Watter Rangefinder
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Watter Rangefinder
Ek kan nie besluit watter een tussen die drie nie Nikon Laser 1000 is heelwat goedkoper as die ander twee maar gaan hy werklik afskeep. Is dit werklik nodag om die ander duurderes te koop of nie. Sal die RF gebruik vir jag en nagskiet, so die rooi lesings ens. is n plus as hulle helderder is. En wil darem n bok kan raak range op so 500 meter.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Watter Rangefinder
Ken nie die ander nie, maar ek het my Leupold al deur sy passies gesit en geen probleme nog ooit gehad nie!
Kan dit met vertroue aanbeveel!!!
Kan dit met vertroue aanbeveel!!!
Aim small, miss small
- ELTIE
- Jr. Member

- Posts: 77
- Joined: Wed Aug 19, 2009 2:05 pm
Re: Watter Rangefinder
Blok
Twee weke terug nikon 1200s gekoop. Glo my jy sal nie spyt wees nie! Van my vriende wat Leupolds het gaan hulle verkoop. Rx 1000 ingesluit. Gaan vergelyk hulle by S&O. Range blesbokke deur bakkie se voor ruit tot ander kant 600m.
Groete
Elton
Twee weke terug nikon 1200s gekoop. Glo my jy sal nie spyt wees nie! Van my vriende wat Leupolds het gaan hulle verkoop. Rx 1000 ingesluit. Gaan vergelyk hulle by S&O. Range blesbokke deur bakkie se voor ruit tot ander kant 600m.
Groete
Elton
-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
- ELTIE
- Jr. Member

- Posts: 77
- Joined: Wed Aug 19, 2009 2:05 pm
Re: Watter Rangefinder
As ek oes gebeur dit van agter die stuurwiel van die bakkie af. Bokke gaan staan nou nie altyd soos jy dit wil he nie, so soms range jy sommer deur die voor ruit. Met van die ander het ek gesukkel om dit te doen.
Groete
Groete
Last edited by ELTIE on Fri Sep 21, 2012 9:46 am, edited 1 time in total.
-
James Wickens
- Newbie

- Posts: 8
- Joined: Sat May 05, 2012 12:31 pm
Re: Watter Rangefinder
Wat is jul gevoel oor die Leica
300 H&H Sako
30-06 Sprinfield Brno
25-06 Rem Sako
577-450 Martini Henry
38 Rossi
Mathews Switchback
30-06 Sprinfield Brno
25-06 Rem Sako
577-450 Martini Henry
38 Rossi
Mathews Switchback
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Watter Rangefinder
Leica en Nikon is jare lank besig met die maak van opmeetinstrumente waar ligmeet metodes gebruik word. Hulle her R en D reeds gedoen en daarom sal ek eerder na hul apparate kyk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3127
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Watter Rangefinder
Wat maak party rangefinders soveel duurder as ander? Ek meen n cheap Nikko stirling model range ook akkuraat tot se 500m. Wat se funksies is noodsaaklik op n rangefinder wat jy nodig het?
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Watter Rangefinder
303, ek gebruik my rangefinder oorwegend vir jag. Die prysverskil tussen die goedkoopste en duurste (gewone) modelle is nie meer as R 2000-00 nie en jy gaan dit waarskynlik net elke 5 jaar spandeer.*303* wrote: Wat maak party rangefinders soveel duurder as ander? Ek meen n cheap Nikko stirling model range ook akkuraat tot se 500m. Wat se funksies is noodsaaklik op n rangefinder wat jy nodig het?
Nou, 'n gekweste eland of koedoebul kos R 12 000-00, al het jou range finder ges? dis 320 m terwyl dit eintlik 480m was....
Net daaroor, koop ek iets wat ek kan vertrou!
Net my 2c!
Groete
Aim small, miss small
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3127
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Watter Rangefinder
Is daar nie ander funksies op die duurder modelle of is dit net die feit dat hulle konstant akuraat range? My cheapie het tog die gong selfde afstand gerange as die ander ouens se duurder modelle. Ek het iets gehoor van hoeke meet is daar rangefinders wat die hoek ook uitwerk vir jou en dan die ware afstand gee of hoe?
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Watter Rangefinder
Ek het eers 'n cheapie gekoop en hy het 9 uit 10 keer presies gerange, maar wanneer range hy die 10de keer verkeerd? Het het eers 'n rangefinder gebruik net vir boogjag, waar kennis van die afstand kardinaal is! Ek het ook agtergekom dat wanneer my cheapie geval of gestamp het, hy eers "ge-reboot" moes word. Ek het toe 'n Leopold gekoop en hy is 10/10 kere akkuraat tot op 600m.*303* wrote: Is daar nie ander funksies op die duurder modelle of is dit net die feit dat hulle konstant akuraat range? My cheapie het tog die gong selfde afstand gerange as die ander ouens se duurder modelle. Ek het iets gehoor van hoeke meet is daar rangefinders wat die hoek ook uitwerk vir jou en dan die ware afstand gee of hoe?
Ek weet nie of hy meer funksies het nie, want ek gebruik nie werklik baie funksies nie, maar hy is beslis meer akkuraat as selfs 'n pel van my se Bushnell, wat maar omtrent R600 goedkoper was!
Nog nie Leica probeer nie, maar gehoor hulle is fantasties!
Aim small, miss small
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Watter Rangefinder
Wat van Leica Rangefinders?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- prohunt
- Hero Member

