Rooibye

Post Reply
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Rooibye

Post by Skolla »

Kan iemand my s? waarvoor is rooibye op die aarde?
Het hulle enige doel?
Wat eet hulle?
Waarvoor is hulle goed?
Op hierdie staduim glo ek hulle is goed vir niks!
Behalwe natuurlik dat hulle moer seer steek.
Ek vermoed rooiby is dalk n streektaal woord, weet nie wat hulle op ander plekke genoem word nie.

NS. Wou eintlik die topic onder probleemdiere gesit het.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Rooibye

Post by Beretta »

Skolla
Hulle moet daardie rooi gevaar in die parlement en op die stakers loslaat. As hy jou steek vergeet jy van alles wat jy wou doen  ;D  ;D ;D
Beretta
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Rooibye

Post by Beretta »

Oom Pine
;D ;D ;D ;D sonder heuning
Beretta
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Rooibye

Post by Beretta »

Oom Pine
Ek sien daardie ding  ;D ;D ;D
Beretta
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Rooibye

Post by Louis102 »

Beretta wrote: .... As hy jou steek vergeet jy van alles wat jy wou doen  ;D  ;D ;D .....
Di? is darem doodseker!  Hulle het my al 'n paar maal gepiets en verstaan heeltemal dis nie iets om oor te lag nie, maar eendag op die golfbaan kon ek nie help om te lag nie.  'n Vriend van my was se dryf was ietwat in die bosse in.  Hy probeer toe daar uitspeel maar op sy back-swing kap hy toe so rooiby nessie raak en twee van hulle val agter by sy hemp se kraag in.  Julle moes daai man sien perform!  Dit was sulke reuse tre? met sy hol wat so in die hol ingetrek word terwyl hy hemp afpluk in die selfde beweging.  Die rooies het hom seker sewe of agt houe gekap, alhoewel ek hom jammer gekry het, kon ek en die ander in die vierbal nie help om te l? soos ons lag nie.
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Rooibye

Post by tripodmvr »

Deur die jare wat ek moes katbosse afkap om my meetwerk te doen is ek menigmale deur die rooi perdebytjies gesteek. Net soos met gewone bye is ek nou so allergies vir hul steek dat ek na dit gebeur het so gou as moontlik medikasie moet kry.

Paar jaar gelede doop die predikant sy seun en ons sit die kerk vol. Dit was nou al Meimaand en redelik koel. Gaan sit ek en ma op ons gewone gestoeltes. Na so ruk voel ek 'n warm gevoel teen my bobeen, maar weens die geweide musiek en atmosfeer steur ek my nie daaraan nie. Met die 2 de eina vryf ek met my hand en voel toe dat ek iets raak. Loer op die grond en daar l? die wetter. Verskoon my toe net daar uit die diens en ry noodapteek toe. Kry toe anti-histamien en kursus antibiotika. Het maar deur die week gestoei met 'n been wat vaatjie rond geswel het en so rooi soos 'n volstruis s'n gelyk het. Loop dus maar katvoet en vermy dat die' mannetjies jou piets.

Pine, ek het nog nie die warm water gebruik nie, maar het altyd rooi spuitverf by my om penne en klippe te merk vir uitkenning. As sy vlerke eers nat is ken hy het kamikaze grond toe.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Rooibye

Post by Foxcreek »

'n Lighter en 'n blik Doom!!!!!!!!!!!!!! Dis hoe ek hulle terugkry.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Rooibye

Post by Kalahari »

Ek wag tot hulle gaan "doeks" in die aand, bekruip dan vir hulle met 'n lang stok/pyp met lap en lampolie voor op die pyp en steek hulle onder die vuur. Ek's lekker allergies vir amper alles, so ek is maar katvoet vir hulle.
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Rooibye

Post by Skolla »

Tripod
Ek is nie so seker ons praat van dieselfde bye nie, as hierdie wat ek van praat jou steek, al is dit ook in die kerk kry jy nie net n warm gevoel nie, behalwe miskien in jou broek ;D, en jy s? ook gewoonlik iets wat ook nie in die kerk sal pas nie. Hy steek moer seer, ek vermoed dit voel dalk so as jy geskwes word. :P

Fanie
n Baie bekende man hier by ons, Daanjie Weerlig, het eendag ges?, nadat die Cheetahs weer sy skaap gevang het.
"Hulle is vir niemand iets werd nie" en ek moet erken behalwe dat hulle mooi is sien ek ook nie eintlik dat hulle vir iets aangewend kan word nie.
Al wat ek eintlik hiermee bedoel is dat ek weet nie waarvoor enige rooiby goed is nie,
Het gehoop hier is dalk iemand wat weet waarvoor hulle goed is.

Skolla
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Rooibye

Post by tripodmvr »

Skolla wrote: Tripod
Ek is nie so seker ons praat van dieselfde bye nie, as hierdie wat ek van praat jou steek, al is dit ook in die kerk kry jy nie net n warm gevoel nie, behalwe miskien in jou broek ;D, en jy s? ook gewoonlik iets wat ook nie in die kerk sal pas nie. Hy steek moer seer, ek vermoed dit voel dalk so as jy geskwes word. :P
Die perdeby wat my beseer het was half verkluim. Vereeniging is nie jou maat as dit winter word nie. Sy reaksies was dus stadig en hy het in stadige aksie my gepiets. In die somer is so steek soos verlamming wat jou eers oorval, gevolg deur die wilde weghollens.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply