mees akkuraatste ysters?

User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3964
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

mees akkuraatste ysters?

Post by tau »

kerels ek glo gewere is soos vrouens almal se smaak verskil. En dan is jou trouvrou en jou girl wat jy op varsity gedate het ook nie dieselfde nie.

Ongelukkig is ek gelukkig getroud,soms. 

My vraag is as jy wat jy is in jou wereld en bedryf net een geweer kon he wat sou dit wees????

Ek het my antwoord gekry en toe maar een gekoop nou wag ek net vir die SAP om die romanse te voltooi.

.308 win sako.

Ek het mooier en vinniger maar ek glo nie so veeldoelig ekonomies en betroubaar soos 'n trouvrou nie.

Laat ek nou hoor wat se die oues van dae
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by JOHANNIC »

Tau
308 is baie,baie,baie akuraat AS JY AFSTAND KAN SKAT, sonder rangefinder ga dit ook ma swaar,bo-oor die kop of onder deur skiet is niks snaaks.
Maar as jy nie haastig is nie en jy weet wat die afstand is,is 308 koning 8)
groete johan
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by theedge »

Tau Jong ek het al baie manne gehoor en gesien kwaad word oor die 1 geweer strorie.  As ek regtig net een geweer kon besit dan sou ek 375 hh verkies jy kan 'n Duiker tot Buffel skiet.  Ek sou egter my ore van my kop betaal vir amo.  Ek het 'n paar wapens en ja as ek my kluis oopmaak is dit maar die 308 wat uitspring.  Ek moet egter se ek ken my roer weet waar om te skiet op water afstand.  Spoed die het ek ook al uit die 308 gekry, 130gr stap nogal leker en jy kan langskote vat.  Vir springbok en blesbok cul gebruik.  NB Moet net nie kudu op die blad met die 130gr skiet nie (moet net se dit was nou seker nie die beste van punte nie maar het andersins die werk gedoen en leker ook).  Ek moes Kudu twee of 3 keer skiet as ek op die blad geskiet het (Dit is met die 130gr punte).  Moet se ek ken 'n paar manne wat 308 one rifle manne is en moet se hulle is ook gelukig.  As 'n man gaan skiet (jag) hetsy met geweer, boog of handwapen dink ek aan die einde van die dag moet jy jou wapen ken en ook weet wat sy perke is.  So paar jaar terug was ek bevoorreg om springbokke te gaan cul (Ek gaan maar vir vrede en so aan nie name en plekke noem nie) maar so was daar 'n ou / ouens wat met 223 gejag het (het niks teen 223 nie) die manne was ook genooi soos ek en ja hulle het geloop en spot met die manne se roere ooooooo te groot of te dit of kan jy nie skiet nie ens.  Dit is ook die manne wat se ons skiet net in die kop(niks teen manne wat dit doen nie) Wel die eerste dag was verby en ons het goed gedoen,  die volgende oggend moes ons so een of 2 bokke wat nie die vorige dag gevind is nie(Donker het ons gevang) gaan haal.  Dit is hier waar ons somer baie ander bokke gevind het.  Almal gewond ons moes die goed vang en dood maak almal met klein roer geskiet.  Weer niks teen die manne of die roer nie ek se net KEN DIE WAPEN EN WEET WAT IS SY PERKE EN OOK JOUNE.  Ek glo jy sal gelukig wees met jou 308, Amo is beskikbaar en die prys is ook leker.
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
User avatar
Tiny
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Tiny »

Tau.. Ek is maar nog 'n laaitie en het groot geword dat 'n 30-06 die roer is om te he.. Jy weet mos as jy 'n klein seuntjie is dan glo jy als wat Pa se en jy glo net in Pa se roer.. As ek vandag egter 'n keuse moet maak sou ek dieselfde keuse gemaak het as jy.. Dink nie mens kan verkeerd gaan met 'n .308 nie.. Lekker dag verder..
User avatar
Tiny
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Tiny »

Tau.. Ek is maar nog 'n laaitie en het groot geword dat 'n 30-06 die roer is om te he.. Jy weet mos as jy 'n klein seuntjie is dan glo jy als wat Pa se en jy glo net in Pa se roer.. As ek vandag egter 'n keuse moet maak sou ek dieselfde keuse gemaak het as jy.. Dink nie mens kan verkeerd gaan met 'n .308 nie.. Lekker dag verder..
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Biker »

TAU


Vir dagskiet seker een van die lekker kal.

daai 308. Maar hy kan neuk in die nag . As jy dan net die een geweer sal he , behoort daai 130g punte die ding in die nag ook te kan doen.

