Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek kry net nie die outjie uit my kop nie Vraag is nou net of ek met my groot of klein brein dink Enige raad en of advies sal baie waardeur word. Ek ken glad nie Taurus nie
Jis
Koop maar .
Ek het die 454 casull in die Raging Bull.Ek trek nou by so 2400 skote en hy is nog so styf soos dag een.Ek het n Ultra dot op nadat my rewolwer al 2 Burris scopes en 1 Leupold geeet het.
As jy jou deel doen kan skote tot op 100m maklik aangevat word,let wel ,oefen en nog oefen.
Goeie wapen ,pas net jou ore op want die ports voor speel nie met n mens se ore nie.
Groete
Johan
Dankie Johan, dis nou presies wat ek wou hoor . Die reviews op die net ook meestal positief. Meeste manne kla oor klein masjien merkies en so, meganies lyk dit of hy deur en deur sy geld werd is.
Ek sukkel self om te fokus, dis 'n langtermyn projek die.
Blok dit klink so na R5-8k hang ook af watse kaliber en presiese model jy vat?
Last edited by Marc on Wed Oct 03, 2012 7:58 pm, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Henk
Ek mag uit wees met die prys As daar iemand is wat weet van een wat iewers l? en wag vir 'n nuwe huis sal ek graag wil hoor
Johan
Ek het ook nogal gedink 'n dot sight gaan beter werk, plan is om varke met hom te jag, so dit gaan soms vinnige skote wees wat nie so maklik met 'n teleskoop gaan wees nie
Daai 454Cas is sekerlik 'n bulletjie, ek weet nie of ek al reg is vir so outjie nie. Dink ek sal eerder gaan vir die .44Mag
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Naand Manne
Hier is die foto van my revolwer met die red dot op.
Soos ek gese het eet die revolwer teleskope en ek moes hierdie red dot gom om te sorg dat hy nie skuif in die ringe nie.Maar een ding is seker,hy hou .Ek skiet net 300grn lood pille en die red dot het nog nie ge oe of ge aa nie.
Die ultra dot het n verstelling vir 2,4,6,8 MOA asook die verstelling vir die intensiteit van die kol self.
Die ultra dot kom met sy eie ringe en is gemaak om op n Weaver basis te pas.
Ek sal die produk aan enige iemand voorstel.
Wat die dot lekker maak is dat jy met altwee oe oop kan skiet en dat daar geen paralaks fout is nie ,dws daar waar die kol is daar land die skoot,maak nie saak waar die kol in jou sigvlak is nie.
Hoop dit help
Groete
Johan
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Hallou Manne
Ek kom net gou weer terug oor die red dot se vraag .Ek het hom vir $210 gekoop en al 2 van hulle ingebring.Die company wat dit verkoop pos dit net vir jou en geen vrae gevra nie.Ek moes myne by die doeane in Kaapstad afhaal en ek het minimum invoer belasting betaal.
Ek besit ook nog n Taurus M44 in 44magnum.Hy is ook geport met n 4 duim loop.Hy kry jou aandag aan beide kante maar sodra jy aan hom gewoond is is dit niks om met hom te skiet nie.Ek skiet 240 en 300grn lood punte met n maksimum lading,geen probleme nie.Ek sukkel net om verder as 40m al my skote op n A4 bladsy te hou agv die growwe sights so ek persoonlik sal nie verder as hierdie afstand skiet as ek moet jag nie.Ek sal n kans vat maar ek sal nie 100% daaroor voel nie.
Die revolwer het ook nie die basis sisteem soos die Raging bull nie so as jy iets wil mount sal jy n basis moet insit daar waar die agterste sight inskuif.
Ek het ook gehoor dat Taurus se ondersteuning goed is.Die enigste probleem sal wees dat jy jou hele revolwer sal moet wegstuur.
Hoop dit help
Groete
Johan
Ek het 'n Taurus .357 met 6" loop van 1984 tot 3 maande terug gehad en het 2 varke en 'n ribbok met hom platgetrek.
Een groot fout wat ek agtergekom het is die "forcing cone" wat uitsteek tussen die silinder en die loop.
Omdat dit te lank is en nie die beskerming van die brug het nie het myne gekraak en ek het begin rondkyk vir 'n vervanging. Kyk mooi na die gapings tussen silinder en loop want dit kan moeilikheid veroorsaak. Ek het toe 'n Astra aangeskaf wat se gaping 1/10 is van die Taurus en net so lekker hanteer.
Die Colt Python bv se gaping is haarbreedte wat verseker dat die kanse van 'n kraak 0 is.
Kockp1 wrote:
Ek het 'n Taurus .357 met 6" loop van 1984 tot 3 maande terug gehad en het 2 varke en 'n ribbok met hom platgetrek.
Een groot fout wat ek agtergekom het is die "forcing cone" wat uitsteek tussen die silinder en die loop.
Omdat dit te lank is en nie die beskerming van die brug het nie het myne gekraak en ek het begin rondkyk vir 'n vervanging. Kyk mooi na die gapings tussen silinder en loop want dit kan moeilikheid veroorsaak. Ek het toe 'n Astra aangeskaf wat se gaping 1/10 is van die Taurus en net so lekker hanteer.
Die Colt Python bv se gaping is haarbreedte wat verseker dat die kanse van 'n kraak 0 is.
Sterkte
Baie dankie vir die terugvoer
Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Deon, laat weet bietjie oor daai 44 Mag? Myne le so alleen, die 357 hou hom geselskap, maar ai, as die groot oom blaf op die skietbaan pak die manne met 9mmP sommer op!
En Centurion Indoor se eienaar het eenkeer ingestorm in die ondergrondse skietbaan toe ek 6 skote in 3 sekondes aftrek (wil kyk wat is my groep as ek vinnig moet skiet). Hy se toe dat die 44 so baie rook uitskop dit gaan sy rook alarms afsit, en dan is die polisie en brandweer en almal daar. Lag ek my natuurlik 'n papie...
Anyways, ek love my 44, as ek eendag die kans kry om 'n groter handwapen as dit te kan skiet en/of besit, sal ek dit dadelik doen!