Mirage

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Mirage

Post by Smirre »

More
Ek sien by my is daar tot laat middag mirage en veral 300m plus
Na wind , sal dit nie die moeilikste wees om te oorkom op die lang afstande nie?

Smirre
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1519
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Mirage

Post by swc-tr »

Hier is iets kortliks wat deur Bisleyskuts gebruik word:

"Lees van Mirage

Die geweerskut se mirage is in werklikheid wind wat jy deur ?n teleskoop sien. Dit word veroorsaak deur atmosferiese turbulensies wat deur verskille in temperatuur van aangrensende lae lug veroorsaak word. Hierdie temperatuur verskille varie?r die refraksie van ligstrale tussen die teiken en skut. Jy sien mirage deur die teleskoop te fokus voor die teiken.

In die afwesigheid van wind sal jy ?n ?kokende? mirage opmerk. Die voorkoms is dieselfde met ?n Reg-van-voor wind (kopwind of 12 uur) en ?n Reg-van-agter-wind (stert wind of 6 uur). Sywinde blaas die lugstrome sywaarts, sodra jy dit eers gesien het is daar geen twyfel oor watter kant, links of regs, dit waai nie. Te veel wind sal die strome omtrent laat verdwyn terwyl rustige dwarswinde saam met die vertikale beweging, die voorkoms van water wat oor klippe spoel, sal gee.

1. Kokende Mirage: Zero wind Kondisie

2. Drywende Mirage: Mirage kom voor asof dit diagonal oor die teiken beweeg,  dit dui op ?n windspoed van 6 km/h

3. Vloeiende Mirage: Wind kom sterker voor as met die drywende mirage. Dit vloei omtrent tussen 10 en 13 km/h.

4. Lopende Mirage: Die golfies word kleiner soos die windspoed toeneem. Lopende mirage word gesien as die spoed 13 km/h oorskrei.

NB.: Mirage sal gewoonlik nie sigbaar wees as:
A die lig dof is;
B wanneer dit laat in die middag is (alhoewel daar tog soms ?n dun mirage sigbaar is); of
C as die wind ?n ho? spoed het (maar mirage word sigbaar gedurende jou skiet, wat dan kan dui op ?n vermindering in spoed)

Hoe kan mirage help om akkurater te skiet?

A. Wanneer jy mirage sien, sien jy die wind, geen vlae kan so goed geposisioneer wees soos mirage gesien tussen jou en die teiken nie. Vlagpale is gewoonlik te hoog en aan die kant; dit is nadelig om akkurate rigtingveranderings vir kop- en stertwinde aan te dui. Hierdie laasgenoemde winde word gewoonlik ?Visstert? (Fish tail) winde genoem. Hierdie winde het die moeilike gewoonte of dikwels van rigting te verander deur ?n geringe 15 of 30 grade, sodat dit nou van links; en dan van regs waai. Deur die vlae dop te hou word ons gewoonlik te laat gewaarsku teen die effense rigting veranderings, maar deur die teleskoop word die rigting gewoonlik baie duidelik aangedui.

B. Baie skuts is oortuig dat die mirage die teiken beeld verskuif. Wanneer daar dus onderbrekende wolke is wat nou die son bedek en dan ontbloot, sal minder toegelaat hoef te word wanneer die lig verswak, selfs al het die wind nie verander nie. Ander s? dit is nie so nie, daarom moet nie verminder op die lesing wanneer die lig afneem nie., omdat die verlies aan lig ?n dunner voorkoms van mirage gee. Dit is moontlik dat beide die denkrigtings reg kan wees afhangende hoe ?dik? die mirage was in die oorspronklike lig voordat die son deur wolke bedek was. Dus die eerste geloof kan reg wees vir lokale toetande van baie swaar mirage.

Wanneer ons terugkeer na die feit dat mirage tussen die skut en die teiken is, bring dit ons by die volgende vraag, is mirage belangriker as vlae om windskatting te ondersteun? Dit is nie ?n vraag met ?n besliste antwoord nie. Ja en Nee. Jy word herinner dat mirage slegs onder sekere omstandighede gesien kan word. Hoe beter jou teleskoop, hoe later in die dag sal jy dit sien. Miskien is die beter antwoord: Mirage is ?n nuttige hulpmiddel vir veranderings in rigting vir alle winde behalwe dwarswinde. Met dwarswind is veranderinge in sterkte belangriker as veranderinge in rigting, so vlae is dan meer belangrik veral as windspoed 15 km/h oorskrei. (Die algemene riglyn is dat Mirage belangriker is in ligte windtoestande en dat vlae belangriker is wanneer daar swaarder wind uit ?n besliste rigting kom)

Bemeester Mirage:

Om oor mirage te lees is ?n riglyn, maar om dit te ervaar plus die vermo? om ?n prentjie van die lopende mirage relatief tot die windsterkte te memoriseer is onmisbaar. Goeie geheue plus ondervinding is beide essensie?l, maar die tyd wat gespandeer word om ondervinding op te doen moet nie alleen tot jou eie skiet beperk word nie. Lees wind vir ander of hou ander skut se skote dop met jou teleskoop op die mirage gefokus. Dikwels verander die mirage so vinnig en gereeld dat jy in staat moet wees om so vinnig moontlik moet vuur wanneer die miragevloei ooreenstem met jou visierverstelling. Dit is nooit te vroeg om te begin nie. .

