As nederigheid op 'n man afgedwing word...

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

As nederigheid op 'n man afgedwing word...

Post by DWB »

Hallo al die manne!

Die storie wat volg klink rof, maar dis my eie gebeure en ervarings en is nie 'n onverskillige skietery nie.

Soos almal teen nou al weet was ek bitter opgewonde oor die koms van my 9.3x62 se lisensie! Nou ja toe! 17 September toe kry ek die goeie nuus en planne was vinnig gemaak om ietse te kon gaan jag!

Ek het op 'n wildsplaas in die Mkuze area 'n Saterdag middag gehad om 'n draai te gaan stap opsoek na 'n vlakvark, maar na die goeie reens was hulle maar skaars!

So breuk die volgende naweek aan vir 'n bosvark jag! Nou ek het eers so in die begin van die jaar saam met die manne begin jag en het in Januarie my eerste vark saam die honde gekry.  Dit was op my 5de jag saam die honde. En op my 7de jag het ek nog 'n sog geskiet. So het ek nou baie gereeld begin saam jag aan die probleem varke en as die mielies begin kop is dit ons jagveld! Anders as die boere begin stroop jag ons maar in die vuil wattle jungles en klowe. Ek het nou vir 'n lang ruk 'n vark stilte beleef en met die 9.3 in die hand het ek verneem om hierdie droogte tot 'n einde te bring!

Ons het op 'n beesplaas naby Amsterdam gaan jag in die lang grasse en toe oor na die klowe toe, Die dag het al goed aangestap en ek en my een vriend is aangese om op die een kant van 'n kloof te gaan staan want hulle gaan in daai rigting werk. Na 'n ruk het die honde deur die klofie gekom en is oor na 'n ander aangrensende deel en het daar 'n vark opgetel. Die honde is agter die sog aan en na hulle heel in 'n ander rigting gehol het toe kom hulle met haar terug in die kloof waar ons steeds was. My vriend Pieter het besluit hy stap 'n entjie af en toe hy onder is toe kom die die vark onverwags aan my linkerkant uit waar ek hulle eintlik regs verwag het! Een van die manne skree vir my en daar gewaar ek die vark, reg om te skiet laat loop ek met die eerste skoot. MIS!!! 2de skoot MIS, 3de skoot MIS, 4de skoot MIS!!!!!!! En die vark hardloop oor die rug van die kloof en ek is agterna! Klaar weer die magasyn vol en ek skiet 'n laaste skoot voor iemand anders met 'n voertuig om kom. Die man het die vark geskiet...

Ek probeer toe dink wat gaan aan en ek besef ek het met die verwagting dat dit 'n stadige kaliber is te veel gelead vir die afstand waarop die vark was. Ek het basies 4 skote geskiet terwyl die vark 30m gehardloop het. Iemand het later gevra of dit semi-auto is.

Haastigheid help nie!!!

So het die dag tot 'n einde gekom met 3 varke in totaal.

Ek is intussen terug skietbaan toe en als gaan bevestig. Let daarop dat ons oop visier skiet.

2 weke later is ek weer op 'n varkjag, hierdie keer nader aan Lothair.

Hier tel ons die varke na 'n lang soek in baie jong bloekoms op. 1 ste vark glip uit en ons jaag agterna, klim weer uit en staan reg, ons hoor die honde beweeg boontoe en ek hardloop so vinnig as wat my bene die groot lyf kan dra! Iemand skree van agter die vark is voor my en ek gaan staan reg dat ek kan skiet as die vark die nou paadjie kruis. Toe ek die vark gewaar vat ek dood op die vark en die skoot klap. Weer mis! Skoot slaan net agter die vark vas! Die vark het teen die spoed van lig gehardloop. Die jong beer is ver van daar af doodgeskiet waar die honde hom omsingel het.

Ek vra toe die ervare manne om 'n skoot met die geweer te skiet en net te bevestig. Skoot loop presies senter, maar die een oom se toe vir my my kolf is te kort. Ons meet vinnig en bevestig dit.

My moed is goed gebreuk en die manne gee my gas. (gelukkig is ek nie al een wat die vark gemis het nie)

Die doel vir my is om altyd die dier so vinnig moontlik te dood. Diere moenie ly onder my nie.

Hier begin die twyfel in myself en my vermoens. Is ek so swak skut of is daar fout met die geweer?

