Ek is uitgeboul

Post Reply
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Ek is uitgeboul

Post by Ian »

Ons het die wildsplaas nou nege jaar en ek het nog nooit 'n Aardwolf (Maanhaarjakkals) op die grond gesien of ingeroep nie. Die bestuurder skakel my en lig my in dat een van die vanghokke het 'n Maanhaarjakkals in. Ons het by hom gekom en hy 'n kwaai grom geluid gemaak ('n baie diep geluid). Die valdeur is oopgemaak en hy het 'n paar tree uitgehardloop en omgedraai en vir ons gekyk vir omtrent 30 sekondes (seker om dankie te s?). Hy het weggedraf en 'n baie fyn roepgeluid gemaak so asof hy sy maaitjie soek. Nou ek het nog nooit by een van my kli?nte of by iemand gehoor wat 'n Maanhaarjakkals vang nie, heeltemal uitgeboul.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Ek is uitgeboul

Post by Marc »

My maggies, ook nog nooit van so iets gehoor nie  ???
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Ek is uitgeboul

Post by tripodmvr »

Sy dieet is hoofsaaklik termiete en insekte, maar ek dink tog hy kan aan aas ook peusel. Hy het maar klein tande en sal nie iets groots kan dood nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Ek is uitgeboul

Post by wlm »

Hy is skadeloos maar as jy hom per ongeluk in 'n hok of yster vang sal jy glo dis 'n leeu. Die man kan regtig kwaai grom.
User avatar
lapman
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Thu Sep 27, 2012 7:32 pm

Re: Ek is uitgeboul

Post by lapman »

Ek is self van kleins af geleer dat dit een van die onskadelikes is, ons veeboere laat val mos n ding as hy net naastenby soos n jakkals lyk. Die een het ons maar laat verbygaan onder andere. ;)

Groete
HOU OP LAG EN HERLAAI!!
User avatar
johann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm

Re: Ek is uitgeboul

Post by johann »

Hier by ons in die karoo is hulle sommer vollop. Soos die manne se, as hy eers vasgekeer is in 'n hok of yster dan moet jy maar padgee.

Groete johann
25-06 Remington
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Ek is uitgeboul

Post by JK »

Nie n man wat mens baie sien nie, loop ook seker meestal in die nag.
Johan Kriel
Okahandja
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Ek is uitgeboul

Post by Freek »

Ian, interesant wat jy noem. Hier in die Vanderbijlpark area sien ek hulle baie. Ek roep hulle ook gereeld in en moet maar mooi identifiseer voor ek die sneller op die verkeerde jakkals trek.... Pragtige diertjies maar ek wonder gereeld so by myself, indien hulle nie vang nie hoekom reageer hulle op distres klanke???  ???  Eenigste verklaring wat ek tot dusv?r kon maak is dat indien jy so 'n aardwolf/maanhaar jakkals inroep, jy direk in sy kern gebied is en dat hy seker maar nuuskierig is oor die bohaai wat die roeper opskop.

Sal graag wil hoor wat die ander dink.
Last edited by Freek on Thu Oct 18, 2012 7:39 am, edited 1 time in total.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Ek is uitgeboul

Post by Freek »

Ian, so terloops. Wat het jy gebruik vir lokaas? Indien dit miere of reismiere was is hierdie puzzle mos opgelos... ;D ;D ;D
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Ek is uitgeboul

Post by Eugene »

Baie interessant!!!  :)
Aim small, miss small
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Ek is uitgeboul

Post by Chevvy SS »

Ek weet nie of my spelling die regte benaming kan weergee nie, maar in die Boesmanland noem hulle hom "tgheip".
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: Ek is uitgeboul

Post by Martin Marais »