- Posts: 837
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Re: Watter Rangefinder
Dankie Frederick, want ek gaan binnekort 'n Leica beskikbaar h?.......moet nog net besluit watter een. Ek gaan verseker die CRF 1600 vir myself hou en dan gaan my dogter een van die LRF 1200 of die CRF 1200 oorneem. Daar gaan dus of 'n LRF 1200 of 'n CRF 1200 beskikbaar wees, afhangende van haar keuse. Die CRF 1200 is splinternuut en die LRF 1200 is die een wat ek tans gebruik.
Groetnis
Johan
Groetnis
Johan
Where He leads me I shall follow!
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2161
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Watter Rangefinder
Dags?
Leica se 1600 is uitstekend. Dis die beste kompakte rangefinder waarmee ek nog gewerk het. Die verskil tussen die duur en goedkoper soorte is dat die dures, soos Leica, onder sekere ligomstandighede en teen sekere hoeke en op sekere "onvriendelike" oppervlaktes meet waar die ander nie wil nie. Die klein kompakte Leica is ook beter as die 1000 model wat in die Leica verkyker gebou is (wat ek ook besit). Die verkyker wil nie op sekere oppervlaktes meet nie maar die klein Leica doen dit wel. Het onlangs in Suidwes die Leica rangefinder/verkyker gebruik en na dag twee slegs die klein kompakte Leica. Blok as ek jy is spaar ek en koop die Leica.
Mooi loop

Plesier Johan,Prohunt wrote: Dankie Frederick, want ek gaan binnekort 'n Leica beskikbaar h?.......moet nog net besluit watter een. Ek gaan verseker die CRF 1600 vir myself hou en dan gaan my dogter een van die LRF 1200 of die CRF 1200 oorneem. Daar gaan dus of 'n LRF 1200 of 'n CRF 1200 beskikbaar wees, afhangende van haar keuse. Die CRF 1200 is splinternuut en die LRF 1200 is die een wat ek tans gebruik.
Groetnis
Johan
Ek probeer maar help waar ek kan
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
-
Skier
- Jr. Member

- Posts: 68
- Joined: Fri Apr 15, 2011 11:02 am
Re: Watter Rangefinder
+1 Koos, die kompaktheid en akkuraatheid van selfs die Leica 1000 oortref beslis sy ooglopende klein verpakking - ons weet wat hul se van dinamiet.
Het self nog nie probleem gehad om met die Leica 1000 tot 500+ klein teikens te range nie - heel goed genoeg tot waar ek wil skiet! Die lenskwaliteit/akkuraatheid van die Leica (reken ander Europese fabrikate ook), veral in die laatmiddag en skemer is ook uit die boonste rakke.
Het self nog nie probleem gehad om met die Leica 1000 tot 500+ klein teikens te range nie - heel goed genoeg tot waar ek wil skiet! Die lenskwaliteit/akkuraatheid van die Leica (reken ander Europese fabrikate ook), veral in die laatmiddag en skemer is ook uit die boonste rakke.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Watter Rangefinder
Ek kyk nou toevallig op die internet na die Leica en kom tot my skok en verbasing agter dat ek een van die cheapies het...

