Laedruk Brandspuit
-
Frikjordaan
- Full Member

- Posts: 217
- Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm
Laedruk Brandspuit
Forum vriende.
Ek moet 'n brandspuit koop, maar wil dit ook vir 'n ander aanwending gebruik.
Spook steeds met die probleem om water berg op te ry sodat ons die Noorsdoringgifmelkbosse kan bestry met rugsakspuite.
My plan is om plastiek 1000 l tenks langs die pad te plaas en dan met 'n 500 liter brandspuit water aan te ry om die 1000 l tenks aan te vul.
500 l is omtrent wat 'n l/cruiser berg op kan dra sonder om die voertuig te erg te straf.
Soek dus 'n 500/600 liter lae druk spuit met Honda of Robin masjien wat hom self kan volpomp uit 'n dam.
Goedkoopste sal seker in RSA wees maar die grens en die BTW maak my lam
Sal bly wees as iemand dalk weet van Namibiese firma wat so iets vir die beste prys kan verskaf.
Mooi loop en dankie
Frik

Karasberge Namibi
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Laedruk Brandspuit
Oom Frik
Ek weet nie watter takke van Agra of Kaap Agri die naaste is aan oom nie, probeer een van hulle, anders as oom dalk uit Windhoek kan in die hande kry, probeer Cymot of Pupkewitz.
Kyk in die Agriforum is gereeld redelike pryse, van goedkoper het ek egter nog nie gesien nie.
Hoop oom kom reg.
Beste

Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: Laedruk Brandspuit
Kaap Agri Keetmanshoop het 3 x in voorraad, kontak persoon =Hennie Lubbe of Helga 063-227450
Mariental het 2 x in voorraad, kontak persoon = Hermanus Leeb 063-241319
Hardap het 1 x in voorraad, kontak persoon = Johan Agenbag 063-240897, hy het my al n goeie prys gewys.
Groete

- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Laedruk Brandspuit
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
- Naas
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Mon Mar 07, 2011 4:54 pm
Re: Laedruk Brandspuit
Hallo Frik.
Ek is in Gobabis en bou die brand spuite self.
Mag ek vra hoekom eeder die lae druk spuite.
Ek weet dat die hoee druk spuite in Nam baie duurder is as die lae druk spuite,maar
ek bou die hoee druk spuite vir N$ 8900.00.in Gobabis
Kaap Agri vra N$13000.00 vir die agrimark hoee drul spuite.in Gobabis
Specs:
1000 l tank
5.5 hp moter
20m high pressure pipe
25 l/m 40 bar high pressure pump
venturie
gun.
Die 20 meter pyp kom op n tol.
Die hoee druk spuite werk net beter as die lae druk spuite.
Maak meer ekenomies gebruik van water
veileger by die brand self, omdat die spuit to 20m ver kan spuit.
Ek maak gebruik van n 1000L tank,omdat ek die tanks teen n baie billeker prys as die ander gemoulde tanks kan kry.
Ek kry al die komponente uit Suid Africa,en bou dan die spuite self
Ek se maar net.
Naas Potgieter

Ek moet saam met Naas stem oor die hoedruk spuite, as daar vuur is werk die laedruk net nie so lekker en effektief nie, laat ek eerder se, die hoedruk is net soveel beter. Alhoewel duurder is dit vir my die moeite werd gewees om hoedruk te koop, 2 weke terug met brand by my weer gesien hoe goed daardie spuit werk. Ek sal egter by die kleiner tenk bly max 600l, 1000l raak net te groot en swaar om op plaasbakkies te gebruik as jy nog mens en spaarwiele ook laai.
Naas
Dit is jammer ek hoor nou eers jy bou die spuite self, anders kon ons dalk gesels het, jy moet adverteer in Agriforum of so iets, ek dink die aanvraag vir die spuite is redelik groot.

Hallo Kalahari.
Ja dit sou nice gewees het om met die forum manne te kon besighyd doen.
Ek het egter baie gesukkel om diens uit my verskafer tekry,omdat die spuite
so hoog op aanvraag is die tyd van die jaar.Ek kry dan weer vroeg in volgende week
so paar spuite se parte,maar is bevrees ek gaan telaat wees.
Ek doen ombouings en dienste van die vergter ook.
Ek gebruik die ou sentrifigaale spuite en sit dan net n hoee druk sisteem op.
Ek gebruik die ou moter, met die tank en die geel volmaak pyp.
Dit kos in die omgeewing van so N$5500.00.
Dit sluit n Nuwe pomp,tol met 20 meter pyp n gun met venturie in.
Ek is beesig met Kaap Agri om my spuite aantehou,en dan sal ek bietjie begin bemark.
Naas
Ek gebruik flow tanks.
Dis daai wit tanls wat op die pallet staan met die aluminuim raame om.
Die tanks vat minder plek op n bakkie as die 600l rooi tanks,omdat hulle hoer is as die ander.
Ek merk die tanks met n 500l en n 600l merk.mens hoef nie die heele 1000 liter vol temaak nie,
maar die 1000l werk lekker by die groter spuite wat 2 spuit tolle op het.
Die tanks wat ek gebrui pas maklik op n d/c bakkie,waar die ander net net of net net nie op pas nie.
Ek bou ook die tolle bo op die tank sadat mens nie met die pyp by die klap moet uit sukkel nie.wat beweeging in die veld baie makkliker maak.

