Ok manne ek het my toets rondtes.
So paar struikelblokke.
1. Ek was so opgewonde ek het nie die nuwe doppe gesize nie en klaar geprime......gelukkig kan die Redding dies se slagpen verwyder pen verwyder word. Die hornady doppe se opening is te groot so die koeels is nog los nadat jy die koeel ingedruk het. My fout nog nooit met nuwe doppe gewerk nie, altyd gebruikte ammunisie. Toe ek die doppe begin size besef ek hulle is maar nog ver van die regte skouer dimensies.
2. My MAX TPL met die 200gr Gs Customs is 89.00 mm, ek het my eerste rondtes toe op 88.00mm gelaai, ongelukkig toe ek die eerste rondte pas wil hy nie in die magasyn nie. Die magasyn kas is so 86.73mm en ek het so naby as moontlik aan dit probeer kom. Ongelukkig het die onderste rondte van die 3 in die magasyn gehaak totdat ek by 86.50. mm gekom het, so dit is uit die aard van die saak my MAX Tpl as ek my magasyn wil gebruik, wat as grootwild kaliber seker nodig is

.
Elkgeval albei foute my skuld ek is helemal te oorgretig en opgewonde en het dom foute gemaak, maar so leer mens. Die ergste is met my .308 Win het ek dieselfde probleem met die magasyn kas gehad so dit is nie iets nuuts vir my nie.
Interesant die skouer van die .375 Ruger dop pas nie in my RCBS powder funnel nie. En ek moes hom toe so 4 mm afskuur. Sodat die poeier nie langs die dop se bek inval nie.
Die S 321 is ook nogals 'taai' om al die korrels uit die maat bekertjie van die skaal en die tregtertjie uit te rol.