Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Maar hoekom vat dit langer en duurder om die dryfbande te doen teenoor die groewe ?
Willie het maar net genoem dat mens glad nie TSX of Impala se groewe as dryfbande moet noem nie.
Jagtersdok wrote:
Ek glo natuurlik die Barnes TSX is beter as die TTSX
Man vir die afstande tot 350meter dink ek nie die die extra BC help veel nie.
Ek voel die TSX maak goed genoeg oop en dat die polimer tip nie nodig is nie.
Die tips is in party van hulle los en skeef - dit hou ek nie van nie, maar dis nie trein smash nie bly great koele
Ek het wel ondervind dat die TSX vir my beter konstante akuraadheid gegee het as die TTSX
O ja en ek korregeer en las net die stukkie by.
Ek het dit knipoog ges? want ek wou net oom Koos Barnard se been bietjie trek.
Last edited by Jagtersdok on Sun Sep 23, 2012 9:36 am, edited 1 time in total.
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
As ek reg verstaan word Barnes met 'n pers proses (swaging) gemaak wat verwerkingstempo baie vinniger as 'n CNC draaiproses maak. Die akkuraatheidsvlakke wat GS as maatstaf stel is ook miskien meer presies as die ander vervaardigers. Die draai van koper is nie maklik nie en enige afwyking in die hardheid bemoeilik die' proses. Brass soos in die Impalas is weer 'n goeie kandidaat in 'n CNC proses en sny makliker.
Maar hoekom vat dit langer en duurder om die dryfbande te doen teenoor die groewe ?
Barnes word nie met CNC gedoen nie en dit is vinniger en goedkoper maar dimensioneel minder akkuraat. Frontier en Impala word met CNC gedoen en die groewe is op geen spesifieke dimensie nie en kan vinnig gesny word want dit maak nie saak as die diepte van groef verskil met 50 of so mikron nie. Wanneer klein dimensies baie meer akkuraat, soos die GSC dryfbande, op CNC gesny word, vereis dit 'n laer oppervlakte spoed en 'n stadiger voertempo en dit is dus stadiger. Dit sit ook 'n ekstra snit by teenoor groewe en verleng die looptyd van 'n koe?l op die masjien.
Arbeid en masjientyd bly konstant maar, mens kry vir dieselfde tyd en geld gespandeer, minder koe?ls per uur. Daar is ander aspekte van masjinering wat ook tyd byvoeg teenoor ander fabrikate soos die gat in die holpunt en so aan.
Die meeste ander vervaardigers werk vir 'n herhaalbaarheid van plus of minus 15 mikron van lot tot lot as alles goed gaan, sommige se standaarde is selfs groter as dit. GSC se vervaardigingsstandaard is vir 'n wisseling van nie meer as plus of minus 5 mikron van lot tot lot nie. Mens hoef net 'n lot GSC koe?ls te weeg om te sien hoe ons verskil van ander vervaardigers.
Manne ek lees nou al die topice seker vir die 5de keer van voor af deur.
Ek wil graag net paar punte uitlig.
Eerstens Oom Gerard, dankie vir die tyd en effort wat jy in sit en die baanbreker werk wat jy doen om koele te verbeter.
2) Koos dankie vir die toets, ja dis baie moeilike toets om te doen om werklik die effek te kry soos Oom koos Barnard uit gewys het.
3) Dankie vir al die manne wat nugter en logies oor die saak redeneer
Ek onthou die eerste keer waar die topic hewig bespreek was want ek was in die "Red Corner weighing in at ...." en Koos Biltong was in die "Blue corner weighing in at ....." soos die kryt aankondiger sou s?.
Ek gaan nou vir julle die Feite gee soos ek dit sien.
GSC Koeels is 'n UITMUNTENDE produk dit skiet goed, gee goeie werkverrigting, is akuraad, minder druk, beter spoed, baie stabiel, spoeg nie lood orals in die vleis in nie, vleis skade is baie aanvaarbaar selfs teen baie ho? snelhede.
Ek kan heeltemal verstaan waar die kostes vandaan kom, en ek voel ook elke man het die reg om te vra net wat hy wil vir sy produk of diens wat hy lewer en so het elke man ook die reg om te besluit of hy daardie prys wil betaal. Ons noem dit kapitalisme en dis heeltemal reg.
Oom Gerard en Koos se bemarking kan soms vir party mense oordadig wees, soms voel of dit nie by 'n punt kan kom nie en soms net of dit gedraai word,soms klink soos klomp tegniese crap om dinge te verbloem. Vir ander is dit perfek, presies wat hulle soek en vind aanklank daarby, hou van die tegniese detail, leer daar uit. Dis wat die lewe great maak want niemand is dieselfde nie en die lewe gaan altyd oor keuses.
