Langafstand Veldskiet Kompetiesie.

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier

Dink jy daar is plek vir so kompetiesie om skuts wat verder skiet of wil skiet geoefen te kry en te hou.

Poll runs till Mon Nov 15, 2055 4:01 pm

Ja
51
94%
Nee
0
No votes
Nie op die oomblik, maar in die toekoms.
3
6%
 
Total votes: 54

User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.

Post by tafjak »

Piet, Arnold en Gerrit

Ek dink(so bang om iets te se^ lately) dat julle voorstelle baie gre^nd gaan werk, vir my in elk geval. Maak nie juis saak of ek le^ of staan nie, ewe stabiel en ewe ve^r van die grond af:D Tog dink ek dat die sit- en staanhouding onvanpas gaan wees op sulke afstande verder as 300meter en is die veldskiete die plek om dit te doen.

Hoe verder hoe beter dink ek bedoel Blok en julle. So, 300meter moet maar seker die naby teikens wees sou ek reken.

My probleem gaan met 'n "suitable scope" begin en wonder ek klaar waarna ek sal kyk. O ja, ek is baie opgewonde as ek so na julle briewe kyk! Sal verseker Gerrit se aanbod dophou en hoop ek dat hierie skiete gaan afkom!

Mooiloop en skryf lekker, ek lees so lekker hier.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.

Post by Biltong »

Blok, briljante idee!! Manne dit klink baie lekker.

Ek stem sover saam met voorstelle, as volg;
- minimum afstand 300m maks 800m
- Afstande en teiken grootes moet bekend wees, maar nie voor skut by skietpunt kom.
- Beperkte tyd maar genoegsaam -tyd nie deel van scoring behalwe wanneer oorskry.
- Teikens moet staal gonge wees
- Twee skote per teiken
- Spotter met enige draagbare toerusting
- Slegs le posisie met bipod en agter sakkie.

Daar sal seker geen beperking op kalibers wees nie?

Ek hou dop.

Groete

Biltong
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.

Post by C.J. »

BLOK,

Ek is ook defnetief in, ons is 'n paar pelle wat nou al 'n ruk met hierdie goed besig is, dit is vrek interessant en laat jou jou geweer baie beter leer ken. Ek stem ook saam dat alle hulpmiddels toegelaat word. Tyd moet ook beperk word, maar dit moet genoeg wees vir al die somme en dalk wag vir 'n "wind gust" om te bedaar.

Ek hou die post dop.

C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
Herman Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 645
Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm

Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.

Post by Herman Venter »

Ek sal ook baie belangstel, nie om goed te doen nie maar meer vir leer en die lekkerte daarvan! Sal julle my darm toelaat met my howa? ???

Groete
Herman
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243

REFUSE TO FOLLOW
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.

Post by Reggie Gerber »

Blok awesome idea

Daar is n klomp manne hier in KZN wat ook n venue en so tipe skiet sal kan reel as ons/jy riglyne het.

Verskillende groote gongs maak dit net soveel makliker om baan optestel en vir die tyd van op en af loop na n teiken toe.Die yster bok teiken kan werk met n vital zone en die res kwes zone. Dan kan jy n miss score n kwes score en n kill score aanteken.
Vanaand slaap ek nie ek gaan oor n 8duim gong op 800m met n 3uur 20mph wind droom

Lat die ding hardloop manne

Groete

Reggie
CZ 200s Hunter PCP
baikel shotgun
.22lr Bruno
204R Howa
223Ai Howa
243 Howa
243 Savage Axis
308 Bruno
CZ 75 PO7 Duty 9mm
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.

Post by 243Songdaug »

Klink vir my hier kom 'n lekker speel!

Ek sit natuurlik weer aan die gatkant van die land(Kathu ini Noordkaap).  Sal defnitief my vernuf moet opskerp, want ek sien hier is 'n paar manne wat maar mag. (Het nou die dag tydens die Noordkaap Ope slegs 9 uit 15 gonge tref en die goed was sommer hier op die voorstoep!)

Wou nou al lank 'n 7mm langafstand girl bou - hierdie is dalk net die laaste bietjie oortuiging.

Laat weet asseblief wanneer en waar die eerste trails geloop word - al moet ek ver ry sal ek graag daar wil wees.

Groete
Jaco Goosen
Dont tell me, show me......
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.

Post by Piet Breedt »

Ek dink die minimum afstand moet so by 400m begin. Hierdie is n langafstand challenge, dus moet ons hom van 400m opvat na so 800m of 900m toe, dink ek.

Daar moet oorgenoeg tyd wees om jou wind en afstand berekeninge te doen.

Ek stem ook vir n 120mm gong op 300m wat n kopskoot simileer. Jy kry 5 skote op hom.

Wat dink julle daarvan om te hou by die 200mm gonge wat n hart long area skoot naboots op die lang afstande?
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.

Post by Piet Breedt »

Ek het nou weer gedink, 200mm gonge is darm maar bitter klein op 800 en 900m. Miskien moet ons om mee te begin, eers kyk na 12" vierkantige gonge.

Wat was jou idee Blok?

Miskien moet Ludwig en die Bisley manne bietjie kom help hier met insette.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Langafstand Veldskiet Kompetiesie.

Post by BLOK »

Manne

Ek skep n nuwe topic vir reels.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Post Reply