skade
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: skade
skolla die lammers was almal aan die keel gebyt en dis 1tot2 dag oue lammers.van ek die kat daar geskiet het is dit stil op daai plek,gistraand weer een geskiet maar dit was n jonge.hulle is volop hier.ek sal vir jou die foto stuur as jy my jou nmr gee
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
-
Pikkie
- Full Member

- Posts: 132
- Joined: Fri May 14, 2010 4:15 pm
Re: skade
Hier is een wat ek geskiet het, was nogal 'n groot een. Hulle kan baie skade aanrig. Ons het laas week skaap gewerk en 2 lammers gekry wat aan die nek gebyt is en nog lewe, maar weet of hulle dit sal maak nie. As ek in die aande uit gaan en kry 'n groukat skiet ek. Naby my pa was mense wat tot 40 lammer per maand verloor het, totdat hulle groukatte bein jag het.
[img width=560 height=420]http://i1196.photobucket.com/albums/aa4 ... 020390.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1196.photobucket.com/albums/aa4 ... 020390.jpg[/img]
- Martin Marais
- Hero Member

- Posts: 573
- Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm
Re: skade
Middag Johans
Slag een van die lammetjies wat gevang was se nekvel van die bokant af af. Jy behoort nou te sit met 'n stuk vel met vier gaatjies waar die tande om die gorrel gebyt het. Meet nou die afstand tussen die gaatjies en meet ook die afstand tussen die groukat se slagtande en vergelyk die twee resultate. Probeer ook oplet of die dikte van die groukat se slagtande ooreenstem met die grootte van die gaatjies in die vel.
Hoop jy kom reg.
groete
Martin Marais
Slag een van die lammetjies wat gevang was se nekvel van die bokant af af. Jy behoort nou te sit met 'n stuk vel met vier gaatjies waar die tande om die gorrel gebyt het. Meet nou die afstand tussen die gaatjies en meet ook die afstand tussen die groukat se slagtande en vergelyk die twee resultate. Probeer ook oplet of die dikte van die groukat se slagtande ooreenstem met die grootte van die gaatjies in die vel.
Hoop jy kom reg.
groete
Martin Marais
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: skade
pikkie,hier by my het dieselfde gebeur,lammers was aan die keel gebyt maar nie dood,moes hulle van kant maak want hulle kani suip nie.ek dink dis n jong kat.ekt nooit gedink n groukat kan so baie skade maak nie.sien party roep jy maklik in en ander kom gladnie.is hulle bedreig of nie,want hier is bitter baie.dis moeilik om hulle af te slag want teen die tyd wat ek daar kom het die kraai skoongemaak
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
-
Pikkie
- Full Member

- Posts: 132
- Joined: Fri May 14, 2010 4:15 pm
Re: skade
Johan,
Ek dink nie hulle kan bedreig wees nie, want by ons is ook baie. Wat ek op plekke al sien gebeur is dat groukatte baie kruis met huiskatte. Ek het een aand saam met iemand gaan skiet op 'n plaas waar die mense net naweke daar is en van die 9 wat ons geskiet het, kon jy in 6 die kleur variasie sien. In die kalahari is die groot probleem dat jy in die aan met die duine en langg gras nie oral kan kom nie. Vorig keer wat ek uit was het 2 katte soos jakke kom in hardloop. Laas week het ons een gesien, maar wou glad nie in kom nie. Ons het nader gegaan, maar hy het bly werder beweeg.