Freek

Hier in my area is ook baie Aardwolwe(maanhaarjakkalse) Hierdie diere is totaal onskadelik. Hulle is uitsluitlik termietvreters. As ek nou moet raai oor die rede waarom 'n mens hulle inroep,sal ek reken dat dit blote nuuskierigheid is. Ek sien baie van hulle waar ek roep,maar nie almal van hulle stel belang in die roepery nie. Hierdie diere is nie skaapvreters nie,want hulle het nie kiestande,of malers om vleis mee te kou nie. Hulle het wel groot slagtande,maar dit is net vir verdediging. Moet nie dat jou gewone bakkie brakkie in 'n geveg met een van hierdie ouens betrokke raak nie,die uiteinde is gewoonlik 'n hond wat moet veearts toe. Ek wil myself amper verstout deur te reken dat 'n Aardwolf 'n groter geveg opsit as 'n Rooijakkals wanneer hy deur honde aangeval word.

Groete

Martin Marais.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Ek is uitgeboul

Post by Freek »

Stem 100% Maartin. Soos jy tereg noem die diere se kake en eetgerei is nie gebou vir vleis vreet nie en van hulle stel meer belang as ander in die roeper maar daar is tog van hulle wat nogals met 'n spoed nader kom. Hier word hulle ook nie geskiet nie, ons pas hulle op maar dit bly interesant om te sien hoe die diere op van die distress klanke reageer. Dit laat mens wonder... :-\ Al verklaring wat ek op die oomblik het is dat hulle nuuskierig is en moontlik hulle direkte kern gebied beskerm.

Ian ek dink as jy weer daai outjie met 'n dooie springbok in die hok betrap gaan jy dit moet oorweeg om bietjie dieper te krap - moontlik die man te "colar" en sy bewegings te monitor. Bietjie baie werk maar sal interesant wees om te sien hoe hulle te werk gaan, veral een wat reeds verdag is...  8) Dink Bool en sy span sal gaande wees om te help om inligting te versamel.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: Ek is uitgeboul

Post by Martin Marais »

Ek weet nie watter aas in Ian se vanghok gebruik was nie,maar ek reken indien dit vleisaas was en dit al bietjie oud was,dan was die Maanhaar dalk agter die goggas aan wat gewoonlik by ou karkasse aangetref word. Wat ek deesdae ook opmerk is die toename in die getal maanhare wat op ons paaie doodgery word. Dit gebeur meesal langs paaie waarop mielies met groot vragmotors vervoer word. Daar val baie mieliepitte van hierdie vragmotors af en dit lok muise en rotte en ander knaagdiere na die paaie. Baie van hierdie knaagdiere word doodgery,en le dan langs die paaie en vrot. My mening is dat die Maanhare ook nou na die paaie toe stroom omdat hier nou 'n groot bron van insekte is om te vreet.

Groete.
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Ek is uitgeboul

Post by Ian »

Freek en Martin

Freek, ek sien jy let mooi op om die gedeelte van 'n springbok karkas raak te sien. Die stuk is nou al 3 maande in die hok en hy het sy werk gedoen. Die spesifieke hok het nou al 15 plus rooikatte gevang en is op 'n "highway" van roofdiere. Die "colar" is 'n goeie idee van jou maar die tyd is die groot probleem.

Martin
Ek dink jy slaan die spyker op die kop met jou gogga storie. Dit maak baie sin. Jy moes 'n speurder geword het ;D

Mooi dag
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: Ek is uitgeboul

Post by Martin Marais »

Ian

Baie dankie,ek respekteer 'n man soos jy. Ek dink ons is almal hier op die forum om kennis met mekaar te deel,en om by ander mense te leer. Ek probeer my nie slim hou nie,ek noem maar die dinge wat ekself ondervind,en deel dit graag met die manne. So terloops,die speurder idee,was,daar,het dit gedoen.

Hierdie is ook nou die eerste geval wat ek van weet waar 'n Maanhaar in 'n hok gevang was.

Weet van 3 rooijakkalse wat al in hokke gevang was,maar dit is maar 'n baie rare verskynsel.

Groete

Martin Marais.
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Ek is uitgeboul

Post by Ian »

Martin

Dankie vir die mooi woorde. Ek het al 'n paar jakkalse (jonges) in die hokke gevang. Hier is iewerste 'n post (jakkals vang in hok).