In die week bestel ek die spacers en kry die Pachmayr pad. Die spacers kom nie weens die stakings en ek maak sommer vir myself spacers uit perspex en dit werk mooi en ek kan sommer voel als sit reg.

Die naweek breek aan en ek is eers onseker of ek moet gaan jag. 3:30am gaan die wekker af en ek besluit ek gaan oorstaan. 5:30 kom en ek vind uit of is hulle genoeg manne en hulle se toe hulle is net 6.

Net daar besluit ek ek gaan deur ry Amsterdam toe. Op die plaas aangekom is die honde vort en ek raai toe vinnig ons gaan hulle by die buurplaas se dam kry want daar is altyd varke. Daar aangekom sien ons 2 honde maar ons kan nie verder ry nie en moet om en ander pad vat.

Die honde maal en is onder die dam verby en ek kry grouplekke soos wat ek nog nooit gesien het nie! Hier is BAIE varke! Ons werk die area deur en besluit om na die groot wattle jungle bokant die dam te gaan. Ek laai die manne met die honde af by die dam en ry so ent op en stap so 2 derdes teen die koppie uit en staan reg teen die wattles. Ek hoor die honde is op 'n vark se spoor en begin die wattles binne dring. Manne dis ruig! Ek kon op plekke skaars loop en het letterlik tussen die stamme vasgesit met tye! Dan rus ek so bietjie en druk voort. Die honde verander heeltyd van rigting en ek kan sien'die vark hol net in die rondte. Ek is sopnat en kan nie meer deur my bril sien nie! Ek sit hom maar toe in my hemp se sak en gaan staan stil op 'n plek. Ek hoor die honde werk in my rigting en ek sien iets na my aankom, ek kan nie mooi sien sonder my bril nie so ek vat nie kanse nie. Die vark kom toe met 'n rustige drafstappie aan my linkerkant en draai toe ewe skielik reg na my, onwetend dat ek daar is. Dit gebeur redelik vinnig en toe die vark so meter van my af is moet ek vinnig mik en skiet anders gaan hy in my vasloop en ek kan seerkry. Ek mik en trek die sneller en in die afwaartse aksie steek die geweer teen 'n tak vas en die skoot klap langs die vark! Die vark swaai regs en ek kan nie draai om nog 'n skoot te skiet nie! Ek roep 'n mis op die radio. Ek het nog vir 'n ruk aangesukkel deur die wattle en daar is nog 'n vark net buite sig (5m) van my af, maar ek skiet nie. Na 'n ruk beweeg ek uit en die jag is klaar.

My nuwe bynaam is S..t Shot Deon.

Manne en alhoewel dit vreeslik humoristies klink is dit vir my sleg! Dis nie hoe jy 'n roer wil inlyf nie en nog minder hoe ek wil jag!

Maar dis wat gebeur as 'n man te "confident" raak dan wys die natuur jou wie is baas!

Let wel dit is nie so cowboy soos dit klink nie!

Nogtans is ek dankbaar vir die leerkurwe wat ek nou in is!

I will not be kept down!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: As nederigheid op 'n man afgedwing word...

Post by Marc »

Dankie vir die deel Deon

Ek is oortuig daarvan meeste van ons was al hier  ;D

Belangrikste is dat jy dit erken en kan aanbeweeg  8)

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2488
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: As nederigheid op 'n man afgedwing word...

Post by Flip Nel »

Deon

Almal kry dit maar een of ander tyd, dit sal beter gaan vorentoe
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: As nederigheid op 'n man afgedwing word...

Post by spekieries »

DWB

Moenie worry nie, as jy hom eers gevind het sal jy sien die poppe(varke) gaan dans!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: As nederigheid op 'n man afgedwing word...

Post by DWB »

Dankie Manne!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
molopohunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 476
Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm

Re: As nederigheid op 'n man afgedwing word...

Post by molopohunter »

Moenie te veel oor sulke goed kop stamp nie, maar dis 1 van die lekkerste stories wat ek gelees het.

Ek sit sommer met so ligte groen skynsel hier, want ek is al lank op die bosvark wa...en nog niks.

Groete,
Peet
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: As nederigheid op 'n man afgedwing word...

