Sauer & Sohn .357 rewolwer vir jag?

Post Reply
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Sauer & Sohn .357 rewolwer vir jag?

Post by Martin Marais »

Ek kan bogenoemde rewolwer bekom. Dit is 'n enkelaksie rewolwer met 6" loop. My vraag is egter of ek hierdie wapen kan gebriuk vir handwapenjag,en of ek die lisensie aansoek ook as sulks moet motiveer. Ek het toegewyde jagter status. Wil graag hoor wat dink die manne van hierdie vuurwapen in terme van kwaliteit. Indien die kwaliteit nie na wens is nie,dan gaan ek nie my tyd mors met die aansoek nie.

Ek hoor graag.

Groete

Martin Marais.
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: Sauer & Sohn .357 rewolwer vir jag?

Post by Martin Marais »

Piet-Skiet

Baie dankie vir die terugvoer. Ken jy dalk hierdie fabrikaat? Ek wil baie graag meer uitvind rakende die kwaliteit van hierdie vuurwapen.

Groete

Martin Marais.
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: Sauer & Sohn .357 rewolwer vir jag?

Post by Martin Marais »

Piet-Skiet

Dankie.ek sal sommer hierdie week begin werk maak met die aansoek. Die handwapenjag ding jeuk nou al lank by my.
Post Reply