Langafstand Veldskiet Reels.

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Langafstand Veldskiet Reels.

Post by BLOK »

Daar is hy nou kan ons lekker reels skep.

Hier is wat ek in gedagte het kom ons gesels maar daaroor en skaaf hom dat hy lekker kan werk.

1. Ek dink ons hou vir eers die kompetiesie net vir Jaracal lede.

2. Wat afstande betref dink ek om die kompetiesie aan die gang te kry en soveel moontlik deelnemers te akomodeer moet ons hom nie te ver maak. Ek dink daar is baie manne met gewone gewere wat bitter akuraat is en ook sal wil deelneem. Dit is tog waaroor die skiet sal gaan opleiding vir beter skuts. Ons weet dat tot 600m redelik nog maklik is, en verder afstande beginne die faktore dit moeiliker maak. Dus sal ek reken ons hou die skiet vir nou so op 800meter maks. As die kompetiesie lekker spoed optel en genoeg belangstelling toon kan ons altyd later n tweede skiet kategorie inbring vir meer gevorderde skuts met al die fancy gadget en toerusting.

3. Gond grote dink ek tot 500m hou ons dit 200mm, 500 tot 800m maak ons dit dalk 300mm maak. Ek weet nie ons moet ook die kostes vir eers laag hou so Piet noem dat hy reeds gonge het, ek reken vir n eerste kompetiesie kom ons hou dalk eers daarby voor ons geld bestee wat moontlik later onnodag gaan wees.

4. Wat afstand skatting betref. Ek dink vir n begin kan ons maar die afstande gerange gee. My rede - ek dink as ons te veel tegnies gaan inbring gaan daar n baie groot opeenhoping plaasvind en sal die skiet dalk oor twee dae gedoen moet word. Of ek hom nou range en of die skut hom nou self range wat is die verskil RF gaan selfde lesing gee.

5.Windmeters en ballistiese bybehore. Ek dink dit moet toegelaat word.

6. Spotters kan volgens my ook gebruik word.

7. Hoeveelheid skote dink ek moet ons kyk na die moeilikheids graat van die teiken. 500m in n oop vlak is glad nie moeilik nie, maar 500m teen n helling afdraand skiet is n ander storie. Ook moet in ag geneem word dat langafstand skote n redelike tyd per skoot kan neem en as elke skut 10 skote op n teiken moet vat gaan ons nooit klaar kry nie. Ek sou reken nie meer as drie skote per gong nie.

8. Skietposiesie. Ek dink elke skut kan self besluit watter posiesie hy op n teiken wil gebruik, onthou hierdie is lang afstande in om n goeie jag skoot op n lang afstand te skiet in die veld gaan die skutdie beste posiesie gebruik om n eenskoot doodskoot te skiet. Wild wat op so ver afstand geskiet word biet gewoonlik ook genoeg tyd om die posiesie reg te kry.

9.

Weet nie help aanlas en skaaf aan die reels.

Piet

Hierdie kompetiesie spook ook met my in my slaaptyd.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Langafstand Veldskiet Reels.

Post by Jaco Swart »

Blokkie.

Hoop dit gaan goed.

Het jy al 'n plek in gedagte waar jy dit wil hou?

Wat van die manne met die Ballistic Turrets? Mag jy met dit skiet?

Groetnis
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Langafstand Veldskiet Reels.

Post by BLOK »

Jaco

Oom piet het genoem hy het die regte plek om dit by hom te reel. Soos ek gese het wardeer ek sy offer en dink ek hy is net die regte persoon ook om met die tipe skiet te help reel. Ek dink ons moet dit nie in my of sy hande los om te reel nie maar n gesamentlike poging maak vir almal van die forum.

Wat turrets betref dink ek jy kan skiet met watse scope jy wil en stel soos jy wil.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Langafstand Veldskiet Reels.