BIKER
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3964
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by tau »

Julle manne is te eerlik. Dag ek gaan bietjie aanstoot kry.

My pa en oupa het 7mm gebruik en dis het ek my eerse wapen ook een van die monsters aangeskaf.

My 7mm doen alles, maar teen 'n prys. Ek skiet jakkalse - Elande met kliente. Ek like my roer en ek sal hom hou te ewig till death do us part.

Maar ek kan vir een of ander rede nie wag vir my .308.


Tipies wil almal doen vir plesier wat hulle nie doen vir normaal/werk nie. Ek jag my lewe al in die suide van Nam by skoonpa en pa se pels en dan in die karoo so ek droom van walk/stalk (loop en bekuip) daagliks en ek ruik die mopanie's en siringe van Maroelaboom se maramba's en Kudu's wat op korter afstande geskiet word, hoop ek.

Ek wil weet watse ammunisie gebruik julle manne vir als????

Ek dink aan 180gr teen stadiger spoed met lekker goeie punte wat ek daai 3draaikoeroebul kan laat struikel (hopenlik). ;D ;D
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by theedge »

Tau ek skiet meetsl in die bos Nie oopvlakte nie.  Ek skiet baie bos en vlak vark, kudu en bosbok.  Ek is baie lief vir my 150g (Siera toe Highlander dit het vir my gewerk nou kry ek nie meer Highlander punte nie. ) Ek het baie goeie welslae met die 150g.  Probeer meestal vir die kop skiet,  (skiet vir slaghuis) dit is nie altyd moontlik nie, skote op die blad het my ook nog nie gedrop nie.  Ek en my roer laaik 150g.
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Hein M. »

Die akkuraatste roer is dalk nie die een waarmee ons jagters lood gooi nie.  Chris van Niekerk het 'n eie dop ontwerp wat - volgens hom - super akkuraat is vanuit die regte roer. 

So dit is 'n lang storie - met 'n nog langer antwoord... ;D

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Jagtersdok »

Tau ek en my Musgrave .270Win is soos boude, ek jag vlakte en bosveld met hom en hy het my nog nooit in die steek gelaat nie.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Brno308 jagter »

Tau

Kom ek se vir jou 'n ding. Die 308 win is koning en moet laat niemand jou anders vertel nie. Ek hoor daar is manne wat se, jy moet kan afstand skat. Vertel gou vir my 'n ding.. Waarmee word Bisley geskiet..?? 308Win.. Hoe ver..?? 1000Yards.. Nie eers 'n selfoon bel so ver nie.

Ek kan met 'n geruste hard se die 308Win klop enige 270 met 'n 150gr punt. Nou vra ek weer waarom 'n 270 skiet met 'n 150gr as 'n 308Win met 'n 150gr hom op alle vlakke klop.!

Daar is net EEN man wat hierdie kompetisie wen en dis die 308Win.! 'n 30-06 of 300Win mag skiet nie 'n bok vinniger dood as 'n 308 nie, al wat hierdie manne met die 30-06 en 300Win mags wen is seer skouers en meer vleisskade.!

Waar die 300Win mag beter is as die 308Win is op 300 + afstande, maar nou vra ek jou met trane in my oe.. Wie gaan 'n kans vat op 300 meter + om te skiet.?

Back to basics manne... Net soos die Blou Bulle is daar net een resep.! = 308Win..!!!  ;D


Vir Altyd en Altyd 'n getroue 308Win ondersteuner.!!!  ;D

Brno
"vir God, deur God en alles in Sy naam"
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Beyers »

DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by DSBW »

Hein, ek kan jou lang stukke vertel van die Chris van Niekerk ontwerpe, ek skiet tans nog sy 7mm Tombi, en het ook sy 6mm Bayete geskiet. As dit oor akkuraatheid gaan, en effektiewe doppe, klop niks hierdie twee nie, ek het al die meeste ander 7mm en 6mm ontwerpe probeer.

Glo my, die oubaas weet wat hy doen.

