Marlese van Vuuren

Post Reply
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Marlese van Vuuren

Post by Cobus(Cobb) »

Al wat ek van haar weet is wat Nat Geo my op tv vertel en hulle is meestal sensasie soekende Greenies, so ek vat wat hulle wys en s? mmet 'n knippie sout.
Die girl, man en kind lyk dit my, het 'n animal welfare plek in Namibie...als goed en wel....

Maar word die diere nie hondmak nie??
Hie?nas word met die hand gevoer, bobbejane in die bed met bottels en doeke en word gebad, Wilde honde slaap in 'n kamer en eet uit 'n kosbak, Luiperds speel met kussings in die sitkamer,jakkalse se pense word gekielie, rooikatte word soos troeteldiere rondgedra, meerkaaie sit rond soos boemelaars, jagluiperds l? rond soos skoonheids modelle en vlakvarke loop daar rond soos mak diere....

Julle Nam manne, wie ken die girl? Wat behels haar werk alles? Is dit goed of sleg of net 'n TV spoof??
Ek weet oom Pine hulle het so 4 mak diere gehad op Selby se werf..

Wat is julle opinies?

Ek luister graag
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Marlese van Vuuren

Post by grumpy »

Tot die wild uit een van die diere kom dan moet almal vankant gemaak word.

Hulle wag vir n ongeluk om te gebeur.

Dis nie groenes, dis dommes!!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Marlese van Vuuren

Post by BRNO (Pierre) »

Nee wat Cobb, as ek reg is, is sy die girl met die jagluiperd wat een been verloor het. Ander aand sit ek en my vrou vreeslike mooi storie van die rehab en kyk, en aan die einde laat hulle toe nou drie of vier van die katte weer vry. Al vier binne paar maande geskiet as probleem diere, m.a.w. op die skaap.

Ek dink nie die mense maak reg nie.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Marlese van Vuuren

Post by Marc »

Wat was daai p@?l s? naam nou weer wat deur sy eie "hond mak" tier verskeur was  ??? Al daai hektare buite Philipolis kan baie eerder aangewend word om inheemse diere te beskerm  >:(

Daai Girl en haar man gaan nog lekker pak kry, watch this space  :D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Marlese van Vuuren

Post by wlm »

Iemand uit Namibie het teenoor my beweer dat die mense gerehabiliteerde diere in padreserwes vry gelaat het.
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Marlese van Vuuren

Post by G-force »

Ek het nie n opinie nie behalwe dat sy my maar ook kan oppas vir so n rukkie :)
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Marlese van Vuuren

Post by BRNO (Pierre) »

G-force wrote: Ek het nie n opinie nie behalwe dat sy my maar ook kan oppas vir so n rukkie :)
Ek mag dit dink, maar nie se nie. :angel: :angel: :angel:
Veiligheid eerste manne!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Marlese van Vuuren

Post by BRNO (Pierre) »

Fanie wrote: Gits, verbeel ek my of is van julle ook nou besig om groen te raak :o

Onthou wie het vir Adam die appel in die parra dys gegee ne'.... nee dit was nie die slang nie ;D
Ek sal myself maar verneder en vir n naweek groen word, dan gee ek vir Ge die geleendheid om die probleemdiere se galle te werk.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5153
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Marlese van Vuuren

Post by Pvdw »

Cobus ek het nou weer ?rens van die bus af geneuk :( :(

Wat het die dame met die 3 been jagluiperd gedoen dat sy so baie aandag hier kry??

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Marlese van Vuuren

Post by Cobus(Cobb) »

Peet, ek weetnie van tripod luiperd nie, ek weet maar net dit wat in my post staan..Ek wil hoor wat julle s?...will graag hoor of iemand in Nam haar ken..
Ek het 'n paar gedagtes oor dit wat sy doen, maar ek glo nie sy "heers" oor die diere nie ...ek dink sy meng in....of is dit dieselfde ding...wat s? jy..??

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Marlese van Vuuren

Post by BRNO (Pierre) »

Ek het maar so in die verbygaan genoem dat sy n tripot het. Dit is die een wat in die Golf advertensie gebruik word.

Cobus om jou vraag te antwoord: Ek dink well sy meng in.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5153
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Marlese van Vuuren

Post by Pvdw »

O nou verstaan ek. Ek dog daar is een of ander koneksie met haar en die groenes wat op die skou was maar ek het weer die kat aan die gat beet!!

Wat haar bedrywighede aan betref voel ek altyd dat daar 'n TE is. Ek ken ' vrou hier in Pta wat al wat voeltjie is red. Sy maak hordes mossies en duiwe ook groot. Nou volgens my is dit mors van tyd en enersie on sulke goed groot te maak as hulle vervuil is buite in ons tuine. Klink vir my die dame wat jy van praat neig ook in daai rigting.
Work to live, don"t live to work
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Marlese van Vuuren

Post by Henry 7 »

Ek ken nie al haar dinge nie-weet haar man is 'n veearts,sy praat Boesmantaal vlot en Angelina Jolie-hulle het al haar fencing vir die plek betaal.
Dalk moet ons ook so vir 'n naweek of so die diertjies se ore gaan krap!?
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Marlese van Vuuren

Post by Skolla »

Cobb wrote: Die girl, man en kind lyk dit my, het 'n animal welfare plek in Namibie...als goed en wel....
Wat is julle opinies?
Cobb

Sy is van nature n mens wat na aan die natuur is en al baie goeie goed vir diere gedoen het.
Probleem is net n mens moet lewe en daarom n inkomste h?.
So as jy wil geld in moet jy die regte geluide maak en die dade doen wat ander(skenkers) wil sien.
My opinie.