Post by Koos Barnard »

Dags?
Daar sal mooi besin moet word oor die hoeveelheid tyd wat toegelaat word om elke gong te skiet asook die aantal skote. As ek na die jaggeweerkompetisies kyk, vind daar soms 'n groot opeenhoping van skuts plaas by die gonge omdat jy net een persoon op 'n slag kan hanteer. Op plekke/kompetisies waar daar twee of meer gonge op elke afstand geplaas is gaan dit altyd baie vinniger. As jy min deelnemers het is meer tyd OK. Miskien moet so 'n gongskiet twee of meer bane h?. Almal moet al die bane skiet, so as jy roteer kan jy meer mense besig hou en meer per dag laat skiet.

Dankie aan almal wat so fluks al die goeie bydraes tot dusver gemaak het.
Mooi loop
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Langafstand Veldskiet Reels.

Post by Marc »

Ludwig

Gaan julle nie die deur oop los vir n 375 ietsie nie  :D. Of sal hulle die gonge bietjie afknou  :-\

Dinge lyk mooi  8)

Mooi loop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Langafstand Veldskiet Reels.

Post by BLOK »

Hier is wat ek in gedagte het kom ons gesels maar daaroor en skaaf hom dat hy lekker kan werk.

1. Ek dink ons hou vir eers die kompetiesie net vir Jaracal lede.

2. Wat afstande betref dink ek om die kompetiesie aan die gang te kry en soveel moontlik deelnemers te akomodeer moet ons hom nie te ver maak. Ek dink daar is baie manne met gewone gewere wat bitter akuraat is en ook sal wil deelneem. Dit is tog waaroor die skiet sal gaan opleiding vir beter skuts. Ons weet dat tot 600m redelik nog maklik is, en verder afstande beginne die faktore dit moeiliker maak. Dus sal ek reken ons hou die skiet vir nou so op 800meter maks. As die kompetiesie lekker spoed optel en genoeg belangstelling toon kan ons altyd later n tweede skiet kategorie inbring vir meer gevorderde skuts met al die fancy gadget en toerusting.

Ludwig - Ek dink afstande moet op 400m begin, tot 800m maksimum vir nou. 'n Kopskoot simulasie op 300-350m kan ook mooi werk, mits die gong klein gehou word. 100mm maksimum sou ek dink.

3. Gond grote dink ek tot 500m hou ons dit 200mm, 500 tot 800m maak ons dit dalk 300mm maak. Ek weet nie ons moet ook die kostes vir eers laag hou so Piet noem dat hy reeds gonge het, ek reken vir n eerste kompetiesie kom ons hou dalk eers daarby voor ons geld bestee wat moontlik later onnodag gaan wees.

4. Wat afstand skatting betref. Ek dink vir n begin kan ons maar die afstande gerange gee. My rede - ek dink as ons te veel tegnies gaan inbring gaan daar n baie groot opeenhoping plaasvind en sal die skiet dalk oor twee dae gedoen moet word. Of ek hom nou range en of die skut hom nou self range wat is die verskil RF gaan selfde lesing gee.

Ludwig - maar ek dink ons moet maksimum 2 skote per gong gee, waarvan die eerste skoot 'n ho?r telling dra.

5.Windmeters en ballistiese bybehore. Ek dink dit moet toegelaat word.

Ludwig - Alle toerusting soos windmeters, ballistiese rekenaars etc is toelaatbaar.

6. Spotters kan volgens my ook gebruik word.

7. Hoeveelheid skote dink ek moet ons kyk na die moeilikheids graat van die teiken. 500m in n oop vlak is glad nie moeilik nie, maar 500m teen n helling afdraand skiet is n ander storie. Ook moet in ag geneem word dat langafstand skote n redelike tyd per skoot kan neem en as elke skut 10 skote op n teiken moet vat gaan ons nooit klaar kry nie. Ek sou reken nie meer as drie skote per gong nie.

