Rooikathokke en Rooikathokke
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Rooikathokke en Rooikathokke
Ek gaan skiet by 'n nuwe klient daar by Madikwe en hy het 'n ruk terug 28 Njala's gekoop en die Rooikatte en ongediertes het hulle geslag totdat hy een bul oor het. Hy boer ook met eksotiese wild en besluit dat hy nou oorlog verklaar met jakkalse en rooikatte. Hy het 'n groot stuk grond (4500 ha) en ek beveel hom aan om Rooikathokke te kry. Ek het nog nooit so baie spore van Rooikatte in my lewe op 'n plaas gesien nie. Ek het ook 'n rooikat en 'n klomp jakkalse vir hom van kant gemaak. Toe hy sien wat ek vir hom saam bring op die bakkie bestel hy net daar agt Rooikathokke.
Ek het nou al 112 hokke in die Noord Vrystaat en Noordwes. Ek het een klient - Ryno Kruger wat twee hokke by my bestel het en hy het vyf Rooikatte op my aanbeveelings gevang in 'n week. Sy buurman Pieter Ernst van Bona Bona wild reservaat het van dit te hore gekom en gaan kyk en so ook vier hokke bestel. Hy het drie in 'n week gevang.
My nuwe klient se Rooikathokke.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Rooikathokke en Rooikathokke
Ken vir Pieter van Bona. Ek het 2 jaar terug daar gaan jag en Rooibok daar geskiet.
Baie mooi en lekker plek daai.
Baie mooi en lekker plek daai.
- iceman1982
- Hero Member

- Posts: 538
- Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm
Re: Rooikathokke en Rooikathokke
Ian, waarvoor loop so hok e waar kan n man hulle optel?
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Rooikathokke en Rooikathokke
Ian
Ek is nogal jikkerig oor hokke in die laaste tyd. Hoeveel weeg die hokke, grootte van ingange, hoeveel valhekke ens.?
Ek hou van ligte hokke, 2 valdeure en so 1.8m lank. Gebruik ook enkeldeur hokke met dieselfde mates en voorkeure.
Mooiloop

Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: Rooikathokke en Rooikathokke
Taffie
Die hokke is 800 * 800 by 1.6 m lank en weeg +- 30kg met twee valhekke. Wat lekker is van die twee hekke - jy kan besluit wanneer om twee of een een te stel hangende af van die terrein. Die hok se sneller sit alles buite die hok so daar is geen kabels of ander metaal binne die hok behalwe die trapplaat. Die belangrikste is dat 'n mens moenie dink dat jy gaan regkom met net een vanghok nie. As ek 'n rooikat gevang het stel ek onmiddelik nog 'n hok langs die een en gee die kat wat gevang is net kos en water vir so drie dae en gewoonlik die eerste aand sit nog 'n kat in die ander hok.
Ja, daar is ook baie baie maniere om die katte te vang met verskillende lokmiddels soos al bespreek op die forum.
Mooi aand
Grumpy, ja Pieter se plek is asemrowend en sy wildsveilingskrale. Baie mooi plek.

Ja, darie hokke klink goed. Ook nice dat die triggers aan die buitekant is.
Mooiloop
Ja, darie hokke klink goed. Ook nice dat die triggers aan die buitekant is.
Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- Kleinpiet
- Full Member

- Posts: 142
- Joined: Thu Jun 30, 2011 5:40 pm
Re: Rooikathokke en Rooikathokke
Wil ook s? ek het 5 hokke wat permanent gestel staan. Haal gereeld ten minste een per maand die laaste drie maande uitgehaal. Voor dit was dit egter baie lank stil, tot ons een met die perde opgejaag het en doodgemaakhet, 'n groot wyfie 16kg geweeg, toe begin vang ek weer jonges.
Op die stadium is hulle (rooikatte) grootste eters hier by my. Kamp wat ek vandag gewerk het waar die katte die meeste aktief was het ek 250 dorper ooi ingehad dragtig gescan, darem nog so 170 lammers oor. Net as ek 'n kat doodgemaak het dan kry ons 2-3 dae later weer 'n lam wat deur 'n kat gevang is. Dit is nou maar net eenvoudig 'n area wat hulle laaik.
Moet s? die jakke het ook 'n paar gekap maar van die wat ons kon kry voordat die kraaie hul beetgehad was maar rooikat byt en vreetplekke.
Die grootste probleem is, lyk dit maar vir my, is dat daar plekke is waar die roofdiere nie gepla word nie!!!!!!!!!!!!

