Wat is fout?
- Tiny
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm
Wat is fout?
Hallo almal.. Ek het die naweek die CHASA kursus gedoen.. Terwyl ek nog lesings gekry het, het my pa probeer om my geweer in te skiet, maar ons sukkel al van laas naweek af om die geweer in te skiet.. Op die ou end moes ek my broer se geweer vat want myne: Groepeer nie, my pa se die scope sit skeef en ek se dit sit reg, en hy skiet links en regs nes hy wil, al stel ek die scope.. Kan iemand dalk asb raad gee.. Want ek weet nie wat om te doen nie..
Groete deurmekaar Tiny..
Groete deurmekaar Tiny..
-
JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: Wat is fout?
Tiny
Probeer n ander scope en kyk of hy positief reageer op die verstelings,as dit nie jou scope is nie,dan weet jy dit is die geweer.
Kyk ook of die skroef in jou magasynkas mooi styf vas is,baie keer is die ding los en veroorsaak dit dat jy bont skiet.
As jou geweer nie voorheen bont geskiet het nie,kan dit net n klein probleem wees soos jou scope of as jou geweer se loop vryhang,kyk of daar nie dalk n klippie tussen die loop en die kolf ingeval het nie,dit kan ook n probleem wees.
groete johan

Biebers
Need for speed
Need for speed
- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: Wat is fout?
Tiny
As ek so kyk na die probleem wil dit voorkom asof dit die scope kan wees. Het in die verlede ook so 'n geval gehad let wel dit was 'n Remington. Die prentjie verander aansienlik indien jou geweer 'n 243 is dan dink ek moet jy begin kyk na die geweer

Sterkte
Knou goggas af
MEERKAT

Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Wat is fout?
Meerkat
Almal het maar hulle eie opinies, en ek weet daar gaan groot manne vir my kwaad wees, maar my pa haat 'n 243 nes hy 'n landrover haat! Tiny skiet met 'n 7x57 Bruno. Nie eintlik 'n papierskiet geweer nie, maar Boetie kom reg met hom tot op 300m en het my al 'n paar keer in die stof laat byt.
Boeta, lykmy daai scope van jou is beneek, nes myne beneek geraak het. Ons gaan mos darm oor twee weke bloem toe en dan kan ons by Willem Botha of Kloppers vir jou gaan kyk vir 'n scope nadat ons natuurlik die trofee weereens gewen het! Jy moet maar kyk in die kas vir 'n ander roer vir tyd en wyl. Jy moet maar Pa se 30-06 of die 6mm vat. Jy los net daai dikloop 308 van my uit!!!!
Dis nie sommer enige roer daai nie, hy is TOPKLAS! 
Groete uit 'n HEL warm Matieland

22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Wat is fout?
Tiny
Jy het al goeie raad gekry..........
Beginne ma van n kant af, haal jou scope af en maak seker jou basisse is nog mooi vas, hulle kom maklik los en kan n man lekker rondneuk.......
Terwyl jy nou die scope af het, haal jou geweer uit die hout, kyk vir alle klein goettertjies wat tussen jou hout en loop kon ingaan, sand, grassaadjies, kyk ook sommer dat die gedeelte wat bed, skoon en droog van olie is, dit kan oor die tyd daar ingaan soos jy jou geweer skoonmaak en veroorsaak hidroliese skok wat jou groepe kan omvergooi, vee mooi af met skoon lap en sit jou geweer terug in sy hout.
Nou trek jy jou voorste skroef so vas soos jy kan. Sit nou jou agter skroef in, draai hom stadig al vaster, as jy sien dat jou aksie beweeg solank jy hom vasdraai, moet jy na jou bedding laat kyk, dan bed hy nie mooi gelyk nie en het jou aksie spanning op, geen geweer skiet met spanning op die aksie.
Maak jou geweer mooi skoon, haal al die koper uit die loop. As jy dink hy is skoon, sit n nuwe lappie sommer net so oor die punt van jou skoonmaak stok en stoot dit in die loop op tot so .75" van voor, gaan staan nou buite in die son en draai die geweer so dat die son van die kant af in die loop skyn, as jy nog nie mooi kan sien nie, beweeg die stok bietjie in of uit tot die sonlig mooi van jou lappie af weerkaats en dit lyk of die loop van binne verlig word, dan kan jy duidelik die rooi/geel koper strepe sien tussen jou groewe. Maak hom skoon totdat hy blinkwit is tussen jou groewe.
Sit jou teleskoop op en skiet hom so 3-5 skote. Hierdie is maar net om weer die loop vuil te maak en weer n bietjie koper te laat pak,ook om seker te maak jou geweer skiet darem waar jy korrel, onthou alles was uitmekaar en moet nou eers weer settle. Gewoonlik is n skoon loop se snelhede laer en gaan jy dan ook n ander POI kry.
Skiet nou jou geweer so 2 skote op 100, stel jou scope 10 tikke links, skiet weer 2 skote, stel 10 af, skiet weer 2 skote, stel 10 regs, weer 2 skote en dan 10 op, en weer 2 skote, hierdie laaste twee skote moet bo-op jou eerste twee skote land, as dit nie gebeur nie, is daar virseker fout met jou scope. As jy n lekker groot teiken het kan jy bietjie meer per geleentheid stel, maar moet jou eerste en laaste skote op dieselle plek val, anders is daar fout met jou scope se "tracking" en sal hy nie positief reageer op verstellings nie. As dit vir jou lyk die scope in die probleem, vervang met n scope wat jy weet reg is en sien of die geweer dan groep.
Lekker krap en skoonmaak, hierdie is net so n lekker deel van gewere as die skiet, en as jy hom gewen het, is dit volgende keer soveel maklikker om daai fout te gaan soek, onthou egter om NOOIT te aanvaar dat iets reg is nie, bv. scope mounts is vas, gaan kyk en maak seker.
Lekker skiet, jy het n bul kaliber, niks fout met hom nie, n oom met die van BELL het meer as 1000 olifante met so n geweer geskiet. Ek het ook een en is BAIE vrede met hom.
Mooi loop
Francois