Henry 7
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am
Re: Laedruk Brandspuit
Oom Frik
As oom kan bou hom self
1.Kry 'n Honda of Robin enjin
2.Kry 'n pistonpomp
3.Kry 'n tenk
4.Bou 'n frame en line die pulley's reg op vir die fanbelts.
Ons spuit baie vure en die pistonpompe spuit nie hulle water so vinnig uit soos die sentrifugale pompe nie en die druk is meer as genoeg-'n 20m meter hidroliese hose is 'n moet en hy brand of bars nie sommer nie.
Net my inset vir wat dit werd mag wees.
Henry
As oom kan bou hom self
1.Kry 'n Honda of Robin enjin
2.Kry 'n pistonpomp
3.Kry 'n tenk
4.Bou 'n frame en line die pulley's reg op vir die fanbelts.
Ons spuit baie vure en die pistonpompe spuit nie hulle water so vinnig uit soos die sentrifugale pompe nie en die druk is meer as genoeg-'n 20m meter hidroliese hose is 'n moet en hy brand of bars nie sommer nie.
Net my inset vir wat dit werd mag wees.
Henry
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Laedruk Brandspuit
Naas
Ek is met jou oor die tenk storie, soos jy beskryf het kan dit 100% werk, soveel te meer as jy 2 spuitkoppe gebruik.Ek sit nog met die ou (eerste) sentrifugale pomp wat ek nou gebruik om ramme te was en diere af te spuit. Dalk gesels ons vorentoe oor die ombouing na hoe druk.
Sorry oom Frik, nie bedoel om oom se post te kaap nie.

FE
- Hero Member

- Posts: 566
- Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm
Re: Laedruk Brandspuit
Jy kan Makenda Sales kontak. Jy sal alles en nog wat, wat jy nodig het daar kry.
Groete,
FE
Groete,
FE
Born to hunt, but forced to work!
-
Frikjordaan
- Full Member

- Posts: 217
- Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm
Re: Laedruk Brandspuit
Naas, Kalahari en al die ander manne.
baie dankie vir die insette.
Met hoe meer ouens ek mee gesels hoe duideliker raak die ding.
Naas
My plan vir 'n lae druk spuit is omdat ek die spuit meestal sal gebruik om water berg op te ry en dan oor te pomp in tenks bo op die plato sodat arbeiders met rugsak spuite die Noorsdorng gifmelkbos kan bestry.
Die spuit moet hom self by 'n dam kan volpomp en die 500 liter beperking is om dat dit erg styl is berg op, die Landcruiser se "chasis" kraak as die kar gereeld te swaar gelaai is en die bande bly in die slag.
Ervaring hier in die berg wereld is dat mens selde met die brandspuit self by die brand kan kom, klippe te erg en die kranse en steiltes kan mens nie ry nie, so beste plan is maar rugsakspuite.
Die brandspuit self word meestal net gebruik om water mee aan te ry- juis omdat hy self kan volpomp by 'n dam.
Ek sal op die selfoon skakel, wil drie van die tenks by jou koop, ander ouens se ervaring is dat die moulded tenks gou aanstoot kry as hul elke dag bakkie ry.
baie dankie en mooi loop

Groot plesier. Ek het self familie wat in bergwereld boer, so ek weet dit is baie moeilik en self onmoontlik om met pompe by vuur te kom. Bly oom kon regkom.

JK
- Sr. Member

- Posts: 435
- Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am
Re: Laedruk Brandspuit
Ek het spommer n honda lae druk waterpomp by Agra gekoop, en n 900l tenk by Rotomould Okahandja en n frame gemaak wat op die cruiser pas dat die tenk nie rond skuif nie. Die hoe druk pompie spuit beslis beter en gebruik minder water, maar vat ook bietjie langer om die tenk vol te maak. Maar 900l is bietjie swaer vir n cruiser in die berge, stem 600l is n beter opsie met hoe druk vir n fire fighter vir moeilike terrein.
Ek gaan nou maar n hoe druk pompie ook aanskaf vir die spuit werk en gebruik die lae druk om water aan te ry vir die hoe druk spuit. Ons veg die laaste 5 jaar elke jaar met vure.
Sal maar sien wat gebeur die jaar, die reent lyk maar skraps so ver.

Last edited by JK on Tue Jan 08, 2013 9:03 pm, edited 1 time in total.
Johan Kriel
Okahandja
Okahandja