- Martin Marais
- Hero Member

- Posts: 573
- Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm
Re: Rooikathokke en Rooikathokke
Naand Ian
Ek bou ook my eie vanghokke. Net een vraag, die sneller meganisme wat aan die buitekant van die hok is,pla dit nie wanneer jy die hok met bosse toepak nie. My hokke is ook kleiner as jou hokke,en ek verkies weer die halfmaan deur bo die skuifdeur,omrede ek die hokke op mekaar kan stapel tydens vervoer. Hier waar ek jag is dit ook maar baie bergagtig,en daarom werk die kleiner en ligter hokke in my opsig vir my beter. Om 5 ligte hokke berguit te dra maak jou nogal moeg,dink net hoe sal 'n man voel na 5 swaar hokke.
Groete
Martin Marais

Martin
Die sneller pla nie as dit toegepak word met takke nie. Daar moet net nie iets onder die sneler wees wat 100 mm van die grond af is nie. Die sneller is op die kant van die hok in die middel en werk vertikaal af met 'n veer wat die trapplaat se gewig dra. Die hekke skuif net uit en twee persone kan met gemak die hok dra tot waar dit gestel moet word.
Net 'n foto van 'n hok wat ek gestel het en toegepak het.
Die sneller pla nie as dit toegepak word met takke nie. Daar moet net nie iets onder die sneler wees wat 100 mm van die grond af is nie. Die sneller is op die kant van die hok in die middel en werk vertikaal af met 'n veer wat die trapplaat se gewig dra. Die hekke skuif net uit en twee persone kan met gemak die hok dra tot waar dit gestel moet word.
Net 'n foto van 'n hok wat ek gestel het en toegepak het.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Ian on Sun Sep 30, 2012 6:55 am, edited 1 time in total.
- Martin Marais
- Hero Member

- Posts: 573
- Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm
Re: Rooikathokke en Rooikathokke
Middag Ian
Dankie vir die terugvoer,ek waardeer dit. As ek mag vra,wat is die prys per hok by jou? Ek verkoop myne tans teen R1300-00,maar ek moet noem dat ek die prys sal moet aanpas aangesien die staalprys en die afleweringskoste nogal skerp gestyg het na die laaste brandstofprysstyging.

lechwe
- Jr. Member

- Posts: 89
- Joined: Sat Aug 04, 2012 12:39 pm
Re: Rooikathokke en Rooikathokke
Hello Ian,
ek sal self in hokke belangstel. Ek het n wildkamp hier naby Verkykerskop en die ongediertes maak maar moeilikheid tussen die skape, takbokke, springbokke en lechwes.
Hoor van jou
Tx

Air arms S400 classic
.22 Remington
.222-50 Tikka T3
.308 Steyr Mannlichter
.30-06 Sako
12 br Beretta
9 mm Star
.50 Remington rolling block black powder
Bowtech 350 Destroyer
.22 Remington
.222-50 Tikka T3
.308 Steyr Mannlichter
.30-06 Sako
12 br Beretta
9 mm Star
.50 Remington rolling block black powder
Bowtech 350 Destroyer
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: Rooikathokke en Rooikathokke
Martin
Met alle respek kan ek nie 'n hok teen jou prys bou nie. Net die materiaal werk uit R800.00 en dan laat maak ek die U gly bane wat 'n mens nie oor die toonbank kan koop nie. Dan moet die arbeid, krag, snylemme en sweisrods bykom en dan eet so 'n hok die sweisrods. Dit klink vir my of my hokke dan ook grootter is as joune. Ek verkoop teen R2500.00/hok.
Lechwe
Lyk my jy boer ook met al die vatbare diere. Jy is welkom om my te PM as jy belangstel.
Groete Ian

