sukkel met scope

Post Reply
hendre calitz
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Sun May 13, 2012 8:09 pm

sukkel met scope

Post by hendre calitz »

Ek het vir my n rudolph 4x16x50 scope so 3maande terug oor die internet gekoop.Het voorheen met n lynx geskiet wat se kruishaar baie fyner was as die rudolph sin.Ek sukkel om met die rudolph (wat se kruishaar baie dikker is)dieselfde groepering te kry, alhoewel sy beeld baie duidelik is.Is daar iemand wat ook met n rudolph skiet en wat dink julle van die scope,en of julle dit gebruik om jakkals mee te jag.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: sukkel met scope

Post by tripodmvr »

Vir ouer o? en jag is dik kruishare nie altyd 'n probleem nie. Jy tel dit makliker op en veral in die nag as hulle nie verlig is nie.

Om groepering te verbeter kan dit help om die blok wat jy na mik ook groter te maak. Probeer iets wat lyk soos treinspore wat kruis en maak hulle sodat die kruishaar net-net binne hulle pas met 'n wit strook wat beide kante net verskyn. So kan jy beter die kruishaar verwys.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: sukkel met scope

Post by Eugene »

tripodmvr wrote: Vir ouer o? en jag is dik kruishare nie altyd 'n probleem nie. Jy tel dit makliker op en veral in die nag as hulle nie verlig is nie.

Om groepering te verbeter kan dit help om die blok wat jy na mik ook groter te maak. Probeer iets wat lyk soos treinspore wat kruis en maak hulle sodat die kruishaar net-net binne hulle pas met 'n wit strook wat beide kante net verskyn. So kan jy beter die kruishaar verwys.
+1!
Aim small, miss small
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1611
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: sukkel met scope

Post by blaser »

Rudolf is nie n scope wat met n lynx of enige goeie  scope  vergelyk kan word nie
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: sukkel met scope

Post by LUAN »

tripodmvr wrote: Vir ouer o? en jag is dik kruishare nie altyd 'n probleem nie. Jy tel dit makliker op en veral in die nag as hulle nie verlig is nie.

Om groepering te verbeter kan dit help om die blok wat jy na mik ook groter te maak. Probeer iets wat lyk soos treinspore wat kruis en maak hulle sodat die kruishaar net-net binne hulle pas met 'n wit strook wat beide kante net verskyn. So kan jy beter die kruishaar verwys.
+1
Jy moet jou teiken aanpas by die tipe scope waarmee jy skiet die dag. n Goeie een vir n lae vergroting scope of scope met dikker kruishaar is die benchrest diamond.
http://www.reloadbench.com/pdf/files/XL ... iamond.pdf
Last edited by LUAN on Mon Nov 05, 2012 8:48 am, edited 1 time in total.
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: sukkel met scope

Post by Reggie Gerber »

Remmington 

Het jy n Rudolph of hoekom maak jy daai stelling.

Reggie
CZ 200s Hunter PCP
baikel shotgun
.22lr Bruno
204R Howa
223Ai Howa
243 Howa
243 Savage Axis
308 Bruno
CZ 75 PO7 Duty 9mm
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: sukkel met scope

Post by JACQUES BOTHA »

Remmington
Ek lees 2 stellings in daai sin
1. kan hom nie met n lynx vergelyk nie... (dalk lees ek selektief)
2. EN ---OF ENIGE GOEIE SCOPE  ek is bly jy tref onderskeid met die twee as n feit.
Dalk is die rudolp ook n goeie scope..
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: sukkel met scope

Post by Louis Kriel »

remington wrote: Rudolf is nie n scope wat met n lynx of enige goeie  scope  vergelyk kan word nie
Remington vertel meer, het jy 'n Rudolph op van jou gewere, maw maak jy 'n ingeligte stelling? Of is dit jou eie oningeligte opinie?
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: sukkel met scope

Post by johnny »

wil ook weet.

groetnis

Johnny
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno,  .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: sukkel met scope

Post by Henry 7 »

Hendre het die ouens van Rudolph gekontak en gevra of hy hom nie kan inruil op 'n ander Rudolph met 'n dikker kruishaar nie en hy is bereid om die verskil in te betaal so hy was nie ontevrede met die gehalte nie.
Probleem is nou dat hy niks weer van hulle hoor nie so vir naverkope diens lyk dit nie so lekker nie.
Henry
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: sukkel met scope

Post by Stefan764 »

tripodmvr wrote: Vir ouer o? en jag is dik kruishare nie altyd 'n probleem nie. Jy tel dit makliker op en veral in die nag as hulle nie verlig is nie.

Om groepering te verbeter kan dit help om die blok wat jy na mik ook groter te maak. Probeer iets wat lyk soos treinspore wat kruis en maak hulle sodat die kruishaar net-net binne hulle pas met 'n wit strook wat beide kante net verskyn. So kan jy beter die kruishaar verwys.
Goeie raad hier van oom Marius.

Henry ek sal ook n versoek aan Rudolph stuur, hulle is gewoonlik baie behulpsaam en flink met hulle naverkope diens.

Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: sukkel met scope

Post by Vlakvark »

Henry 7 wrote: Hendre het die ouens van Rudolph gekontak en gevra of hy hom nie kan inruil op 'n ander Rudolph met 'n dikker kruishaar nie en hy is bereid om die verskil in te betaal so hy was nie ontevrede met die gehalte nie.
Probleem is nou dat hy niks weer van hulle hoor nie so vir naverkope diens lyk dit nie so lekker nie.
Henry


Henry7
Dit is nie so maklik soos ek sal die verskil inbetaal nie. Wat moet Rudolph nou met daai scope wat hy terug kry maak gaan Jy of iemand anders hom nou weer koop as nuut, is daar merke op hom of nie

Dalk sal Rudolph dit doen dit sal goed wees vir hom, veral op die Forum gaan dit goed lyk. Ek het my eie besigheid en net omdat ons ons eie besighede het beteken dit nie ons kan net ons geld rond gooi nie. veral sekere tye van die jaar is daar geld ander tye is die moeilik, vir hom seker goed in die jag seisoen en minder goed buite seisoen

Ek voel as die man tevrede is met die produk ,moet hy hom eerder verkoop en 'n nuwe een koop en self daai nok vat (skool geld ) is wat mens dit noem

Sory maar dit is hoe ek daar oor voel  Huiswerk ,huiswerk ,huiswerk


Was die probleem nie juis die kruis is te dik nie
Last edited by Vlakvark on Mon Nov 05, 2012 1:01 pm, edited 1 time in total.
Image
Image
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: sukkel met scope

Post by Vlakvark »

Mooi man  Rudolph
Image
Image
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: sukkel met scope

Post by Henry 7 »

Vlakvark
Ek gaan nie met jou in 'n argument klim nie-Hendre bly hier naby en hy het my daarvan vertel.
Ek het hom support oor hy 'n pel is en geen reaksie na 'n ruk gekry het nie.
Soos ons nou sien is daar 'n logiese rede gewees en die saak is opgelos.
Hy het die scope opgesit,gesien die kruis is nie wat hy wou h? nie,dit afgehaal en sy ou scope(Lynx) teruggesit.
Hy was ook bereid om in te betaal en het nie ges? hy soek 'n ander 1 en klaar nie.
Waar die geld rondgooi vandaan kom weet ek nie.
Hy het die beste gepad gevolg en eers gekyk of hy nie dalk kan regkom nie-jou opsie is ook 'n opsie na die 1ste opsie gevolg is.
Henry
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: sukkel met scope

Post by johans »

Henry 7 wrote: Vlakvark
Ek gaan nie met jou in 'n argument klim nie-Hendre bly hier naby en hy het my daarvan vertel.
Ek het hom support oor hy 'n pel is en geen reaksie na 'n ruk gekry het nie.
Soos ons nou sien is daar 'n logiese rede gewees en die saak is opgelos.
Hy het die scope opgesit,gesien die kruis is nie wat hy wou h? nie,dit afgehaal en sy ou scope(Lynx) teruggesit.
Hy was ook bereid om in te betaal en het nie ges? hy soek 'n ander 1 en klaar nie.
Waar die geld rondgooi vandaan kom weet ek nie.
Hy het die beste gepad gevolg en eers gekyk of hy nie dalk kan regkom nie-jou opsie is ook 'n opsie na die 1ste opsie gevolg is.
Henry
+1
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
hendre calitz
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Sun May 13, 2012 8:09 pm

Re: sukkel met scope

Post by hendre calitz »

Dankie vir julle insette manne,ek wil dit net duidelik maak dat ek glad nie Rudolph se scopes afkraak nie,inteendeel sal ek weer so 1 koop net met n ander kruishaar.Dis storie oor die skoolgeld betaal, stem ek nie heeltemal mee saam nie,daar is mos maar n verskil om n ding oor internet te koop en oor die toonbank.Ek is net bly Rudolph kan n ou help,dit se baie van hul Diens.
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: sukkel met scope

Post by Vlakvark »

Henry7

Ek bedoel nie om te baklei nie.Die geld rondgooi bedoel ek die besigheidsman het nie oneindigende fondse nie. As ons iets moet ruil verloor ons, so ons moet vir jou skoolgeld betaal

Soos ek reeds gese het wat maak die verkoper nou met daai 2de handse scope. Die verskil na die nuwe word wel betaal maar daai scope is nou 2de hands so die verkoper verloor

Ek weet waarvan ek praat. So maand terug installeer ek 'n airconditioner. Die man het die quote aanvaar ek het vir hom pamflette gegee oor 4 verskillende AC hy het die goedkoopste ge kies
Toe die masjien teen die muur sit . Toe wil sy vrou hom nie he nie want sy louvers kan nie vanself  heen en weer beweeg nie jy moet hom met die hand stel in die rigting wat jy hom wil he

Lang storie kort Hulle sal die extra inbetaal van die duurder masjien

Ek moes hom weer afhaal  4 ure se werk om te installeer ,2 ure om te verwyder  en weer 2.5 ure om die nuwe een se instalasie Dit is 4.5 ure se werk waarvoor ek nie betaal word nie.Plus 2de handse 5.2 kw aircon , wat as ek hom gaan verkoop kry ek teen 'n verlies moet doen
Of sal jy 'n nuwe een se prys betaal vir die een, Hy was net een aand in gebruik

En dan moet jy nog smile as die ou jou betaal
Image
Image
Post Reply