Sorry manne, nie besef die Leica is soveel duurder as die Leupold nie!
Ek sal maar moet spaar en een koop....
Sorry manne, nie besef die Leica is soveel duurder as die Leupold nie!
Ek sal maar moet spaar en een koop....
Aim small, miss small
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Watter Rangefinder
Ek het al met meeste van die rangefinders gewerk as ek bokke oes, en getoets, en van al die klein handheld rangefinders is die beste in hierdie volgorde gewees volgens my waarnemings:
1. Leica 1600
2. Swarovski
3. Leica 1200
4. Nikon 1200
5. Nikon 1000
6. Leica 1000
7. Nikon 800
8. En dan vergelyk n klomp in omtrent dieselfde klas (Bushnell 1200, Leupold 1000, ens)
Die Leupold veral wil glad nie range op dowwe swart oppervlakte soos n growwe boomstomp, vlakvark wat in modder gel? het, en die swart spons wat die boog skuts in skiet.
1. Leica 1600
2. Swarovski
3. Leica 1200
4. Nikon 1200
5. Nikon 1000
6. Leica 1000
7. Nikon 800
8. En dan vergelyk n klomp in omtrent dieselfde klas (Bushnell 1200, Leupold 1000, ens)
Die Leupold veral wil glad nie range op dowwe swart oppervlakte soos n growwe boomstomp, vlakvark wat in modder gel? het, en die swart spons wat die boog skuts in skiet.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Watter Rangefinder
Ek het nie dieselfde probleem met my Leupold nie, maar het nog nie die Leica of Nikon probeer nie, miskien is daar 'n ander wereld wat wag!Piet Breedt wrote: Ek het al met meeste van die rangefinders gewerk as ek bokke oes, en getoets, en van al die klein handheld rangefinders is die beste in hierdie volgorde gewees volgens my waarnemings:
1. Leica 1600
2. Swarovski
3. Leica 1200
4. Nikon 1200
5. Nikon 1000
6. Leica 1000
7. Nikon 800
8. En dan vergelyk n klomp in omtrent dieselfde klas (Bushnell 1200, Leupold 1000, ens)
Die Leupold veral wil glad nie range op dowwe swart oppervlakte soos n growwe boomstomp, vlakvark wat in modder gel? het, en die swart spons wat die boog skuts in skiet.
Aim small, miss small
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Watter Rangefinder
Twee van my vriende wat Leupold rangefinders gekoop het, het hulle elkeen 2 keer terug gestuur oor hierdie verskynsel, en elke keer het hulle teruggekom met n nota wat s? dat daar geen fout gevind was nie. Hulle het dit toe naderhand verkoop en Nikons aangeskaf en skiet nou nog met hulle.
In S & O Stellenbosch is daar n swart muur bo waar die rangefinders aangehou word. Doen jouself die guns en range na die swart muur, en kyk watter rangefinders gee n lesing. Jy sal verbaas wees.
In S & O Stellenbosch is daar n swart muur bo waar die rangefinders aangehou word. Doen jouself die guns en range na die swart muur, en kyk watter rangefinders gee n lesing. Jy sal verbaas wees.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Watter Rangefinder
Piet ek stry nie, ek gee maar net my ondervinding!

Nadat ek my RF op die "rain" funksie gestel het, tel hy die boogskiet "butts" baie mooi op en ek het dieselfde RF gebruik toe ons die baan vir die North West Provincial Field gebou het, en hy het presies gemeet wat die staal maatband ges? het.
Ek het nog nooit een van die duurder modelle probeer nie, miskien is dit waaraan ek gewoond is maar net 10% van wat die duurder outjies kan doen!
Sal maar die begroting bekyk en plan maak vir 'n Leica 1600.

johnny
- Hero Member

- Posts: 569
- Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm
Re: Watter Rangefinder
Blok
Ek stem 100% met koos leica is tops spaar eerder en koop een keer, het al baie probeer maar leica wen elke keer.
groetnis
Johnny
Ek stem 100% met koos leica is tops spaar eerder en koop een keer, het al baie probeer maar leica wen elke keer.
groetnis
Johnny
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno, .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
-
fredd
- Full Member

- Posts: 204
- Joined: Mon Jul 26, 2010 8:14 pm
Re: Watter Rangefinder
Hallo almal
Vir die wat nog die Leica oorweeg.
Ek het vandag 'n email van Zimbi books se specials gekry en hulle verkoop die Leica CRF1600 B vir R5900. (Dis die een wat ook temp, druk en inklinasie hoek gee.)
Dink dis 'n baie goeie prys want hy is gewoonlik hier by die R7500 rond.
Groete
Fred