8. Skietposiesie. Ek dink elke skut kan self besluit watter posiesie hy op n teiken wil gebruik, onthou hierdie is lang afstande in om n goeie jag skoot op n lang afstand te skiet in die veld gaan die skutdie beste posiesie gebruik om n eenskoot doodskoot te skiet. Wild wat op so ver afstand geskiet word biet gewoonlik ook genoeg tyd om die posiesie reg te kry.

9. Tyd vir skote. Ek dink twee minute per skoot behoort genoeg te wees.

Ludwig - Mens kan iets soos 'n 6 minute tydsbeperking op die 2 skote plaas

10. Toerusting. Ek sou reken alle stutte en rests bipods is toelaatbaar, die skut moet net dat hy alles wat hy gebruik self kan dra.

Ludwig - Dink vir 'n voorste rus moet slegs 'n bipod toegelaat word, en 'n skietsak vir 'n agterste rus.

11. Teleskope reken ek enage vergroting

Ludwig - Teleskoop van enige vergroting toelaatbaar.

Maksimum kaliber Ek reken 338 maks

Ludwig - 338

12. Totale gewig - Ek reken mens moet nie n beperking daarop wil sit nie, onthou die skut moet alles wat hy gebruik self kan dra. Dws as sy geweer 20kg is gaan hy nie nog n skietsak windmeter ens, ens plek voor he nie.

Ludwig - 10kg

13. - Bybehore soos knaldemper, muzzlebreak is toelaatbaar.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Langafstand Veldskiet Reels.

Post by THOMAST »

Die ding klink na sports.
Ek voorsien dat daar gedurende so 'n skiet baie manne gaan wees wat eerder vroeg in die oggend wil gaan skiet voor die mirage te groot van 'n probleem word. Dan gaan die manne wat in ry wag en later skiet wanneer die mirage 'n groter effek het mos kla dat hulle benadeel word.
Moet hierdie kwessie aangespreek word? Of die tyd van die jaar wanneer die skiet gaan plaasvind?
Miskien meer tyd toelaat vir wanneer die mirage  begin pla?
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Langafstand Veldskiet Reels.

Post by Koos Barnard »

Dags?
Nog iets wat opval by jaggeweer is dat dit soms baie moeilik raak om die gongs te sien as daar 'n klomp trefskote was. Die gongs moet gereeld geverf word gedurende die kompetisie. Ek dink dis nogal belangrik veral omdat daar nou op baie verder afstande geskiet word.
Mooi loop
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Langafstand Veldskiet Reels.

Post by Marc »

Jy en jou spotter moet appart deur gaan. M.a.w julle doen do hele baan in een hoedanigheid en dan kan dit weer gedoen word as ander rol. Verkieslik moet die spotter as skut dan agter in die ry inval, dit sal help dat tyd bietjie aan stap en omstandighede heel moontlik verander het  ;D

Dis sal dus vir albei n uitdaging bly  ???
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Langafstand Veldskiet Reels.

Post by Koos Barnard »

Hoop nie ek hijack nou nie. Dis onmoontlik om so 'n skiet regverdig te maak want vroegoggend as dit koel is, is daar geen mirage nie terwyl dit op die middag sterk loop. Skut A wat vroegoggend skiet en skut Z wat dalk eers op die middag skiet, gaan nie dieselfde toestande h? nie. Oor korter afstande is toestande nie 'n groot probleem nie maar op 800m maak dit 'n reuse verskil. Jy kan dit net regverdig maak as almal gelyktydig op dieselfde tyd skiet (wat natuurlik onmoontlik is). Soos Ludwig ges? het, die probleme moet maar mettertyd uitgestryk word soos die kompetisies aanstap.
Mooi loop
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Langafstand Veldskiet Reels.

Post by BLOK »

Ek dink daar moet maar geloot word vir n plek om te skiet, en as spotter en skut altwee wil skiet moet tweede loting plaasvind vir spotter. Of dalk dan om die probleem uit te skakel moet ons dalk nie spotters toelaat nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Langafstand Veldskiet Reels.

