Die .308
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Die .308
Hier is n artikel oor die .308 vir ouens wat op n budget is bly dit maar n goeie kaliber om mee te begin met baie voordele en staan nie terug vir baie ander kalibers. Goed soos looplewe, koeel verskeidenheid en beskikbaarheid, recoil ens. word genoem.
http://www.longrangehunting.com/article ... ster-1.php
http://www.longrangehunting.com/article ... ster-1.php
-
howa 308
- Newbie

- Posts: 15
- Joined: Thu Sep 27, 2012 7:39 am
Re: Die .308
Hallo 303
Dit is een van die artikels wat ek gelees het, wat my finaal laat besluit het om n .308 te koop. Dit was tussen die 308 en die al om bekende 30-06.
het my geweer onlangs gekry, maar nog nie geskiet nie.
baie dankie vir die link, glo dit kan ander manne ook help

Howa .308 Win
Rossi 357/.38 special lever action
Arminius .38 special
Bruno Mod 1 .22 long rifle
Rossi 357/.38 special lever action
Arminius .38 special
Bruno Mod 1 .22 long rifle
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Die .308
Dis als waar Ludwig maar jy moet jouself vra gaan jy ooit daardie lang afstande hoef te skiet? Dan het jy nie al daardie moderne kalibers nodig nie. Ons is ook nie almal geld se baas nie so dan doen n .308 goed genoeg vir nou. Ook hoeveel beter gaan jy af wees met een van daardie moderne kalibers? Gaan jy soveel lekkerder skiet? Jy moet nogsteeds jou storie ken jou geweer se trajek en scope settings en al die works.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Die .308
Die plasing van *303* is in die lang aftsand seksie van die forum so ek neem aan dit is gemik oop lang afstand skiet.
Lang afstand skiet en lang afstand jag is seker iets anders, maar wat vir my dieselfde bly is dat op langafstand platskiet nie meer in so erge mate feature in die vergelykings nie en dit hier hoofsaaklik oor windskuif en slaankrag gaan.
Die 260 Rem skop gat !!!
Vandat ek my 260 gekry het staan die 308 en stof opgaar. Soos julle geregverdig ook wys het die 308 sy plek en ek sal vinnig 'n 308 aanbeveel vir 'n nuweling wat nog moet leer om te skiet en op 'n budget is. Ek kyk nou sterk om my 308 te laat kamer na 'n 300 WSM vir 'n bietjie meer slaankrag tot en met 1km
Lang afstand skiet en lang afstand jag is seker iets anders, maar wat vir my dieselfde bly is dat op langafstand platskiet nie meer in so erge mate feature in die vergelykings nie en dit hier hoofsaaklik oor windskuif en slaankrag gaan.
Die 260 Rem skop gat !!!
Vandat ek my 260 gekry het staan die 308 en stof opgaar. Soos julle geregverdig ook wys het die 308 sy plek en ek sal vinnig 'n 308 aanbeveel vir 'n nuweling wat nog moet leer om te skiet en op 'n budget is. Ek kyk nou sterk om my 308 te laat kamer na 'n 300 WSM vir 'n bietjie meer slaankrag tot en met 1km
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Die .308
Ag als word net n equipment race dis hoekom soveel ouens nou die .260 kry. Ek het in my eerste post gese ek se nie die .308 is die beste maar nogsteeds n goeie kaliber wat maklik is om groot verskeidenheid koeels en komponente te kry en nogsteeds goed kompeteer. Ons almal wil nie bokke op 600m plus jag nie. En jy kan op 400m bokke he wat gaan vir jou wag dat jy jou bipod uitslaan en hom range en scope stel dan is .308 genoeg. 
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Die .308
*303* wrote: Ag als word net n equipment race dis hoekom soveel ouens nou die .260 kry. Ek het in my eerste post gese ek se nie die .308 is die beste maar nogsteeds n goeie kaliber wat maklik is om groot verskeidenheid koeels en komponente te kry en nogsteeds goed kompeteer. Ons almal wil nie bokke op 600m plus jag nie. En jy kan op 400m bokke he wat gaan vir jou wag dat jy jou bipod uitslaan en hom range en scope stel dan is .308 genoeg.![]()
Of op 200m, jy moet net saggies bekruip en daai bi-pod mooi saggies oopslaan...
Last edited by Eugene on Tue Oct 09, 2012 3:25 pm, edited 1 time in total.
Aim small, miss small
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Die .308
As jy deelneem aan sport is 'n "equipment race" onvermydelik indien jy wil presteer en saam met die top ouens kompeteer.
Vir 'n algemene gebruiksgeweer is die 308 seker moeilik om te klop, maar die afdeling van die forum gaan nie daaroor nie. In hierdie afdeling gaan die kalibers wat hoe BC koeels teen genoegsame spoed kan lanseer moeilik geklop word en ongelukkig is die 308 in SA nie deel van hierdie groepie nie (volgens my).
Vir 'n algemene gebruiksgeweer is die 308 seker moeilik om te klop, maar die afdeling van die forum gaan nie daaroor nie. In hierdie afdeling gaan die kalibers wat hoe BC koeels teen genoegsame spoed kan lanseer moeilik geklop word en ongelukkig is die 308 in SA nie deel van hierdie groepie nie (volgens my).
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Die .308
Ja dan hoef jy ook nie te worry oor die .260ac nie en all the way gaan en .338 of .50cal te koop dan word dit nog makliker vir langafstandjag. Die post was vir langafstand jag as kompetitisie waar jy nie mag rangefind nie. Btw op die longrangehunt forum is daar klompie ouens wat op 1000yds bokke omdop met .308
- tau
- Hero Member

