Zero?

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Zero?

Post by Smirre »

More
As ek wil skiet op 500-600m vir 'n begin,,op watter afstand zero ek?

SMirre
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Zero?

Post by THOMAST »

Afhangende van die kaliber en spoed, ongeveer so tussen 9-11 duim op van jou 100 zero.
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1519
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Zero?

Post by swc-tr »

Maak nie eintlik saak op watter afstand jy zero nie, jy moet net jou geweer/koeel kombinasie se trajek ken en weet hoeveel om op te stel vir die bepaalde afstand.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Zero?

Post by Smirre »

Skiet meeste skote tussen 180 en 250m
Tans op 200 gezero

Los ek hom daar om die 500 600m skote aan te pak?
Smirre
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1519
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Zero?

Post by swc-tr »

Dis makliker om jou teleskoop die regte hoeveelhied klieks op te stel, en dan presies te korrel op die teiken, as om bo die teiken te probeer mik/toegee.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Zero?

Post by Marc »

swc-tr wrote: Dis makliker om jou teleskoop die regte hoeveelhied klieks op te stel, en dan presies te korrel op die teiken, as om bo die teiken te probeer mik/toegee.
Stem Oom  8)
Smirre wrote: Skiet meeste skote tussen 180 en 250m
Tans op 200 gezero

Los ek hom daar om die 500 600m skote aan te pak?
Smirre
Ek Zero ook op 200m  ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Zero?

Post by Piet Breedt »

Jy kan op en afmik met n 200 m zero op die korter afstande tot so 300m ens, maar sodra jy by 600m en v?rder kom, gan dit maar sukkel, en gaan n klein foutjie jou beslis laat mis skiet.

Hier sal jy beslis jou scope se verstellings moet goed ken, en jou scope sal genoeg clicks moet h?, en presies kan stel.
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Zero?

Post by Mac »

Bygese, nie alle scopes se vestellings is presies nie, of in party gevalle herhaalbaar nie. Daarom is tyd op die baan belangrik.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: Zero?

Post by Martin Marais »

Smirre

Zero op 200 meter. Spandeer dan tyd op die baan en verstel jou teleskoop se hoogte vir die afstande wat jy verder wil skiet. Afmik op baie lang afstand met 'n klein teleskoop is nie raadsaam nie,jy gaan sukkel. Die ou ystervisiere het goed gewerk in hierdie opsig,want dit was gekalibreer in inkremente van 100 meter vir die spesifieke kaliber. d.w.s. waar jy die yster visier op sy 600 meter merk gestel het,kon jy nou op 600 meter op die teiken mik. Teleskope werk ongelukkig nie dieselfde nie,so dit is maar toets en stel en neerskryf.

My 2c
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Zero?

Post by BLOK »

Piet Breedt wrote: Jy kan op en afmik met n 200 m zero op die korter afstande tot so 300m ens, maar sodra jy by 600m en v?rder kom, gan dit maar sukkel, en gaan n klein foutjie jou beslis laat mis skiet.

Hier sal jy beslis jou scope se verstellings moet goed ken, en jou scope sal genoeg clicks moet h?, en presies kan stel.

Ek stem saam met wat Piet hier se, dit sal seker maar ook afhang van hoe plat jou kaliber skiet. Kyk maar byvoorbeeld met die 204 tot op 450m val hy maar min vir elke 50m, maar sodra jy 450 verby dan beginne dit groot verskille maak. Bv 400-450 val hy 200mm, 450 tot 500 verander dit na 350mm.

Kyk nou wat gebeer as jy van 550 na 600 meter skuif dan val hy sommer 540mm, dit is n half meter op 50 meter. Daai half meter is meer as genoeg om wat ook al jy voor skiet skoon heel mis te skiet
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Zero?

Post by tripodmvr »

Die verwysing na ou ystervisiere - vir die verskillende afstande in Bisley skiet is daar met die gaatjiesvisiere gekompenseer deur verstellings aan te bring. Hierdie verstellings was gewoonlik in die 1 minuut orde en baie grof teenoor dit wat met teleskope gedoen kan word.

Vir normale jag tot op 300m kan jy die teleskoop op 200 zero en dan kompenseer of afmerk strepies in die kruishaar gebruik. Vir die langer afstande het jy baie meer tyd om te verstel synde dit of 'n stil teiken of 'n bok is wat onbewus is van jou teenwoordigheid. Die afstand sal gemeet moet word en die verstelling dan op die teleskoop aangebring word. Die' verstellings sal eers met skiet na teikens bevestig moet word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1519
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Zero?

Post by swc-tr »

tripodmvr wrote: Die verwysing na ou ystervisiere - vir die verskillende afstande in Bisley skiet is daar met die gaatjiesvisiere gekompenseer deur verstellings aan te bring. Hierdie verstellings was gewoonlik in die 1 minuut orde en baie grof teenoor dit wat met teleskope gedoen kan word.
Driepoot
Praat jy van Diensskiet visiere of Bisley (plankgeweer) visiere? By Bisley, het die ou visiere soos Parker Hale, AJ Parker en dies meer, wat reeds in gebruik was vroeg in die 20ste eeu, verstellings gehad van 1/2 of 1/4 minute. Moderne gaatjie visiere stel nog steeds dieselfde, daar is wel die wat fyner stel, soos die Anschutz en ander .22 Bisley visiere wat nog fyner verstellings het.

Die betroubaarheid, herhaalbaarheid en akkuraatheid van gaatjie visiere word slegs deur die beste moderne teleskope ge-ewenaar.
Kyk bietjie na die tellings en groeperings wat die huidige Protea skuts skiet op 900m, dan is daar geen twyfel oor die stelling nie.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: Zero?

Post by Martin Marais »

swc-tr

Jy slaan die spyker op sy kop. By diensskiet het ons destyds met die R1 geweer tot op 500 meter geskiet. Die agterste visier was (as ek reg kan onthou) genommer vir die verskillende afstande,in inkremente van 100 meter. Die voorste visier,of pennetjie was dan in of uit gedraai om die finale (fyn)verstellings mee te doen vir elke afstand. Hierdie visiere was egter baie betroubaar,in die sin dat dit absoluut herhaalbaar was. Wil amper onverskillig wees en beweer dat die yster visiere in hierdie opsig beter was as baie van die hedendaagse teleskope op ons mark.

Groete

Martin Marais.
Post Reply