Post by Piet Breedt »

Miskien moet ons maar eers so oefeningkie hou wat nie te ernstig is, net om eers ons voete te vind, en te sien waar daar haakplekke is, en dan ons reels vasstel.

Ek wil voorstel dat X - bags ook gebruik kan word, aangesien nie almal Bi - pods het.

Ek wil ook voorstel dat ons vir elkeen op die dag n nommer gee, dan al die nommers in n hoed gooi en dan jou posisie op die skietlys bepaal. Dit sal die regverdigste manier wees om die tyd van die dag wat jy skiet te bepaal. Ons almal weet dat Mirage jou grootste veiand is op die langer afstande.

Ek sal vir ons so paar 100mm gongs ook laat maak vir die 300 - 350m kopskoot simulasies.

Ek stem saam Koos oor die verf van die gonge. Die plek wat ek in gedagte het is perfek daarvoor, en jy kan ry tot by meeste gonge om te gaan verf.

Ek stem weer vir 3 skote per gong, waarvan slegs jou eerste hit tel, en met verskillende waardes. Eerste skoot traak tel 10, tweede skoot raak 5 en derde raak = 3 punte. As jou eerste skoot raak is, dan skiet jy nie v?rder op daardie gong. Ses minute per gong gaan bietjie lank raak as ons 5 gonge uitsit, tensy ons slegs een afstand per baan skiet, dan aanbeweeg na die volgende een, en daar weer n ander gong skiet. Dit gaan maak dat party begin by n v?r gong en ander weer by n naby gong as ons die skuts opdeel.

Ek wil voorstel dat ons dit doen soos ons dit in die Suid Kaap gedoen het, waar ons 5 gonge uitgesit het van naby na v?r, en elke skut kry n sekere tyd om die gonge te skiet van naby na v?r.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Langafstand Veldskiet Reels.

Post by Marc »

Ludwig wrote: Oom Piet. Klink goed. Ek dink ook julle moet die ding dalk eers deur oefen met 'n klein hoeveelheid skuts, om die haak plekke uit te stryk.
Hoe nou julle , jy moet saam  :police:
Last edited by Marc on Mon Oct 22, 2012 4:09 pm, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Langafstand Veldskiet Reels.

Post by THOMAST »

'n Goeie spotter gaan jou die geleentheid gee om gou 'n tweede skoot te skiet terwyl die kondisies nog dieselfde is en jou dus bevoordeel. Afhangende van die optika wat gebruik word om mee te spot sal die skut ook dalk bevoordeel kan word.
Netnou is dit weer 'n "equipment race".
Miskien moet daar 'n bank spooters wees wat die skuts se skote sal roep, en wanneer al die skuts klaar is kry hulle die kans (en die voordeel?) om dan te skiet , met beter insae oor die kondisies (maar met die nadeel van dalk meer wind en slegter mirage)
Deur 3 of 4 gonge op elke afstand te sit sal die proses bespoedig kan word, maar dan het die skut wat bv. tweede sy skoot aftrek die voordeel as hy sien wat die wind daar voor maak as die eerste skut die gong mis en hy die stof kan sien trek.
Die ding gaan beter werk met kleiner groepies skuts, s? maar bv. daar is 5 gong bane, dan moet daar 5 skuts en 5 spotters wees en hulle roteer soos hulle klaar skiet. As die bane nie te ver uit mekaar is nie behoort 'n rotasie te geskied so elke 30 minute, as alles glad loop. Werk maar self uit hoeveel skuts daar dan kan skiet deur die dag.
Is die idee om een gong afstand per baan te h?, of meer soos in die veldskiete?
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Langafstand Veldskiet Reels.

Post by BLOK »

Ludwig wrote: Oom Piet. Klink goed. Ek dink ook julle moet die ding dalk eers deur oefen met 'n klein hoeveelheid skuts, om die haak plekke uit te stryk.
Piet

Stem, jy dalk n datum wat jy oop het. Ek dink ons maak dit so 10 skuts vir die oefen lopie ek weet nie hoe voel die res van die manne nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Langafstand Veldskiet Reels.

Post by Gerrit Visser »

Om kostes laag te hou kom ons bly by std. gongs Dws 200mm rond SAJSV-gongs en die 300mm vierkantige gongs ou-army valplate. Nou weet julle ook waar om van hulle te kry. Tot 400m 200mm plate en van 400 tot 800m 300mm plate.

5 gongs per baan, skiet eers raak voor jy mag aanbeweeg na volgende gong. Tyd nie meer as 5min/baan nie. Nie meer as 10 skote/ baan. Rus voor net Bi-pot of X-bag, rus agter klein sandsakkie of leersakkie. Skut kan ook sit of staan solank hy sy toerusting self kan dra as hy sou jag.

Probeer die gongs in 'n Noord Suid rigting uit te pak dan is dit nie nodig om tussen skuts te verf nie, son skyn dan mooi op hulle. Meer as een gong langs mekaar help baie om meer skuts gouer deur te laat skiet.

G Gert 
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Langafstand Veldskiet Reels.

Post by BLOK »

"Ek voel persoonlik mens moet skote na 'n gong tot maksimum 2  beperk. Die bok gaan nie stil staan tot jy hom uiteindelik na 4 of 5 skote raakgeskiet het nie"

Stem saam twee of drie skote maksimum en maak die punte soos voorsgestel elke skoot wat vat om gong raak te skiet tel minder as die vorage skoot. Onthou hierdie is om langafstand jag na te boots. Langafstand jag is nie soos gewone jag waar iemand kan aanle en skiet nie. Baie faktore kan bydra tot n misskiet en mens moet dubeld seker maak van alles en berekeninge voor jy die sneller trek. As meer as drie skote geskiet gaan word per gong gaan dit ook meer tyd vat en dit is juis wat ons probeer beperk.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Langafstand Veldskiet Reels.

Post by Biltong »

Hoeveel gonge in totaal op 'n dag het julle in gedagte?

Ek hou van Piet se voorstel van drie skote waar die tweede en derde skoot dan al hoe minder tel. Hoewel ek dink die idee moet wees om jagtoestande te probeer simuleer, sien ek hierdie skiete ook as die leerskool vir langafstand skiet, en 'n derde skoot laat net daardie bietjie meer eksperimentering en skoling toe indien die eerste twee skote reeds mis was.

Ek dink spotters moet gebruik word.

Wat van vier of vyf gongbane met drie gonge elk? 10 minute tydsbeperking per baan per skut.

Skiet tye word geskeduleer sodat elke skut vroeg skietkans kry maar ook later deur die dag -sover moontlik.

Ek dink nie daar sal aanvanklik so baie skuts wees soos bv veldskiete nie, wat die reelings/logistiek makliker behoort te maak.
User avatar
Greyghost
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 272
Joined: Tue May 15, 2012 11:27 am

Re: Langafstand Veldskiet Reels.

Post by Greyghost »

I Am in no matter what  :) would like to be part of test shoot as well , think it is a great idea
Respect the Animal you shoot and make sure of your shot

Bruno .22
Savage 6mm XC
Savage 260
Sako 7 x 57
K98 9.3 x 62
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Langafstand Veldskiet Reels.

Post by BLOK »

Greyghost wrote: I Am in no matter what  :) would like to be part of test shoot as well , think it is a great idea

Jy sien weer sales. hahaha

Maar dit is mos reg so, dink ek kort nog so hemp ook in my kas een vir Long Range Hunting Shoot. hehehe
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Langafstand Veldskiet Reels.