Maar, as ek moet een geweer h?, moet hy aan die volgende voldoen:

1. Goedkoop om aan te koop.
2. Goedkoop om te herlaai (hoeveelheid kruit, prys van nuwe doppe, "dies").
3. Groot verskeidenheid goedkoop punte.
4. Baie goeie loopleeftyd.
5. Relatiewe lae "recoil".
6. Geskik vir groot wild en klein wild tot op 500 meter.
7. Inherente akkuraatheid (dop volume tot kaliber grootte moet optimaal wees, nie "overbore" nie).

Gaan kyk maar self, daar is net een kaliber op die mark wat hieraan voldoen, en dit is die .308. Nie verniet dat Nato destyds al besef het dit is die beste kompromie vir hulle doeleindes nie, dis eenvoudig 'n briljante kaliber, volgens my beskeie opinie.

Dawie
User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Brno308 jagter »

Dawie

Ek stem 100% saam jou.!  ;)

Daar is geen standaard kaliber op die mark wat vir jou alles in een kan gee soos 'n 308Win nie.

(1) Akkuraatheid
(2) Goedkoop ammunisie
(3) Lae terugskop
(4) Maklik om ammunisie te kry.

Punt 4 is vir my bitter belangrik, net soos jy se dis 'n NATO kaliber en daarom is ammunisie glad nie skaars nie.

Dawie ek hou van die manier waarop jy redeneer.!  ;D Jy ken jou roere.!

Brno
"vir God, deur God en alles in Sy naam"
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by JOHANNIC »

Brno
Skiet jy veldskietkompitiesies?
Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by KSV »

Nee manne, Nee!

Kry vir julle 'n 7.62 Rifle volgens my lisensie ;)

Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Jagtersdok »

Bruno ek stem saam die 308 is 'n great allrounder, baie akuraat.

Maar nou gaan ek 2 spanners in die werke gooi hehehe. Die 308 is nie beter as die 270 met 150gr koe?ls nie. Balisties perform hulle met 150gr dieselfde. Ek het 4 herlaai boeke na geslaan vir dit.

2dens ek wens ek kan die artikel kry, my vrou moet maar daai boek van my soek en as hy weg is is die bediende more gefire en my vrou slaap buite. Maar in die SA jagters tydskrif iewers in 2008 was 'n baie interesante artikel oor die 303 Britt. Die persoon het daar ges? dat die "supersoniese 308win" geen werklike verbetering was op die 303 nie en dat die rede vir die oorskakeling na 308 was oor die gehalte van die aksies. Ek kan onthou oor goed wat ges? was van die groewe wat beter is in die 303 etc en dat die 2 kalibers dieselfde presteer het oor 1000 yards in die Bisley. Daar het ook iets gestaan van dat die 303 daarvan getuig dat sy konvensionele zero punt 120yards is waar die ander 100yards is en dit een van die redes is hoekom dit so goed presteer met lang afstande.

Dit ges? stem ek steeds saam dat 308 'n uitstekende allrounder is. Maar ek s? ook dat dat die topic maar subjectief en nie objectief is nie en mens kan paar kalibers in dieselfde katogorie sit. So ja ek en my Musgrave 270 bang geen 308 nie.
Neels ;)
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Brno308 jagter »

Hi Johan

Al veldkompetisies wat ek al geskiet het, was die van die SA Jagters naamlik Bosveldskiet, Vlakteskiet en die ou Chasa Skiet.

Ek het die chasa skiet destyds gedoen vir my "Dedicated Hunter's" ook met 'n 308Win en amper vol punte gekry.

Ek neem aan jy skiet veldkompetisies.?  ;D

Brno
"vir God, deur God en alles in Sy naam"
tafjak

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by tafjak »

Dok

Ja, daar sal baie geredekawel word rondom die 270, 308 en die 30-06. Die 7x64 breneke is ook ingesluit. Ek sien hierdie 4 as dieselfde, omdat met al die soorte kruit, koe?ls en doppe dit moontlik is om dieselfde(binne 150 tot 200f/s) ballistiek te dupliseer. Ek noem miskien die verskil van 200f/s van die hoogste na laagste snelheid met dieselfde gewig koe?l as nie merkwaardig nie, maar oor afstande verder as 300meter het die spoed van al hierdie kalibers vertraag na 2200f/s(meer of min). Die BC van die koe?l sal die res verder as 300meter dan moet doen en nie die kaliber nie.

