6:41 pm, edited 1 time in total.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV

Post by tripodmvr »

Jou ladings gee onverwagte resultate. Wat se skaal gebruik jy om mee te weeg?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4012
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV

Post by tau »

tripodmvr wrote: Jou ladings gee onverwagte resultate. Wat se skaal gebruik jy om mee te weeg?
RCBS 1500 elektronies. Ek toets hom voor elke herlaai en hy is spot on met die twee gewiggies. Kan die S321 nie klonte maak in die dop ??
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV

Post by Monrique (SJ) »

tau wrote: Kan die S321 nie klonte maak in die dop ??
Bal kruit kan ja , maar nie van net van n dag of 2 se staan. Elkegeval soos ek dit verstaan.


Groetnis
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4012
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV

Post by tau »

SJ wrote:
tau wrote: Kan die S321 nie klonte maak in die dop ??
Bal kruit kan ja , maar nie van net van n dag of 2 se staan. Elkegeval soos ek dit verstaan.


Groetnis
Ek verstaan ook so, maar ek mis iets of doen iets verkeerd.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV

Post by Hugov »

Probeer S355 jy sal nie spyt wees nie....
Lading vir 200 gr Gs custom is 79 gr S355 vir spoed van 3060 (24duim loop). TPL 84 mm.
Weet van 3 x 375 Rugers wat hierdie lading baie geniet.
groete H
Last edited by Hugov on Fri Dec 07, 2012 8:25 am, edited 1 time in total.
9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV

Post by SV MAD (Henk) »

S321 is bietjie warm vir my in my 375. Het ook 1 gehad op 80gr wat die slot moeilik oopgemaak het.

Het toe oorgeskakel na S355 toe en skiet baie lekker, volgens QL kry ek 100% verbranding, druk is lekker laag en spoed is net so 'n rapsie oor die 3000fps
ek soek nog wapens...
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV

Post by SV MAD (Henk) »

Hugov wrote: Probeer S355 jy sal nie spyt wees nie....
Lading vir 200 gr Gs custom is 79 gr S355 vir spoed van 3060. TPL 84 mm.
Weet van 3 x 375 Rugers wat hierdie lading baie geniet.
groete H
Dankie vir die waarheid
ek soek nog wapens...
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV

Post by Louis Kriel »

Ek stem saam met Henk en Hugo. S321 is die culprit.  In al die artikels wat ek gelees het oor ons gun se die ouens die dryfmiddel wat vir die 30-06 werk, gaan ook in die 375 ruger werk. Hier by ons is dit 335, 355, 365 en 341. Ek het goeie snelheid met 335 gekry op 300gr Sierra's.  65gr gee 2500 fps en dis ver van maks af. Groepe was goed genoeg om oom Chris van Niekerk te impress. Ek hou hierdie draad dop. Lekker laai!             
Last edited by Louis Kriel on Fri Dec 07, 2012 11:07 am, edited 1 time in total.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4012
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV

Post by tau »

Baie dankie vir al die insette en pm's. Ek sal reageer op die aanbevelings.

Ek het sopas terwyl ek hier tik iets besef. Terwyl ek 'n lading ontwikkeling doen los ek die kruit in my Redding goeier. So die kruit staan nou al daarin vir twee weke, aangesien ek elkekeer net 3-9 rondtes laai. Met die vreeslike hitte en toe reen lass week Vrydag. Kon die kruit nie dalk vog trek nie?????? die dop is op die goeier so daar kan nie iets inval nie. Of is sulke veranderlikes te min om saak te maak. Soos ek van die begin af se die S 321 is so fyn dit sit selfs aan die kante van die tregtertjie vas.

EK het juis die S 321 gekies na aanbeveeling van GS Custom omdat dit teen dieselfde spoed 5000 psi minder druk gee.

Ek voel nou al lus en verander net na S 355, maar dan was al die ontwikkeling verniet. Wat my pla is al gaan ek na 79.5 gr en die spoed is reg etc. Gaan ek jag oor 4 maande en die temp verander weer dan skiet die roer weer helemal ander spoed.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV

Post by Reggie Gerber »

Tau
Luister vir die manne en "cut jou losses" Los die s321 want jy gaan nog meer geld mors met dit

Groete

Reggie
CZ 200s Hunter PCP
baikel shotgun
.22lr Bruno
204R Howa
223Ai Howa
243 Howa
243 Savage Axis
308 Bruno
CZ 75 PO7 Duty 9mm
Post Reply