KYK HIERNA
Vrydag ry ek om vir Freek op die plaas te kry. Daar aangekom en my pa lig my in dat die hok wat die Aardwolf ingehad het, het 'n Rooikat in. Ek en Freek ry onmiddelik na die hok en gaan maak die Rooikat oop  ;). My gevolgtrekking : die reuk wat die Aardwolf in die hok gelos het, die Rooikat getrek . Die hok was net weer oopgemaak met die stuk van 'n springbok in.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Ian on Sun Oct 21, 2012 12:12 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Ek is uitgeboul

Post by Boertjie »

Ian

Dit lyk vir my Freek wil net die tewe skiet en los die reun jakalse.Nou vra ek net, hoekom?

Boera
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Ek is uitgeboul

Post by Freek »

Boera, jy kan maar s? ek is 'n teef man...  ;D ;D ;D

Hier is nog so paar picks, ons het maar gestoei met die vlekkies Vrydag aand en was gelukig om iets aan te keer. Ian waarsku my om lig te loop en wakker te slaap op staanplek 2. Sy woorde was skaars koud toe kom ma en pa in - 5min later ry sy bakkie, die reun was te vinnig vir my en het spore gemaak sonder om terug te kyk.

Image

Image

Image

Image

Ian het nou so bietjie werk om daai nes te soek - glad nie maklike terrein nie...
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: Ek is uitgeboul

Post by Martin Marais »

Ian

Net vir interresantheid. Jy stel 'n vanghok met dubbeldeur in 'n besige voetpad. Sal hierdie hok nie noodwendig meer ongewone vangste oplewer as 'n ander hok wat langs die pad gestel is met lokaas nie. Is dit nie juis omrede die vanghok in die pad gestel is dat dit die maanhaar gevang het nie. Wat ek bedoel is,sou die maanhaar in 'n hok met enkeldeur en lokaas ook ingegaan het?
Jy noem dat na die Maanhaar gevang was,het jy sommer gou weer 'n rooikat gevang,en dat jy vermoed dat die Maanhaar se reuk die kat gelok het. Ek is van mening dat die feit dat die hok op die voetpad gestel is,die hoofrede is vir al hierdie vangste,en nie die reuke van die diere of die lokaas nie. Asseblief,ek wil nie in 'n argument met jou betrokke raak nie,ek is hier om te leer.
'n Goeie toets in hierdie geval sou wees om jou hok op die voetpad sonder enige lokaas te stel,en 'n tweede hok baie naby aan hierdie een te stel met lokaas,en dan te sien of die lokaas of die voetpad die rede vir die vangste is.

Groete

Martin Marais.
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Ek is uitgeboul

Post by Boertjie »

Martin

Ek kan ook afly day Ian sy hokke gereeld nagaan, so word diere wat nie skade doen nie losgelaat.So ek reken dat hy die hok reg gebruik en hom wel in n voetpad kan stel

Boertjie
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Ek is uitgeboul

Post by Ian »

Martin

Die hok is op die kant van 'n dro?loop met net een valdeur oop by 'n pad. Die agterkant is in die bosse met geen voetpaaie. My siening is dat die diere kom van bo in die dro?loop afgestap en kry die hok aan die regterkant net voor die pad en visa versa. Hulle moet verby die hok stap en ek dink dat 'n reukmiddel verseker 'n aandeel moet h?. Ek glo ook nie om 'n hok te skuif wat baie vang nie want die katreuke is alreeds daar. Jy sal nooit met my in 'n argument betrokke raak nie, ek leer ook nog baie en die lewe is te kort vir verskille  :).

Groete
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: Ek is uitgeboul

Post by Martin Marais »

Ian
Baie dankie. Ek vra die vrae omdat ek ook graag meer wil leer omtrent die gewoontes van die verskillende diere. Jy is reg,die lewe is te kort vir onnodige vyandigheid.

Groete

Martin Marais.
Post Reply