'n 270 hou van koe?ls in die omgewing van 130gr, die 308 koe?ls in die 150 range, die 7x64 ook in die 150gr omgewing met die 30-06 rondom 180-200gr. Ek vind dat die 308 die akkuraatste van die klomp is(nou dit is millimeters verskille, maar tog), maar nie so merkwaardig dat dit enige iets sal afbreek om enige van die ander nie te kan gebruik om skietkompetisies te wen nie. Die 308 se brench rest abillities het glo te doen met die kort dop(kort vet kruit kolom) en die 1 in 12 nommerpas twist vir die 143 gr FMJ koele.

Terloops, ek besit 'n 270 en geniet hom vreeslik, maar het 'n 308 by my pa gekry waarvoor die aansoek nog hangende is. Ek is nie 'n goeie skut nie, maar sal die 308 kies vir sy all round voordele, ouens met Lee Metford's skiet my in elk geval in die grond in. Hierdie is slegs my eie mening met bitter min ondervinding in papierskiet en mag nutteloos wees.

Groete

Taffie
N.S. As jou 270 'n Lyttleton aksie het, weet waarvan jy praat as jy s? dat jy nie bang is vir enige 308 nie. Vir darie matter sal dit enige ander kaliber wees.
User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Brno308 jagter »

Tafjak

Ek het nou jou terugvoer geniet, ek stem saam jou dat 200ft/s en minder baie min is, in geweerterme is dit amper niks en maak dit nie juis 'n verskil nie.

Daarom sal jy altyd die 30-06 manne (Ek bedoel niks slegs hiermee nie) hoor se dat die 30-06 vinniger is. Ja hy is vinniger maar met 'n 180gr punt +/- 150ft/s vinniger as die 308Win.  ;D

Vir daai 150ft/s vinniger in die 30-06 moet jy die volgende twee faktore in ag neem.

(1) Meer terugskop
(2) Meer kruit in die dop = Duurder om te herlaai

Daarom is die 308Win so unieke kaliber, wat met 'n baie kleiner dop en lading amper presies die 30-06 kan namaak.!

Daarom lank lewe die 308Win.!  ;D

Brno
"vir God, deur God en alles in Sy naam"
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by KSV »

Se weer 7.62 Rifle?
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Wielie Waps »

Dok

Is hierdie die artikel wat jy van praat?
http://www.sahunters.co.za/national/articles.php?article_id=91
Geroer-nie geskud nie
User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Brno308 jagter »

Jagtersdok

Ek gaan daar met jou saamstem, die 303 British is ook 'n uitstekende kaliber, ons almal weet daar is al meer wild met 'n 303 geskiet as met enige ander kaliber.. ;)

My broer het self vir hom 'n 270 gekry en ons gaan hom die jaar toets ;) , maar soos jy se elke ou het sy eie opinie oor sy geweer.

Maar enige "nie gevaarlike dier" insluitend 'n eland sal val voor my 308Win. Ek het met my eie oe gesien hoe 'n vriend van my 'n eland koei op 200m geskiet het met sy 308 dat die koei nie eens 10m gestap het nie voor sy morsdood was.!  ;D

Brno
"vir God, deur God en alles in Sy naam"
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Namib »

Hi julle

Ek stem, 7,62(XB-40 Rem).Tog moet ek se my 243 pas my beter,skiet nag en dag baie.Sy is baie akkuraat.Plaas net jou skoot goed dan val enige bok,plaas hom sleg en ons almal ken daai een.Hier in die suide van Namibia skiet ons op 300 en nie omdat ons kan nie,maar partykeer omdat ons moet.
Ek het al klop ander akkuraate cal. geskiet 22,6mm,7mmREM,30.,338 lapua.

Groete.
User avatar
Tiny
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Tiny »

Net gou 'n vraag.. As ons praat van akuraat, bedoel ons groepering of 'n plat trajek? Uit my ervaring as jnr skut op papierskietkompetisies het ek opgemerk dat daar bitter baie manne met .308 skiet, maar die manne met die .270's staan glad nie terug nie.. Ek voel net 'n .270 skiet bietjie platter as die .308, maar die .308 groepeer vir my beter.. Maar al die goed hang van die man agter die roer af.. Brno, ek stem 150% saam met jou redenasie van die Bisley skiet! Waar is Ponkie? Hy skiet mos met 'n papierskiet .308..
Post Reply