Post by Wouter Roets »

Deon

My maat my hart bloei vir jou! Ek weet hoe opgewonde jy was oor hierdie nuwe roer en hoe graag jy wil sien wat maak hy op n vark. Hierdie laat my dink aan daai swak flieks waar alles vir die persoon verkeerd gaan.

Daar is nou net een ding wat jy kan doen en dit is om jou selfvertroue terug te kry en dit kom net met oefen. Dit is nie maklik om bewegende teiken diere te simuleer nie maar dit is tog moontlik. Kry iemand wat n boks met n lang tou vir jou trek of so iets. Hardloop ook bietjie rond op die baan en skiet vinnig na lewensgetroue teikens toe. Hierdie skep selfvertroue en dit is wat jy nodig het. Sterkte ou maat en ons hou duim vas vir jou.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: As nederigheid op 'n man afgedwing word...

Post by Eugene »

Wouter Roets wrote: Deon

My maat my hart bloei vir jou! Ek weet hoe opgewonde jy was oor hierdie nuwe roer en hoe graag jy wil sien wat maak hy op n vark. Hierdie laat my dink aan daai swak flieks waar alles vir die persoon verkeerd gaan.

Daar is nou net een ding wat jy kan doen en dit is om jou selfvertroue terug te kry en dit kom net met oefen. Dit is nie maklik om bewegende teiken diere te simuleer nie maar dit is tog moontlik. Kry iemand wat n boks met n lang tou vir jou trek of so iets. Hardloop ook bietjie rond op die baan en skiet vinnig na lewensgetroue teikens toe. Hierdie skep selfvertroue en dit is wat jy nodig het. Sterkte ou maat en ons hou duim vas vir jou.

Groetnis
Wout
+1!!!  :)

Onthou: "Perfect practise makes perfect!"
Aim small, miss small
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: As nederigheid op 'n man afgedwing word...

Post by DWB »

Dankie Manne!

Ag wat! Die Self vertroue het darem nie so groot knak gekry nie!

Ek lag maar saam daaroor!

Ek gaan nog oefening insit!

Sal een van die dae saam 'n monster vark pose!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: As nederigheid op 'n man afgedwing word...

Post by BRNO (Pierre) »

Wouter Roets wrote: My maat my hart bloei vir jou! Ek weet hoe opgewonde jy was oor hierdie nuwe roer en hoe graag jy wil sien wat maak hy op n vark. Hierdie laat my dink aan daai swak flieks waar alles vir die persoon verkeerd gaan.
Stem saam. Ons het ook al lekker gesels, en hart gestoei vir die lisensie. Gee hom kans. Dit is n Brno. Hy sal raak skiet!
Veiligheid eerste manne!
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: As nederigheid op 'n man afgedwing word...

Post by GreyGhostGear »

Deon,

net vasbyt, hy gaan nog val, geen twyfel..

Ek moes net so bietjie lag vir jou nuwe bynaam:
"My nuwe bynaam is S..t Shot Deon."

Het so rukkie terug die pette gemaak vir 'n jag groep, nou nie geweet die regterkantste een was op jou gemik nie ;D ;D ;D

Image

Ek maak jou 'n deal, as die eerste een geval het met die 9.3 stuur ek vir jou met komplimente 'n "BAAS" een!

Groete,
Petrie.
Last edited by GreyGhostGear on Mon Oct 15, 2012 9:24 am, edited 1 time in total.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: As nederigheid op 'n man afgedwing word...

Post by LUAN »

;D ;D ;D
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: As nederigheid op 'n man afgedwing word...

Post by LoveHenties »

Wouter Roets wrote: Dit is nie maklik om bewegende teiken diere te simuleer nie maar dit is tog moontlik.
Die Yank skerpskutters vat 'n helium ballon vasgemaak aan 'n radio beheerde speelgoed motortjie. Op TV werk dit mooi.
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2488
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: As nederigheid op 'n man afgedwing word...

Post by Flip Nel »

Hierdie storie laat my dink aan oorlede Oom Lucas Potgieter wat altyd ges? het daar is niks soos die jagveld om mens af te bring aarde toe nie
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: As nederigheid op 'n man afgedwing word...

Post by DWB »

Petrie,

Ek kan nou nie vir die volgende paar weke jag nie, maar maak hom in oranje en ons het 'n deal  ;D ;D ;D ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: As nederigheid op 'n man afgedwing word...

