Jakkals Jag Kursus
-
tewis
Jakkals Jag Kursus
Ek bied `n Jakkals en Rooikat roep kursusse lanwyd aan. Persone wat belang stel kan my gerus kontak by 083 630 9419 of 011 979 4704, tewisvo@telkomsa.net. Die kursus duur een volle dag en unieke roep strategie en informasie word gegee. Dit sluit demonsrasie die aand in. 'n Tweede opsie is ' n twee dag kursus wat slagyster tegnieke insluit. Moet asb. nie op die forum tuiste terugreageer nie siende dat ek baie min tyd op die forum spandeer. Baie dankie.
Tewis.
Tewis.
Last edited by tewis on Sat Mar 20, 2010 7:54 am, edited 1 time in total.
-
boeta
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm
Re: Jakkals Jag Kursus
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: Jakkals Jag Kursus
My hene Tewis sien jy het al die 3.12.2008 by die forum aangesluit, hoe kry jy dit reg om vir solank daardie
unieke maniere net vir jouself te hou.
Nee man , help 'n bietjie, ek sukkel hier by my met 'n jakkals ek skat hom so 4-5 maande oud maar ek kry nie die bokker in die hande. Jong hierdie jakkals sal ek uitken tussen klomp ander jakkalse maar om die dood ek kry hom nie.

Maar nog dommerig met die goete miskien kan jy help?
Kyk uit vir tip, tippie , tippietjie
Knou goggas af
GOGGA

Ambessa
Re: Jakkals Jag Kursus
Hallo Meerkat
Ambessa
En nou? ;) Wil nie sien hoe dinge gaan gebeur as jy na 'n volgende kursus nie meer "dommerig met die goete" is nie.MEERKAT wrote:...Maar nog dommerig met die goete miskien kan jy help?
Ambessa
Last edited by Ambessa on Fri Mar 12, 2010 1:32 pm, edited 1 time in total.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Jakkals Jag Kursus
Tewis
Kyk bietjie jou datums, dis n Sondag, sal seker nie werki, of is dit reg??
Mooi loop
Francois
NS Dan is ons al amper oppad see toe.
......n Jakkals en Rooikat roep kursus aan...... Datum: 18 April 2010......
Kyk bietjie jou datums, dis n Sondag, sal seker nie werki, of is dit reg??
Mooi loop
Francois
NS Dan is ons al amper oppad see toe.
- frinam
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am
Re: Jakkals Jag Kursus
Middag Manne, ja Francois, mens sal nou nie weet wat se geloofsoortuiging die volk van Aberdeen het nie, miskien doen hul die tipe goed op Sondae omdat dit vir party ouens 'n geloofsaak is!
Miskien moet Tewis vir die persone wat moontlik belangstel, die kursusprogram gee. Dan kan die manne mos sien of die bestek binne hul belangstellingveld val, so ook of daar enige praktiese werk gedoen gaan word en laaste maar nie die minste nie, die kostes. Miskien kan ons ander ouens wat al deur Tewis en helper se hande gegaan het, ook net vir hom vra om te verseker dat die CD'S wat hy uitgee na die kursus, wel "gebrand" is en dat die geluide soos op die "inhoudsopgawe", korrespondeer met dit op die CD. Verder moet Tewis dalk ook net vir almal wat belang stel, vroegtydig laat weet dat daar geen "handouts" tydens die kursus gegee word nie en dat kursusgangers van alles wat aangebied word, self aantekeninge moet maak. As mens die goed voortydig weet, kan mens voorbereid daar aankom. Groetnis- Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.
-
tafjak
Re: Jakkals Jag Kursus
Francois
Kan ons nie die 108-trip so bietjie uitstel nie, wil nog een van Tewis se kursusse bygewoon het. Ek bly so 75km vanaf Aberdeen en dit sou nogal naby gewees het om die tegnieke te kon bywoon.
Ja, dit lyk of ons al in daardie staduim naby aan Windhoek gaan wees. Jammer! Het reeds weer so bietjie opleiding nodig, skiet gisteraand jakkals mis(3skote).
Mooiloop, sien julle een van die dae as alles goed gaan.