- Posts: 3969
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Die .308
Ek het my .308 verkoop. Ek vind as ek met hom skiet moet ek net met hom skiet en nie na die Magnums en ander vinnige ouens gaan nie. Die trajekte verskil teveel. Ek sal seker eendag weer een aanskaf, maar dit sal 'n semi auto wees. Mens kan met 'n 2.2 Hilux lekker vakansi hou en amper orals ry tot daai ou met die 4500 EFI cruiser daai groot duin uitry en jy onder sit en komkommer brooitjies eet terwyl jou kinders bloos. (grappie ek ry 'n diesel Toy)
Arnold is reg dat die .308 briljant is as eerste geweer en as 'n wapen in jou kluis, maar vir LANGAFSTAND dkiet en jag is daar darem al beter. As jy herlaai vir hom of die .284 Win of 7mm WSM of 300 WSM gaan die kostes nie baie verskil nie.

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Die .308
Ek dink nie die ou het probeer maak van hom iets wat hy nie is nie net dat daar baie voordele is soos lank looplewe etc, "What is commonly overlooked is two key items. 1: the smaller bullet requires a tighter twist. This increases the pressure. At max pressure for max pressure, the velocity potential between the two is not the same. And 2: as the bore gets smaller, the burn area is reduced. This further reduces the velocity potential"
So wat ek probeer se het ja dis n goeie kaliber met baie potensiaal en wat ver kan gaan maar nie die beste maar nogsteeds n goeie opsie vir beginners. Hoeveel produksie geweer .260ackleys kan jy koop daar buite?
So wat ek probeer se het ja dis n goeie kaliber met baie potensiaal en wat ver kan gaan maar nie die beste maar nogsteeds n goeie opsie vir beginners. Hoeveel produksie geweer .260ackleys kan jy koop daar buite?
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Die .308
Ek dink die artikel is swak en eintlik van geen waarde! Die ou was lus om sommer iets te skryf oor sy gunsteling kaliber.
*303*, mens kry geen pruduksie gewere in 260 AI nie. Mens kry wel gewone 260 Rem gewere wat steed die 308 klop.
As jy die volgende verstaan sal jy sien dat dit van geen belang is vir lang afstand skiet nie ...
"What is commonly overlooked is two key items. 1: the smaller bullet requires a tighter twist. This increases the pressure. At max pressure for max pressure, the velocity potential between the two is not the same. And 2: as the bore gets smaller, the burn area is reduced. This further reduces the velocity potential"
Dit se basies jy gaan 'n 110gr vinniger in 'n 308 kan skiet as in 'n 243 gegewe die loop is dieselfde lengte. Dit is waar, maar as jy enigsins na die ballistiek kyk sal jy sien die lig-vir-kaliber koeel val gou uit die bus en is eintlik useless!

Last edited by Arnold on Tue Oct 09, 2012 4:03 pm, edited 1 time in total.
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Die .308
Kom die Tikka varmint nie nou uit in .260ack nie?
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Die .308
Ek glo nie enige geweer vervaardiger sal 'n produksie geweer uitbring in 'n kaliber waarvoor daar nie ammunisie of doppe beskikbaar is nie.
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Die .308
Ek dink nie hulle gebruik 150gr nie hoor dis meer die 175gr smk. En hoeveel van ons Sa jagters wil nou 1000m jag? 600m is mos ver genoeg en dan kan die .308 dit mos doen of is dit nie langafstand nie?