Post by Wouter Roets »

Flip

Waar woorde van die GROOT man! Hoe mis ek hom nou!

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: As nederigheid op 'n man afgedwing word...

Post by GreyGhostGear »

DWB wrote: Petrie,

Ek kan nou nie vir die volgende paar weke jag nie, maar maak hom in oranje en ons het 'n deal  ;D ;D ;D ;D
Deal is aan in oranje en al.
Wag net vir die foto van die gesneuwelde vark dan stuur ek vir jou.
Mooi week daar..
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2488
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: As nederigheid op 'n man afgedwing word...

Post by Flip Nel »

Wouter

As kind was hy my Hero, ek onthou hoe ek al my pa se ou lanbouweekblad tydskrifte deurgesoek het vir Boer en sy Roer, was ook bevoorreg om 'n slag of twee met hom oor die Foon te praat, dat hy ook 'n 9.3x62 geskiet het, het natuurlik hom net gewilder by my gemaak, erens het ek nog 'n artikel wat hy 'n koedoe bul met sy 9.3 geskiet het, was met 'n RWS 258 H-mantel.  Dit bring baie herineringe terug
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: As nederigheid op 'n man afgedwing word...

Post by Wouter Roets »

Flip

Een van my kliente se hoofkantoor is baie naby aan sy winkel so ek het altyd na n vergadering na hom toe gery om te gaan dag se. Ons het dan vir ure gesit en nonsens praat en debateer oor dit en dat. Wendy(Die Engelsman) was elke keer baie onsteld oor hy nie sy kant met ander kliente gebring het nie.

Dit was nog op die kaarte dat hulle vir my sou kom kuier het op die plaas, maar helaas was dit ons nie beskore nie. Dit sou een van my groot begeertes volbring het om na hom te luister om die kampvuur!

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: As nederigheid op 'n man afgedwing word...

Post by Carl »

Deon,
Baie bly jy't nie bufffels gejag nie. Gooi geld na die probleem ;-) kry een van daai aimpoint megafters.
Sterkte jy sal die ding nog uitsorteer en as hy eers loop, gaan dit lekker wees. Probeer om die oefeninge te doen wat haelgeweer ouens doen om seker te maak jy volg deur na jy die sneller trek.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
molopohunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 476
Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm

Re: As nederigheid op 'n man afgedwing word...

Post by molopohunter »

LoveHenties wrote:
Wouter Roets wrote: Dit is nie maklik om bewegende teiken diere te simuleer nie maar dit is tog moontlik.
Die Yank skerpskutters vat 'n helium ballon vasgemaak aan 'n radio beheerde speelgoed motortjie. Op TV werk dit mooi.
Niks lelik bedoel nie, maar wat is die kans om die karretjie m#&r toe te skiet???
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: As nederigheid op 'n man afgedwing word...

Post by DWB »

Peet,

"Tempting" sal ek s?  ;D

Maar dis dalk nie 'n sleg plan nie!!!

Kan die balon so meter bo hom h
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
molopohunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 476
Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm

Re: As nederigheid op 'n man afgedwing word...

Post by molopohunter »

Haha, ja. Ek het 1 keer 1 van daai helikopters gekoop nadat ek met daai game cheapies gespeel het. Vat die ding uit na n groooooot oop stuk grond, kyk hoe hoog kan die ding vlieg (dan kan ek mos recovery tyd he? vergeet van die syncro wat weer gedoen moet word op die radio) , sny die sein uit en "crash" hy op die eenigste klip op die stuk oop aarde...Morrel of the story...begin goedkoop.
Plaas oefen ek eerder klei chopper op hom, sou my meer genot verskaf het.

Groete,
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: As nederigheid op 'n man afgedwing word...

Post by LoveHenties »

DWB wrote: "Tempting" sal ek s?  ;D
Met die regte badge op, baie tempting...
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: As nederigheid op 'n man afgedwing word...

Post by DWB »

GreyGhostGear wrote:
DWB wrote: Petrie,

Ek kan nou nie vir die volgende paar weke jag nie, maar maak hom in oranje en ons het 'n deal  ;D ;D ;D ;D
Deal is aan in oranje en al.
Wag net vir die foto van die gesneuwelde vark dan stuur ek vir jou.
Mooi week daar..
Petrie,

Ek dink jy skuld my 'n hoed? :D :D
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Post Reply