Joh.. Baie dankie oom.. Ek gaan dit definitief probeer. My tyd is net 'n bietjie min, want ek gaan oor 2 weke Bloemfontein toe en ek is in die koshuis.. Ek gaan maar vir my pa vra om te kyk of hy dit kan doen vir my.. Paul, ek kan dalk nie met die 30-06 skiet nie, want Pa gaan dalk ook skiet.. Pa se die scope is dalk los, maar dit voel nie so nie en die mounts se skroewe is met lock tight of so iets geplak.. Ek is tevrede met my scope, maar ek moet bieg as dit nie vir daai 16 vergroting van jou was nie, sou ek dit nie gemaak het nie.. Net nog 'n vraag.. Kan dit my knaldemper wees wat die probleem is? My geweer het nie 'n floating barrel nie so daar kan nie 'n klippie in wees nie, maar dankie vir almal se raad..
Groete
Groete
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Wat is fout?
Tiny
Dit kan jou KD ook wees, maar as hy in die verlede reg was en hy het nie BAIE skote deur hom nie, nie sommer nie. As hy soveel corbon gepak het dat jy sy binnekant beginne raak, is daar n probleem, maar jy sal dit onmiddelik aan die klap agterkom, en jy gaan op 100 sommer die hele teiken mis of m patroon dwars in die teiken kry.
My voorstel, beginne by jou scope en sy mounts en basisse.

Last edited by Francois Marais on Sun Feb 28, 2010 11:08 pm, edited 1 time in total.
-
JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: Wat is fout?
Tiny
Ja dit kan jou knaldemper wees,
myne het ook sy poi rondgeskiuf,maar net as jy hom afhaal en weer opsit so:as jy hom opdraai en sy poi het verander stel jy hom net met n klik oof drie dan is hy weer reg,maar jy se joune skiet regs en links,so ek dink nie dit is jou knaldemper nie.
groete johan
Ja dit kan jou knaldemper wees,
myne het ook sy poi rondgeskiuf,maar net as jy hom afhaal en weer opsit so:as jy hom opdraai en sy poi het verander stel jy hom net met n klik oof drie dan is hy weer reg,maar jy se joune skiet regs en links,so ek dink nie dit is jou knaldemper nie.
groete johan
Biebers
Need for speed
Need for speed
- Tiny
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm
Re: Wat is fout?
Baie dankie almal.. My pa gaan nou more na 'n oom toe om bietjie julle raad te volg.. Die oom het 'n ekstra scope wat ek vir tyd en wyl kan gebruik as myne verkeerd is.. Ek sal more aand my pa bel en vra hoe het dit gegaan.. Dan laat weet ek julle.. Dankie vir almal se raad.. Hoop net my pa kom more reg..
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Wat is fout?
Tiny ek sien jy het 'n klomp wonderlike raad ontvang. Ek wil nie verbeter nie net byvoeg dat ek sal seker maak my kd is behoorlik was. Ek het so tyd gelede my wapens met ander ladings gaan instel. Die wapen het great geskiet. Ek het toe besluit ek wil bietjie speel met my afstand naby en ver skote. Skierlik het my roer nie reg geskiet nie. hoe meer ek stel hoe minder wil dit regkom dan is dit links dan bo dan regs en so het dit gegaan. Nadat ek terug is 25m het ek gemerk my kd is los. Die ding....... As hy was is sal ek by my scope nagaan en kyk of die scope wel stel as ek hom verstel. Hoop jy kom reg Hoe het dit toe met die CHASA gegaan
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !

Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !

- Tiny
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm
Re: Wat is fout?
Ek het dadelik gekyk of my kd vas is, maar ek wou net weet of hy dalk 'n ander effek kon he.. Maar dankie vir die raad.. Die CHASA was toe eintlik nie so sleg nie.. Ek het toe met 'n .308 geskiet met patrone wat lyk of hulle eintlik in die 1ste wereld oorlog gebruik moes word.. Op die ou end kon ek darem die top score vir die dag skiet wat 36 was..
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Wat is fout?
Tiny
Ek het ook 'n 36, met daardie eintste roer warmee jy nou so sukkel, nog op die ou CHASA geskiet. (Dit was voor daardie Badge's uitgekom het wat soos 'n kondoom of tietiebottel lyk)

Ek hoop maar jy kom reg!
Ek kan nie wag om Bloem toe te gaan nie! "Die Ding wil dorp toe!
" (Wyse woorde van Oom Chris Kemp)
Groete
Ek het ook 'n 36, met daardie eintste roer warmee jy nou so sukkel, nog op die ou CHASA geskiet. (Dit was voor daardie Badge's uitgekom het wat soos 'n kondoom of tietiebottel lyk)
Ek hoop maar jy kom reg!
Ek kan nie wag om Bloem toe te gaan nie! "Die Ding wil dorp toe!
Groete
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
- Wielie Waps
- Hero Member

- Posts: 869
- Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am
Re: Wat is fout?
Tiny
Dit gebeur ook dat jou geweer nie sal groepeer as die kroon vuil is nie. Maak maar gereeld die kroon skoon. Daar pak baie "residue" aan as jy 'n KD gebruik.

Geroer-nie geskud nie
- Tiny
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm
Re: Wat is fout?
Ok.. My pa het vandag met die geweer geskiet.. Hy het die geweer so skoon as moontlik gemaak en seker gemaak dat die scope vas is.. Hy het die scope probeer in stel maar dit het nie gewerk nie.. Op 100m het hy bo-oor die teiken geskiet en die scope kan nie nog af stel nie.. Toe sit hy 'n ander 2de handse scope op en al die probleme was op gelos.. Geweer groepeer weer en scope is regop.. So baie dankie vir almal se raad, waardeur dit baie.. Groete tiny..
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Wat is fout?
Tiny
eks bly boeta! jy kan nie nou die span in die steek laat nie! Ons het 'n titel om te gaan verdedig! Oja, ek het vandag my eerste toets GESLAAG! haha! ja, die eerste een het nie so goed afgegaan nie (hulle se jy moet HER om 'n Matie te wees!)
ahahaha!
Ponkie
eks bly boeta! jy kan nie nou die span in die steek laat nie! Ons het 'n titel om te gaan verdedig! Oja, ek het vandag my eerste toets GESLAAG! haha! ja, die eerste een het nie so goed afgegaan nie (hulle se jy moet HER om 'n Matie te wees!)
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
- Tiny
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm
Re: Wat is fout?
Haha.. Ai broer.. Maar ek is net bly als is nou uit gesort.. Pa het vir my 'n 3-9x40 Lynx opgesit van oom Danie.. Dan wil pa vir my 'n scope soos joune koop, want daai 16 vergroting kan 'n vlieg op 200m sien! Maar ek wil nog by daai ander topic gaan vra watter scope beveel die manne aan..
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Wat is fout?
Tiny leker om te hoor die roer is nou weer 100.
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !

Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !

- Tiny
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm
Re: Wat is fout?
Dankie Theedge.. Ek kan nie vir julle beskryf hoe bly is ek nie.. Ek wil nou net plaas toe gaan dat ek 'n skoot of 3 kan gaan skiet om weer vertroue in die roer te kry, want ek het nie veel vertroue in die geweer en myself gehad toe dit so sleg gegaan het nie.. Maar dit sal ongelukkig nog 'n week moet wag..
Groete Tiny..
Groete Tiny..