Wildcats en die SAPD navrae. Hoe gemaak?

Post Reply
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4599
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Wildcats en die SAPD navrae. Hoe gemaak?

Post by James Wilson »

Ek is al n paar keer deur die polisie voorgekeer. Nou dan is dit maar die normale toon jou lisensie en die lisensie word teen die nommer op die loop getoets. Die ammo moet in lyn wees met die wapen en die lisensie. Maklik. Maar met wildcats sal daar op die doppe staan bv 22-250,terwyld die lisensie se 6mm Ai. Nou meeste polisie lede sal seker n verduideliking verstaan, maar weet ook van lede wat op die magasynplaat kyk vir die nommer as ek se die nommer is op die loop. Nou so n persoon wat jou in die nag voorkeer na n jakals jag sal jou sommer toesluit as hy nie verstaan as jy hom begin verduidelik van Ackley verbeter, asook veruim sodat die 6mm koeel kan pas in n dop wat verkoop word as n 22-250, maarnie n 22-250 is nie. Ek kan al sien hoe draai sy kop, ek weet hy gaan dink hy sluit my maar vir vannaand toe en sal maar more hoor wat is wat.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Wildcats en die SAPD navrae. Hoe gemaak?

Post by BLOK »

James

Ek het elders geleers ek dink dit was oom Gerad wat gese het dat hy laat n loop 22250-6AI stamp dan stem dit ooreen. Nou dat jy klaar die loop regestreer het (weet nie se ek reg) weet ek nie hoe sal jy nou tewerk gaan nie. Dalk sommer net elders ook op die loop laat aanbring.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Wildcats en die SAPD navrae. Hoe gemaak?

Post by Lourens »

Blok ek verbeel my ook Oom Gerard het so iets gese. Ekt ook al gehoor manne stempel hom bv ".22-250 reamed to 6mm AI" en gewoonlik is daar nie moeilikheid nie.

Ekt ook al gewonder oor die gebruik van blank doppe wat nie gestempel is nie? Dit klink dalk dom en ek weet PMP is defnitief nie die eerstekeuse vir doppe nie, maar het al gewonder of mens nie doppe by hulle kan bestel wat nie 'n kopstempel op het nie??

Hoop hier is 'n paar slim manne wat meer inligting sal kan verskaf....??
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
Skaaphaas
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Feb 20, 2012 1:20 pm

Re: Wildcats en die SAPD navrae. Hoe gemaak?

Post by Skaaphaas »

Dis nou maar ongelukkig so dat as die polisieman nie wil verstaan nie, jy waarskynlik moeite gaan h?. Dis maar met ander goed ook so, maar as vuurwapeneienaars voel dit vir my amper asof ons eers as kriminele gesien word tot ons kan bewys ons is onskuldig.

Die wet bepaal jy mag enige ammunisie in jou besit h? as jy 'n lisensie het vir 'n wapen wat daardie ammunisie kan vuur. Dus, op 'n .357 Magnum lisensie mag jy .38 Spl gaan koop, ens.

Ek het al gedink die beste is maar om 'n kopie van die wet by my te dra in die kar...
Artikel 13 en 15 lisensies vol, spaar nog om 16 ook vol te maak!
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Wildcats en die SAPD navrae. Hoe gemaak?

Post by GERT vd M »

Dit laat my wonder!! Ek het n .338-06 IMP. en die loop is ook so gemerk. Probleem is dat ek
  35 WHEELEN doppe gebruik. Moet ek nou maar iewers op die loop miskien die volgende laat aanbring:
"35WDOP" of moet ek alles maar net so los?
                      Groetnis
                      Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
DieKraai
Full Member
Full Member
Posts: 120
Joined: Sun Jan 29, 2012 3:45 pm

Re: Wildcats en die SAPD navrae. Hoe gemaak?

Post by DieKraai »

James Wilson wrote: Ek is al n paar keer deur die polisie voorgekeer. Nou dan is dit maar die normale toon jou lisensie en die lisensie word teen die nommer op die loop getoets.
Ek wonder nog altyd oor die volgende: My 22-250 Howa se nr staan op die aksie, die loop het nie nr op nie. Hoe gaan die SAPS manne dit intepreteer?

Mooibly
:)
22-250 Rem Howa
260 Rem Broughton
S&W Mod 29 44 Mag
CZ550 375 H&H (in die pyplyn)
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4599
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Wildcats en die SAPD navrae. Hoe gemaak?

Post by James Wilson »

Kraai, ek weet nie hoe hulle dit gaan intrepeteer nie, maar ek kan jou nou al se as jy by die regte gunsmit uitkom gaan jy kan lope ruil soos jy lekker kry
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4599
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Wildcats en die SAPD navrae. Hoe gemaak?

Post by James Wilson »

Ek wonder of dit sal help as ek n gunsmit vra om op sy briefhoof te verduidelik wat die situasie is met n wildcat, dit dan na my DFO toe te vat sodat hy sy goekeuring daarvan ook op skrif kan sit en dit met n SAPD stempel stamp. Dan altyd  te sorg dat die twee skrywes saam met my lisensie altyd by die geweer is.?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Post Reply