Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Frikkie, die ouens het een keer liga gehengel in die Vaaldam. Was 'n MOEILIKE dag.....van daai manne gaan toe vir baber, boerstrop met P7 gewig, trossies wurms op elke hoek......daar is manne wat daai lood 200 meter in die dam laat val. Elk geval, een ou vang toe DIEP 'n babertjie van onder 10 gram......pienk en deurskynend...en dit daar binne!!Ek kan nie jou pic sien nie maar dis seker iets soortgelyks??
PS:daai ou het daai dag met daai klein vissie zone gewen. Was lank by Leon's in 'n visbak....
Romeine 14:11 - "want daar staan geskrywe: "So seker as Ek lewe, sê die Here, voor my sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is."
Ja nee Lourens ek ken van daai ouens wat sover kan gooi. En van my vriende gooi daai lood sover.
Ons was een keer daar by Vaalkopdam en 'n man roei sy aas uit en die pel van my gooi net so lanks hom in dat
daai man amper uit die cano val van die skrik. Hy was aan wal toe my vriend al 'n vis aan die lyn het.
Dit is ook waar wat jy daar s? so klein vissie kan 'n groot prys wen.
Johnny, dis amper soos daai kabeljou wat ek verlede jaar gevang het. Hy was te groot om te dra, toe slag ek hom maar daar op die strand. Was sommer en vrek warm. Ekt eerste sy kop afgesny en toe binne sy bek gesit vir koelte en die vleis bewerk en stuk stuk werg gedra. Ekt al sy skubbe gehou, vier huise se dakke geteel met daai skubbe!
Ekt vir 5jaar in n hengelgerei winkel gewerk, baie sulke stories gehoor. Snaak hoe party mense sulke stories vir jou as die waarheid probeer vertel!
Een ding wat my kwaad gemaak het, n ou wou eenkeur n karp by ons kom weeg wat hy gevang het. Toe hy daar aankom, was dit nie n karp nie, maar n 7.3kg grootbek geelvis. Was lekker vies vir die oningelugte man wat so mooi vis viskoekies wou maak!
Ja ons sien dit baie hier by die see met die groot verskeidenheid vis, veral die valies( skuus manne) koop enige vis by die ski boot al is dit n endangered spesie , want hulle ken nie die verskil.
groetnis
Johnny
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno, .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.