Skolla
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: Marlese van Vuuren

Post by foxripper »

Ek ken haar, sy was saam my op skool. Die besigheid kom al baie lank, ha pa het dit destyds begin toe sy nog kind was en die omie is intussen oorlede en sy het  maar net aangegaan daarmee.

Ek dink net partykeer, wonder wat gebeur "behind the scenes" met daai stout bobbejane, hul word seker goed gemoer .. :)
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Marlese van Vuuren

Post by Cobus(Cobb) »

Skolla wrote: So as jy wil geld in moet jy die regte geluide maak en die dade doen wat ander(skenkers) wil sien.
My opinie.

Skolla
.....tot die nadeel van die diere??
Ek weet nie Skolla, dis 'n bose kringloop.....die Groenis wil bobbejane in doeke sien, dis mos soos Lion King, diere "kry" pertsoonlikheid, daarom doen die "oppassers" van die diere dit meer en meer, en dan wil die mense meer en meer sien.....

Dis vir my "inmeng" en nie "heers" nie........Ek glo haar motiewe is reg, of was reg, ek weet nie.
foxripper wrote: Ek ken haar, sy was saam my op skool. Die besigheid kom al baie lank, ha pa het dit destyds begin toe sy nog kind was en die omie is intussen oorlede en sy het  maar net aangegaan daarmee.

Ek dink net partykeer, wonder wat gebeur "behind the scenes" met daai stout bobbejane, hul word seker goed gemoer .. :)
Bobbejane pakgee.....ek weet nie.....
Primate hoort weg van mense te wees,......

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Coenie (Swift)
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Tue Sep 14, 2010 11:05 am

Re: Marlese van Vuuren

Post by Coenie (Swift) »

Manne.....
Ek is op ander kant van die draad. Ja dat 'n mens moet grense stel en nie dat diere orals in jou huishouding moet wees ens voel ek sterk oor.
Dat sy diere rehabiliteer en probeer help en so haar pond vleis verdien sien ek nie mee fout nie. Dis vir baie manne op die forum oulik om saam met sy gesin na 'n plek te gaan en die kinders en vroulief speel te lekker met mak velddiere. Nou is dit reg, oulik en cute.
Wat maak veeartse dan anderste? (Hulle help en realibiteer en kyk baie goed na duur $$$ teelprojekte) Dis 'n besigheid en ek voel dit moet so gesien word.
Last edited by Coenie (Swift) on Fri Oct 05, 2012 9:56 am, edited 1 time in total.
.22 , 223 Vektor H5, 270 Savage Mod III FXP3, 12 Boor Mossberg, 9mm Vektor SP1 Sport
User avatar
Yousuf
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Thu Mar 15, 2012 11:34 am

Re: Marlese van Vuuren

Post by Yousuf »

Last edited by Yousuf on Fri Oct 05, 2012 8:40 am, edited 1 time in total.
Do not disappoint a person who holds a good opinion of you, and do not make him change his opinion.
User avatar
namhunt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 387
Joined: Mon Aug 17, 2009 3:44 pm

Re: Marlese van Vuuren

Post by namhunt »

Hier is hulle website.

http://www.naankuse.com/
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Marlese van Vuuren

Post by Chevvy SS »

Jy kan 'n wilde dier nooit makmaak nie; ?rens kom sy natuur na vore en dan jy. Kyk maar hoeveel mense is al gedood deur sogenaamde mak diere.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Marlese van Vuuren

Post by Louis Kriel »

Haar man lyk na n aangename ou, het een aand gehoor hy se: iets van nou ja nous ons klaar nous die "greenies" ook happy! Gewone boer...ek dink.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Marlese van Vuuren

Post by Chevvy SS »

Sover ek weet is hy 'n dokter.
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Marlese van Vuuren

Post by JK »

Die antie het n groot hart en veramel al die werpsel wat moes geverk het. Haar  Ma is die eienaar van Harnas, so sy het maaar so groot geword. Selfde storie daar. Alle sagmoedige boere tannies bring die goed vir haar en sy pamperlang hulle.  So en dan los hulle die goed iewers en dan beland hulle op n boer se plaas wat dan plan maak met die goed. En dan is al die groenes kwaad.  Haar man is n mediese dokter, en moet seker maar saam gaan met haar wense. ;) 

Maar hulle maak seker genoeg geld uit die film maatskapye en groenes, wat dink dit is al manier wat die natuur kan beskerm word. As jy sien wat hulle daar by Nankuse vermag het in n kort tyd, maak hulle seker goed geld.

Rondom hulle is maar gewone vee plase, hoofsaklik  bees, en ek hoor nie dat die ouens kla nie, so hulle hou die goed seker redelik agter heinings, soos in n zoo.  Nie my cup of tee nie!


 
Last edited by JK on Thu Oct 25, 2012 8:23 pm, edited 1 time in total.
Johan Kriel
Okahandja
Post Reply