Post by BLOK »

Ludwig wrote: Blok, Petrie (Jagmaar) wat Grey Ghost Gear het, en GreyGhost, is nie dieselfde persoon nie  :P  Maar ek kan sien waar jou kop deurmekruis geraak het.  ;D

Hahaha nou onthou ek weer, maar dan moet ons maar die ander Grys gees ook maar betrek inelkgeval .hahaha

Skuus man Greygost. hahaha
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Langafstand Veldskiet Reels.

Post by Koos Barnard »

Dags?
Ek sien 'n potensi?le probleem met die spotter. Persoonlik dink ek nie dit moet toegelaat word nie. Maar dis seker maar oor ek alleen jag en altyd my eie ding doen. Daar is nou al 'n paar male geproe aan die spotter of geen spotter idee. Sou die maklikste nie wees om maar geen spotters toe te laat nie. Ek weet dit gaan dinge vir die skut kompliseer want hy gaan nie weet waar sy misskote val nie. Miskien moet 'n mens maar oorslaan .308 toe - of soos ek met my poefter .30-06 ladings skiet (.308 specs). Met die .308 sal jy darem tyd h? om jou kop op te tel, jou verkyker op te tel en betyds te wees om te sien waar die koe?l slaan  ;D ;D ;D
Mooi loop
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Langafstand Veldskiet Reels.

Post by Eugene »

Koos Barnard wrote: Met die .308 sal jy darem tyd h? om jou kop op te tel, jou verkyker op te tel en betyds te wees om te sien waar die koe?l slaan  ;D ;D ;D
Mooi loop
Eishhh... :o Met my 308 sal ek nog 'n blikkie coke ook kan drink voor die koe?l slaan!  ;)
Aim small, miss small
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Langafstand Veldskiet Reels.

Post by BLOK »

Ludwig

Iets anders. Nou dat ons van hemde praat jou mooier helfte het vir ons so mooi logo vir OPS'se ontwerp, Jy dink nie ons kan dalk haar arm draai vir n mooi logo vir die verskiet ook nie. As jy sukkel bel my ek sal dan hand kom bygooi. Dink nogal jy sal seker al laaaankal n idee gehad het vir so tipe ietsie.

Weet nie wonder maar net. Kyk hoe mooi het almal by OPS met hulle Jaracal/Mooihuil klere gelyk.

Koos

Ek dink nogal ons moet in die reels sit geen 308's / 30-06 gewere nie, daai koele trek so stadag op hierdie afstande gaan deelnemers elke tweede dag eers beurt kry op n gong. hahaha

Ek dik die spotter kan bly maar soos gese reken ek dat as die man wil ook skiet gaan dit maar moeilik gaan wat van vir eers los ons die spotters, as die ding groei en ons dalk n ander klas saam met die een doen waar geskiet word tot op se maar 1500m bring ons dan eers die spotter in. Weet nie kom ons kyk maar die gevoel wie sten vir spotter en wie stem teen.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Langafstand Veldskiet Reels.

Post by tafjak »

Koos

Ja, ek het darem 'n 308, so miskien kan ek ook 'n duik op 'n gong maak(net eers raakskiet).

Alles lyk heel grend vir my, ek weet in elk geval te min om saam te gesels, maar hier is 'n plek waar ek graag sal wil deelneem, as ek mag natuurlik.

Sit, le^ of staan, maak nie sakie, ek is ewe ve^r van die grond af in alle geval. Dooierus, tweepoot of sak maak ookie sakie, ek wil net saamskiet.

Dink kan ons suide-manne bietjie vir Gerrit nader hark om so-iets te oefen iewers hierrond. Hy sal ons  touwys kan maak en net miskien kan die suide ook help met die formaat. Oudtshoorn klink so lekker sentraal hier, net nie Swartberg Skietbaan nie. Beaufort-Wes seker nog beter? So kan die ander streke ook seker so oefeningtjie hou en saamgesels?

Mooiloop

Blok. Lyk na 'n wenner hierie!
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Post Reply