JK
- Sr. Member

- Posts: 435
- Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am
Re: Rooikathokke en Rooikathokke
Kommentaar/vraag Ian, is die hok n bietjie hoog, of kort nie, of laat ek so vra, het jy onder vind dat hy uitglip voor die hek op die grond is nie? Vra net!
Johan Kriel
Okahandja
Okahandja
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: Rooikathokke en Rooikathokke
Naand Johan
Ek het nog nooit 'n probleem gehad dat 'n kat uitspring as die deure val nie. Die valhekke is in U glybane en dit klink soos 'n geweerskoot as die sneller geaktiveer word. My siening is as die deure begin val spring die kat op teen die vallende deur vas. Net by my in een jaar 22 rooikatte afgehaal waarvan 17 gevang was. Persoonlik het ek ook nog nooit slegte kommentaar van kliente gekry nie want hulle gee altyd die goeie nuus deur -" die kat sit ".

Last edited by Ian on Mon Oct 01, 2012 6:41 am, edited 1 time in total.
- Martin Marais
- Hero Member

- Posts: 573
- Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm
Re: Rooikathokke en Rooikathokke
Middag Ian
Dankie vir die terugvoer. Ek maak my hokke se rame van 12mm ronde yster. Ek trek dan die rame oor met 80x44mm expanded metal. Die mates van die hok is so uitgewerk dat ek net een vel expanded metal per hok gebruik. Die vloer maak ek met 8mm ronde yster. Ek het maar op hierdie metode besluit,omdat dit vir my koste effektief is,omrede ek alles self kan doen. Dink in elkgeval as ek R2000-00 plus vir 'n hok moet vra,sal ek nie een verkoop kry nie. Ek kan darem ook met trots byvoeg dat ek net positiewe terugvoer van die boere kry rakende die sukses wat hulle het met hierdie hokke.
My groot droom is egter om 'n hok te bou in "kit vorm". Dit moet 'n klein pakkie wees wat min spasie opneem tydens vervoer.

- Kerneels S.
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Tue Jul 31, 2012 8:34 am
Re: Rooikathokke en Rooikathokke
Ian en Martin
Ek vind julle posts baie intressant. Bou julle manne dieselfde tipe hokke? Volgens julle wat is die beste tipe hok? Ek is nuut in die game en weet nie meer wie om te glo oor watter hok werk die beste. Soos ek verstaan julle hokke het twee val deure en die ander manne praat van een deur met 'n vals hokkie vir 'n hoender bv.
Met julle hok met die twee val deure, wat gebruik julle vir aas of lok middel. Hoe werrk die hok en waar stel jy dan so 'n hok met 2 deure?
Martin jou hok met expanded metal: Gebruik jy dit ook vir die vloer?
Sou graag wou hoor van julle slim manne.
Groete
Kerneels S

.22 Brno, .22 Zidi(Hornet), .223 Ruger, .243 Ruger, .270 Sako, .25-06 Rem, .308 Weatherby, .303 Lee Enfield, .30-06 Howa, .30-30 Marlin, .300 Weatherby Mag, .375 H&H, 12 BR Browning Citori Grand Lightning, .9mm Para, .44 Mag Super Black Hawk, 7.63mm Broomhandle Mauser
- Martin Marais
- Hero Member

- Posts: 573
- Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm
Re: Rooikathokke en Rooikathokke
Goeie middag Kerneels
Skuus as my post bietjie misleidend is,maar my hokke het slegs een deur. Die vloer is nie van expanded metal nie,omrede dit te gou deur roes. Ek maak die vloer met 8mm roundbar. Die rede waarom my hokke net een deur het is omdat die hokke volgens my te kort is vir 2 deure. Met 2 deure word die trapplaat in die middel van die hok aangebring,daarom sal die afstand vanaf die trapplaat tot by die deur in my hokke baie klein wees. My hokke se trapplate is ongeveer 800mm vanaf die hek. Dit is maar net my beskeie mening dat met die trapplaat so ver van die deur af,die rooikat se kans om uit die hok te spring nadat hy die trapplaat afgetrap het maar baie klein is.
Let wel,ek probeer nie voorgee dat my hokke beter as ander manne s'n is nie. As 'n ding werk dan werk hy.
Hoop dit antwoord van jou vrae.
Groete
Martin Marais.

