Beste oefening vir Langafstand SKIET?

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1519
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Beste oefening vir Langafstand SKIET?

Post by swc-tr »

Dis baie verblydend om die groot belangstelling in langafstand skiet  waar te neem op die forum.
Wat is die lede se mening, wat is die beste oefening vir langafstand skiet (>600m, let wel, SKIET en nie JAG)?
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 843
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Beste oefening vir Langafstand SKIET?

Post by Dawie Malan »

Ek is nie Schalk nie maar hier is my 2 sent:

Word of bly fiks sodat jou hartklop en jou bloeddruk laag is
Moenie kafeien en suiker gebruik voor jy skiet nie.
Dryfire BAIE om gewoond te wees aan jou sneller.
Dryfire in jou tuin as dit baie koud en baie warm is.

Dawie
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Beste oefening vir Langafstand SKIET?

Post by Eugene »

Dawie Malan wrote: Ek is nie Schalk nie maar hier is my 2 sent:

Baie waar, werk net so goed vir boogskiet ook!
Aim small, miss small
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Beste oefening vir Langafstand SKIET?

Post by Marc »

Eugene wrote:

Dryfire  :o :o :o
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Beste oefening vir Langafstand SKIET?

Post by Eugene »

Marc wrote:
Eugene wrote:
Dawie Malan wrote: Ek is nie Schalk nie maar hier is my 2 sent:

Word of bly fiks sodat jou hartklop en jou bloeddruk laag is
Moenie kafeien en suiker gebruik voor jy skiet nie.

Dryfire BAIE om gewoond te wees aan jou sneller.
Dryfire in jou tuin as dit baie koud en baie warm is.

Dawie
Baie waar, werk net so goed vir boogskiet ook!
Dryfire  :o :o :o
Net die gedeeltes in rooi Marc! :police:

Behalwe as jy Hoyt skiet, hulle word mos 1000 keer gedryfire voor hulle verpak word!

Sorry, ek hijack die post  :-X :-X :-X
Aim small, miss small
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1519
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Beste oefening vir Langafstand SKIET?

Post by swc-tr »

Fisiese oefen in belangrik en nodig, maar wat ek eintlik vra is watse skiet oefening dink julle is nodig.
Ek is bevooroordeeld, sou dink die beoefening van langafstand skietsporte sou baie help.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Beste oefening vir Langafstand SKIET?

Post by Marc »

Jammer vir die Hijack, maar ek moes net  ;D

Terug op Topic

Ek stem saam met die manne hier bo, die aanloop na die groot dag moet reg benader word, m.a.w. die?t, ens. gaan 'n invloed h?. Oom Piet sal mooi kan kom getuig  ;D ;D ;D ;D

Baie oefen en reg oefen sal ek s? is belangrik. Mens moet ook nie net aan die bank vasgeskroef sit nie. Baie mense onderskat die belangrikheid van veld posisies, jy mag super akuraat op die bank wees, maar sodra jy op jou maag moet gaan l? val die wiele af  8)

As dit by spesifieke tegnieke kom is ek ook maar nog nat agter die ore en hoor graag by die manne met bietjie meer ervaring hiervan.

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Mars67
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm

Re: Beste oefening vir Langafstand SKIET?

Post by Mars67 »

Ja-nee. Die enigste manier is om daarbuite te kom en te skiet in die toestande. Dis maar waar jy leer.

Wat ek ook doen is om te skiet met 'n Windbuks (Gecado 35) met al my toerusting (Skiet baadjie, mat ens.) maar sonder die sling in my garage op 10 meter op 'n 5mm kolletjie. Ek het vir hom gaatjies visiere opgesit so na as moontlik aan my kompetisie geweer. Die nekbreker leer jou om te konsentreer op al die stappe maar veral op die deurvolg.

Ek volg ook dieselfde roetiene as op die baan (wat natuurlik nie relevant is vir die moderne gewere nie) en dit is om op te staan na elke skoot en dan die windbuks oor te haal en te laai en dan weer my l? te kry.
Post Reply