Arnold, ek soek eintlik raad vir my Howa met Leupold Mk 4 set-up en het nie ges? jy kan nie somme maak nie.
Ek tik op my selfoon en daar moes eintlik vraagtekens en nie punte na my sinne gewees het.
Ek verstaan ook die somme , maar die formule is 'n bietjie bo my vuurmaak-plek.
Is die optiese senter bo, onder of in die middel van 'n scope se verstellings?
Wat ek bedoel: Senter is tog gewoonlik in die middel en as jy die zero met 20 MOA laat sak wen jy altyd 20 MOA tensy jy reeds nader as 20 MOA aan die onderkant van die verstelling is?
Groete, Gawie.
Beste "budget" piccatiny rail vir Howa 1500
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Beste "budget" piccatiny rail vir Howa 1500
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: Beste "budget" piccatiny rail vir Howa 1500
Opties Zero hoort teoreties baie na aan meganiese middel van die scope turrets verstelling wees. In die regte lewe is dit ongelukking nie altyd so nie. Ek verkies om al my nuwe scopes uit die boks te vat en in V-blokke te rol en die kruis haar dan so te opties zero. Dan maak ek die turrets los en skuif hulle dat hulle zero dan gelyk is met die optiese zero punt. Dit is my begin punt voor ek enigsins begin om scopes te monteer en in te stel.
Persoonlik bied dit my 'n goeie verwysing punt om vanaf te werk en dit help jou sien of daar dalk moontlike montering probleme is sou jy onnodig baie moet af stel van die punt af om jou geweer op teiken te kry.
Maar ja die 20MOA slope rail gee jou maar net daai 20MOA terug in jou "sak" op hoogte verstelling om dan te benut vir verdere afstande.
Dit help baie op v?r afstande om nie jou scope op die maksimum turret verstellings te gebruik en dan nog heel onder op die kruishaar ook mik nie. In so geval benut jy lank nie meer die beste gedeelte van jou scope se glas nie. En dis juis op die afstande waar jy daai goeie optics nodig het.

Jannie Welman
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Beste "budget" piccatiny rail vir Howa 1500
Iets wat julle vergeet is die moontlik invloed wat die maksimum elevasie verstelling op die windage verstelling gaan he.
Nou het jy eweskielik nie meer so baie windage verstelling nie want die inner tube druk teen die scope tube vas op kleiner verstellings. Jy kan ook ondervind dat as jy slegs windage stel dat jou elevasie beinvloed word.