Baie dankie vir jou terugvoering. As jou hok net een deur het wat gebruik jy dan as lok aas of het jou hok ook die valshok vir 'n hoender?
Groete
Kerneels
Baie dankie vir jou terugvoering. As jou hok net een deur het wat gebruik jy dan as lok aas of het jou hok ook die valshok vir 'n hoender?
Groete
Kerneels
.22 Brno, .22 Zidi(Hornet), .223 Ruger, .243 Ruger, .270 Sako, .25-06 Rem, .308 Weatherby, .303 Lee Enfield, .30-06 Howa, .30-30 Marlin, .300 Weatherby Mag, .375 H&H, 12 BR Browning Citori Grand Lightning, .9mm Para, .44 Mag Super Black Hawk, 7.63mm Broomhandle Mauser
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: Rooikathokke en Rooikathokke
Kerneels
My persoonlike ondervinding, ek stel die hok met twee valdeure altyd in 'n paadjie of teen 'n lyndraad waar ek die spore kry. Wat vir my goed werk, drie tiepe lokmiddels - catnip, Francois Marais se lokmiddel of 'n blikkie olie Sardines en dan hang ek 'n stukkie foil bo die trapplaat.
As die kat paaie gebruik in bos gebied stel ek die hok teen die pad in 'n bos met net een valdeur oop en daar gebruik ek ook 'n reukmiddel met foil en hang 'n tarentaal bo of agter die trapplaat.
Die beste reukmiddel is natuurlik Rooikat uriene. As'n kat gevang is, hou die vir 'n paar dae in die hok en gee kos en water en haal die blaas uit as die kat van kant gemaak word en strooi dro? gras op die trapplaat en gooi dan die uriene op dit uit.
K?rels, daar is baie suksesvolle maniere om 'n Rooikat te vang en hier is baie inligting op die forum.

Ryno Kruger het 2 jaar terug 2 Rooikathokke by my gekoop en hy skakel my gister om my die goeie nuus te gee dat hy sy 21ste Rooikat gevang het op die manier wat ek hom geleer het. As ek nog raad kan gee wat baie goed werk is om 'n 30cm rooi geskenkpapierlint (1 duim breed) bo die trapplaat te hang saam met die olie-sardiens, catnip en foelie. Probeer dit gerus en laat weet ons asb.
Mooi naweek.
Mooi naweek.
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Rooikathokke en Rooikathokke
Middag manne
Martin met alle respek gese dink jy nie jy hoort jou eie topic te begin om jou eie hokke te bemark. I.p.v om nou hier op Ian se draad jou produkte te probeer afsit nie, maar net n observasie. Ian ek haal my hoed vir jou af op die manier wat jy die ding hanteer.
By the way ek like jou patent kwaai Ian, geluk ook met n puik produk en jou uitstekend sukses rekord !
Mooi loop

" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 844
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: Rooikathokke en Rooikathokke
Marc
Stem saam met jou. Elke verkoper hoort eie topic te hê.
Stem ook saam dat as Beytell iets bou, dan werk dit.
Groete
Dawie Malan
Stem saam met jou. Elke verkoper hoort eie topic te hê.
Stem ook saam dat as Beytell iets bou, dan werk dit.
Groete
Dawie Malan
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2174
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Rooikathokke en Rooikathokke
Dawie & Marc,
Behalwe vir Ian se laaste post het die manne in 2012 alreeds hierdie kommentare gemaak...

"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Rooikathokke en Rooikathokke
Jy het my daar Johan, maar ek glo nog my beginsel is regJohan Nel wrote:Dawie & Marc,
Behalwe vir Ian se laaste post het die manne in 2012 alreeds hierdie kommentare gemaak...
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2174
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Rooikathokke en Rooikathokke
Stem saam.Marc wrote:Jy het my daar Johan, maar ek glo nog my beginsel is regJohan Nel wrote:Dawie & Marc,