Skiettafel

Post Reply
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Skiettafel

Post by muishond »

Hallo almal


Ek wil graag vir my n skiettafel bou.Sal dit waardeur as enige persoon my kan help met mates bv. hoogte,breete,lengte ens. Die tafel moet geskik wees vir die instel van n roer asook skyfskiet,moet stewig wees en maklik op n bakkie gelaai kan word(as by ander persoon wil gaan skiet).

Dit sal verkies word dat die stoel vas aan die tafel is maw. n eenheid.

Dankie eers

Muishond
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Skiettafel

Post by Beyers »

Muishond
Black en Decker maak 'n opvoubare werksbank met 'n wye poot wat baie stabiel is. As mens 'n stuk 800 wye by 1m lank countertop daarop vasknyp het jy 'n goeie skiet tafel wat binne sekondes opslaan. vir sitplek het ek 'n opvou riempie stoeltjie.
Beyers
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Skiettafel

Post by Christo »

Ek gebruik ook die plan van Beyers en klap 'n ou karjack vas met 'n mik van hout en spons bo-op wat dan lekker stel.

Was nou die dag by Robertson se skiet gewees en daar het hulle letterlik 3 pale geplant en toe 'n sement "T" gecast en bo-op gesit. Hy was so 1.2 meter x 1 meter en het baie lekker gewerk vir links en regs skiet. As jy op een plek gaan opstel en die tafel moet die weer kan staan dan is dit sekerlik die beste plan wat ek nog gesien het. Steel sal hy ook nie .

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Re: Skiettafel

Post by muishond »

Christo en Beyers

Dankie vir die terugvoering.Die Black & Decker tafel klink na die regte een,want tafel sal maklik verskuif en opgetel kan word en is stewig ook.


Waar kry mens so tafel te koop en wat sal dit kos?

Groete
Muishond
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Skiettafel

Post by Beyers »

Muishond

Wanitall R1710, mens kan amper self een bou. Die een op hul site is nie soos myne nie, maar hy sal werk.
Google black and decker , gaan op hul site in en kyk vir 'n verskaffer naby jou.

Beyers
Last edited by Beyers on Tue Feb 16, 2010 7:46 am, edited 1 time in total.
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Re: Skiettafel

Post by muishond »

Beyers

Dankie het dit gekry.

Groete

Muishond
Post Reply