Hallo Tafjak / Meerkat
...moet julle nou 'n goeie dag voor die naweek dag bederf.
Kry vinnig die nodige opleiding. ;) Ons het data nodig.
Ambessa
...moet julle nou 'n goeie dag voor die naweek dag bederf.
Ambessa
Ambessa wrote:MEERKAT wrote:...En nou? ;) Wil nie sien hoe dinge gaan gebeur as jy na 'n volgende kursus nie meer "dommerig met die goete" is nie.
tafjak wrote:...Het reeds weer so bietjie opleiding nodig, skiet gisteraand jakkals mis(3skote).
Last edited by Ambessa on Fri Mar 12, 2010 1:46 pm, edited 1 time in total.
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Jakkals Jag Kursus
Rukkie terug 4 jakkies 14 skotetafjak wrote: skiet gisteraand jakkals mis(3skote).
-
Ambessa
Re: Jakkals Jag Kursus
Hallo Dawie
Nee man, nou is my naweek heeltemal opg...
Gaan nou maar vir my 'n ander joppie kry.
Ambessa
Nee man, nou is my naweek heeltemal opg...
Gaan nou maar vir my 'n ander joppie kry.
Ambessa
Dawie wrote:tafjak wrote:...Rukkie terug 4 jakkies 14 skote![]()
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Jakkals Jag Kursus
Ambessa
Goeie nuus is dat die wat gemis is uiteindelik daai selle aand geklop is
, het nogal mind over matter gevat.
Geniet jou naweek
Kojak
Tip..as jy jakkie mis is die volgende een wat jy skiet altyd die een wat jy netnou gemis het
Goeie nuus is dat die wat gemis is uiteindelik daai selle aand geklop is
Geniet jou naweek
Kojak
Tip..as jy jakkie mis is die volgende een wat jy skiet altyd die een wat jy netnou gemis het
-
tafjak
Re: Jakkals Jag Kursus
Ambessa
Na 14skote is Kojak s'n almal dood, myne na 3skote hardloop nog ongeskonde rond!
Wil so bietjie brag as ek mag. Ek het die vorige ongeskonde jak die 4de Febr in Steynsburg misgeskiet en 61 katte en jakke verder gaan dit toe nog goed, maar o wee! die 62ste een wen my toe. Probeer my aller beste om Jaracal na te doen, maar die ou meester bly my ene voor. Ek dink dat sy agtereenvolgende jakke en katte so by die 80 staan. Ja-nee, daar bly nog baie oor vir my om na te streef.

- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Jakkals Jag Kursus
Is dit nou die rede hoekom julle manne my ook oorreed het om te begin herlaaiDawie wrote:Rukkie terug 4 jakkies 14 skotetafjak wrote: skiet gisteraand jakkals mis(3skote).![]()
Raves.
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Jakkals Jag Kursus
Taffie
Ja, die misskiet ding kom ma almal oor, ek wil nie eers uitwy oor my laaste nie, dis "bad news", nounet begin die tendens weer, moet my boek kyk, ma dink ek is dam nou al so by 20 sonder n mis.
Ja, raak nou soos n kjend by krismis tyd, kanni waggi.......

Hallo Tafjak

Mooi loop.
Ambessa
...so 'n ou kursussietjie of twee mag dalk nogal help om die performance te verbeter?tafjak wrote:...die ou meester bly my ene voor. Ek dink dat sy agtereenvolgende jakke en katte so by die 80 staan. Ja-nee, daar bly nog baie oor vir my om na te streef.
Mooi loop.
Ambessa
-
tafjak
Re: Jakkals Jag Kursus
Ambessa
Al te seker!Ambessa wrote:
...so 'n ou kursussietjie of twee mag dalk nogal help om die performance te verbeter?
Last edited by tafjak on Sat Mar 13, 2010 10:11 am, edited 1 time in total.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Jakkals Jag Kursus
Ons het die naweek vir Hendrik gaan luister. Sal sodra ek die foto's gekry het terugvoer gee op die forum. Al wat ek ook wil bylas by hierbo is dat ondervinding nie by kursusse gekoop kan word nie. Jy kan regtig al die bestandele vir die resep daar kry, maar die bakkery vat so bietjie langer. Hoe meer jy na die professors luister hoe makliker verstaan jy die resep en kry jy gouer resultate maar daar is niks wat jou ondervinding gaan gee op die kursus nie.
Dit bring my by die eintlike rede. Dit sal nodig word vir die kundiger jagters om aspirant jagters onder hulle vlerke te neem en hulle vir 'n tyd ( dit kan selfs maande wees ) as drywers te gebruik sodat hulle die gevoel van "gutfeelings" kan ondervind. As dit nie gebeur of 'n kursusganger sy eie plek het waar hy fout kan maak sonder om direkte skade vir 'n ander boer te veroorsaak ( by direk bedoel ek op die boer se plaas en dan sommer ook nog teen vergoeding ) gaan daar menigte manne losgelaat word wat probleemdiere wil jag en die hele stelsel befoeter. Ons moet manne die kans gun om deel te raak van die beheer anders gaan dit by ons ore uitpeul een van die dae, maar net 'n kursus se bywoning gaan nie van jou ( of my ) 'n pro maak nie. Ek was nou binne 'n jaar op 3 kursusse en daar was amper 100 manne daar waarvan ten minste 30-50 vars tot die stelsel is. Die boere wat bywoon is ook hoogs bekommerd m.b.t. die kundigheid van die nuwelinge. Hoe gaan ons as Jaracal bydra om die onkundiges kundig te maak. Ten minste met die basiese elemente van ondervinding?
LW. Ek ag myself ook as een van die vars manne. Moet nog baie leer.
Christo

Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: Jakkals Jag Kursus
Christo
Ja, dis 'n moeilike een. Ek dink ons moet net onthou dat almal eens op 'n tyd onkundig en on-ervare was. Persoonlik voel ek dat indien 'n persoon die moeite gedoen het om 'n kursus by te woon, hy toon dat hy bereid is om te leer. By die kursus kry hy die pitkos en ek voel hy moet die geleentheid gebied word om verder te leer deur ondervinding. Daar is moontlik nog 'n Taffie iewers in die land wat nog nooit tevore jakkalse geskiet het nie, maar dat hy moontlik oor 'n jaar of twee baie suksesvol kan wees. Die idee dat hulle as drywers kan optree vir 'n tyd is myns insiens 'n goeie roep.
Groete
KL

Winners never quit - Quitters never win.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Jakkals Jag Kursus
Kruger
Ek is ook een van die nuwe manne ( self opgedra ) maar as jy die boere hoor wat ook die kursusse bywoon sal jy saamstem. Daar is 'n paar wat behoorlik te kere gaan oor die nuwe manne wat tot die bedryf wil toe tree. Ek is een wat voel dat daar nuwe ouens moet inkom want met Heinich en Hendrik op pensioen is daar altyd gapings wat gevul moet word. EN DIE JAKKIES RAAK MEER.
Christo
Ek is ook een van die nuwe manne ( self opgedra ) maar as jy die boere hoor wat ook die kursusse bywoon sal jy saamstem. Daar is 'n paar wat behoorlik te kere gaan oor die nuwe manne wat tot die bedryf wil toe tree. Ek is een wat voel dat daar nuwe ouens moet inkom want met Heinich en Hendrik op pensioen is daar altyd gapings wat gevul moet word. EN DIE JAKKIES RAAK MEER.
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Biker
- Hero Member

- Posts: 812
- Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Re: Jakkals Jag Kursus
Kruger Christo
maar as jy die boere hoor wat ook die kursusse bywoon sal jy saamstem. Daar is 'n paar wat behoorlik te kere gaan oor die nuwe manne wat tot die bedryf wil toe tree.
IN alle sport of professies is daar beginners en pro"s. Not to worry die lewe is n sirkel, alles kom en gaan.
BIKER
maar as jy die boere hoor wat ook die kursusse bywoon sal jy saamstem. Daar is 'n paar wat behoorlik te kere gaan oor die nuwe manne wat tot die bedryf wil toe tree.
IN alle sport of professies is daar beginners en pro"s. Not to worry die lewe is n sirkel, alles kom en gaan.
BIKER
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Jakkals Jag Kursus
Dit is meer as die waarheid.Biker wrote: IN alle sport of professies is daar beginners en pro"s. Not to worry die lewe is n sirkel, alles kom en gaan.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Jakkals Jag Kursus
Christo, Kruger, Biker e.a.
Is foute nie maar die prys wat ervaring kos nie? Solank die wil daar is om te leer en passie te bespeur is, sal ek niemand ontmoedig om self te probeer nie. Ek is ewig dankbaar oor die raad en bystand wat ek by lede op hierdie forum gekry het (en nog steeds kry), maar die grootste lesse is van foute wat ek self gemaak het (en nog gaan maak), afkomstig. Ek moet egter bys? dat 'n Jaracal-kursus die beste fondament is om op te bou, sover my kennis strek.
Ek glo ook dat ons weer 'n slag na ons gedragskode moet kyk, want daarin is opgesluit die hele kwessie van self-regulering en die stel van standaarde. 'n Lekker besprekingspunt vir die 108-kampvuur.
Louis

Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Ambessa
Re: Jakkals Jag Kursus
Hallo Louis102
Ambessa
Gewonder of die aspek verlore geraak het?Louis102 wrote:...weer 'n slag na ons gedragskode moet kyk, want daarin is opgesluit die hele kwessie van self-regulering en die stel van standaarde.
Ambessa
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Jakkals Jag Kursus
AmbessaAmbessa wrote: Gewonder of die aspek verlore geraak het?
Dit is meer 'n geval (dink ek) dat die popul?re siening is dat self regulering oorbodig, te veel moeite en onafdwingbaar is. Sedert die nuwe politieke bedeling aan die suidpunt van Afrika, is 'n kultuur van individualiteit en onafhanklike optrede besig om pos te vat. Ons wil eerder vry wees om onder die radar rond te sweef en ons eie potjie krap. Ons korttermyn oorlewingsdrang oorskadu 'n langtermyn visie by tye. Is dit nie?
Goed of sleg? Net tyd sal leer.
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
tafjak
Re: Jakkals Jag Kursus
Tewis/Johan
Waar vind die kursus in Aberdeen plaas(venue)? Is daar oorslaap geriewe en wat moet saam gebring word? Hoe laat sal die kursus klaar wees?
Is die datum nog die 18de?
Waar vind die kursus in Aberdeen plaas(venue)? Is daar oorslaap geriewe en wat moet saam gebring word? Hoe laat sal die kursus klaar wees?
Is die datum nog die 18de?