Gevolgtrekking:

1. Mirage kan  op gereken word indien die oorheersende wind oor die hele baan dieselfde is of dit van voor of ? agter is. Rigtingveranderinge sal meer akkuraat deur die teleskoop ge?lees? word. Die feit dat mirage gesien in die tweede helfte van die baan, d.i. nader aan die teiken, sal nie die lees van verandering in rigting beinvloed nie. Bv. Links vloei, ?kook?, regs vloei en terug. Dieselfde inligting kan nie vanaf vlae gekry word tensy jy langs ?n ry vlae l? nie.
2. Mirage is ook betroubaar vir dwarswinde as die wind konstant is oor die baan en van lae spoed, niks meer as s? 12 km/h. (Matig)
3. Wanneer afgerig of g?eksperimenteer word mag daar dalk tyd wees om bykomende inligting te bekom van die teleskoop deur te fokus en op te lyn op verskillende plekke. Dit kan ook gedraai word om reg in die wind te kyk totdat dit ?kook? , wat dan die windrigting sal aandui. Ons kan ook vasstel of mirage nader aan die l?plek verskil van die nader aan die teiken.
4. Afwesigheid van mirage. Op baie bane, as gevolg van die terrein, posisie van die son, tyd van die dag, teenwoordigheid van donker wolke, ens. is mirage nie teenwoordig nie. Dan is windvlae onmisbaar.
5. Moenie net op die vlae en/of mirage staatmaak nie. Jy mag dalk ?n baan besoek wat onvoldoende vlae het, flenters vlae of wat aan die paal gekoek het. Valleie of dowwe lig kan veroorsaak dat die mirage baie dun is of afwesig is. Dit kan re?n en die vlae kan nat wees en dus swaar en nie ligte wind wys nie. Wees oplettend, enige van die volgende kan help: ROOK, BEWEGENDE BOOMTOPPE, BLARE, BEWEGENDE GRAS, RIGTING VAN Re?N, BEWEGING VAN BOSSE, KLANK VAN WIND, VERHOOGTE GEVOEL VAN WIND OP ORE, NEK, O? EN WANGE.
6. Om op te let op ander skuts se skote kan voordelig wees om te voorspel wat jy te wagte kan wees. Om plakkies op die buurteiken dop te hou kan jou help ook van die wal in die sloot. Dit is beter om ?n ervare goeie skut se skote dop te hou of nog beter om ?n oorsig oor die 6-8 teikens rondom jou te doen net voor jy skiet.

Opsomming:
A Mirage vir ?fishtail?
B Vlae vir dwarswind.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Mirage

Post by Jakkalsgat »

Voorwaar interesante leesstof
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
Varminter-308
Full Member
Full Member
Posts: 219
Joined: Mon Nov 05, 2012 2:02 pm

Re: Mirage

Post by Varminter-308 »

Baie intresant.
CZ 550 Varmint Laminated '308

Hou die lood in die lug....!!!!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Mirage

Post by Gerhard »

Genl Piet Joubert op n warm somers dag nadat dit die vorige aand lekker gereen het...

Dan word mirage lekker sports.

SWC-TR het dit briljant op gesom.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Mars67
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm

Re: Mirage

Post by Mars67 »

Gerhard wrote: Genl Piet Joubert op n warm somers dag nadat dit die vorige aand lekker gereen het...

Dan word mirage lekker sports.

SWC-TR het dit briljant op gesom.
Ja-Nee daardie Genl. Piet Joubert kan baie ongeskik wees met jou!! Ek het al gesien dat die mirage een kant toe loop en dan skiet ek ander kant toe uit. Ek moet dadelik bys? dat die trajek van die voorlaaier baie ho?r is en dat op die langer afstande jou koe?l heelwat bokant die vlae en dit wat jy kan sien van die mirage in jou spotting scope draai.Op 900m is die hoogste punt van die trajek meer as 11 meter. In sulke kondisies wonder mens dan soms of jy nie maar moet oorskakel na moderne tegnologie toe nie. :-)

Jy kan maar luister na wat Schalk s?. Die man mag maar!
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Mirage

Post by Piet Breedt »

Mirage vat baie kennis en ervaring om reg te lees. Ek het dit al n hele paar keer spot on gekry in die verlede, maar lees dit kort kort ook maar vrot. Ek het nou onlangs by die Noord Kaap ope op n voltal gestaan, en op een baan (Blesbok) op so 240m afgemik vir die mirage, en n nul geskiet op daardie baan. My skote het presies gesit waar ek gemik het, op die oor se basis.

Mirage reg van voor en reg van agter is besonder moeilik om reg te lees.
Post Reply