Nog 'n feit is dat manne se persoonlikhede, interpersoonlike fetes, en humeure soms dinge bietjie skeef kan laat uitkom en ook mens bietjie van koers af gooi. Dit laat mens soms soos 'n passer al om jou eie gat redeneer en perspektief wil verloor.Mens lees ook soms 'n ding en verstaan iets anders as 'n ander of anders as wat bedoel word.Dis tog net menslik en ons moet maar om dit kom, verduidelik dan maar wat verstaan of bedoel word en korregeer dit.
Nuwe tegnologie van Monometaal koeels is beter in soveel opsigte teenoor konvensionele koeels en ak hoef dit nie eers te verduidelik nie. Net in die ou een toetsie is dit logies want die konvensionele koeel vervorm drasties en wyk v?r af waar 'n mono sy integriteit beter hou. en dan is daar nog 100 ander goed wat ek glo dat monos met die regte ontwerp en doodmaakvermo? beter maak.
Hier is die laaste en belangrikste feit.
MANNE MOET ASB NIE DOELBEWUS DEUR BOOM OF TAK OF WAT OOK AL SKIET AS JY JAG NIE, dit is net nie die moeite werd nie. Dit was dan ook waaroor die eerste boksgeveg was.
GEEN koeel is VRYGESPREEK van afwyking op die stadium nie, al is daar van hulle wat minder afwyk as ander, maar en hierdie is 'n GROOT MAAR. Ek glo met volhoue "research and developement" met koele en ook ander aspekte soos groefdraai en ander aspekte beweeg on is die regte rigting en is oppad om wel te kan kom by daardie perfekte produk uitkom. Manne doen so voort.
Oom Koos Barnard doen asb nog jou toets, dat ons kan sien of daar verskille in effek is wat herhaalbaar toon. Ek hoop van harte dat die GSC koele uitstekend gaan perform.
Gaan ek op die stadium ophou om te skiet wat ek skiet? Nee want ek is nog happy met my resultate, maar miskien in die toekoms as ek oortuig is dat wat ek gaan kry soveel beter is om dit die moeite werd te maak
Last edited by Jagtersdok on Sun Sep 23, 2012 12:42 pm, edited 1 time in total.
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Oom Gerard en Koos se bemarking kan soms vir party mense oordadig wees, soms voel of dit nie by 'n punt kan kom nie en soms net of dit gedraai word,soms klink soos klomp tegniese crap om dinge te verbloem. Vir ander is dit perfek, presies wat hulle soek en vind aanklank daarby, hou van die tegniese detail, leer daar uit. Dis wat die lewe great maak want niemand is dieselfde nie en die lewe gaan altyd oor keuses.
Nog 'n feit is dat manne se persoonlikhede, interpersoonlike fetes, en humeure soms dinge bietjie skeef kan laat uitkom en ook mens bietjie van koers af gooi. Dit laat mens soms soos 'n passer al om jou eie gat redeneer en perspektief wil verloor.Mens lees ook soms 'n ding en verstaan iets anders as 'n ander of anders as wat bedoel word.Dis tog net menslik en ons moet maar om dit kom, verduidelik dan maar wat verstaan of bedoel word en korregeer dit.
Daar is een vereiste wat van belang is wanneer die toets gedoen word. Vra vir die vervaardigers wat hulle aanbeveel vir die omstandighede. Laat die vervaardigers toe om die beste stel omstandighede vir die gegewe kaliber te skep. Met ander woorde, volg die vervaardiger se riglyne. En moet asseblief nie vir Swift vra watter Barnes koe?l om te gebruik nie, vra vir Barnes, en so aan.
GEEN koeel is VRYGESPREEK van afwyking op die stadium nie, al is daar van hulle wat minder afwyk as ander, maar en hierdie is 'n GROOT MAAR. Ek glo met volhoue "research and developement" met koele en ook ander aspekte soos groefdraai en ander aspekte beweeg on is die regte rigting en is oppad om wel te kan kom by daardie perfekte produk uitkom. Manne doen so voort.
Neels
Baie dankie ek stem saam met al die aspekte wat jy in hieride skrywe aangeraak het saam. Ek is egter bietjie skepties oor die rooi gedeelte as jy daarmee bedoel dat 'n koe?l so kan ontwikkel dat hy deur media soos takkies sy rigting kan hou. Ek glo net daar is te veel veranderlikes.
Dit daar gelaat . Wil maar net s? dankie, dit is soos ek ook voel.
Dags?
Neels, waaroor trek jy my been . Wat die TTSX betref, ek het vyf pakkies van die goed, 4 in .30-06 en 1 in .375. Ek moes seker die duds gekry het want al myne se blou puntjies is mooi vas en penreguit. Hulle skiet ook net so akkuraat soos die TSX wat ek het. Waar kan ek die duds omruil vir TTSX met skewe, los punte?
Mooi loop
Ek dink ek het die duds gekry hehehehe, ek het jou been getrek deur net die stelling te maak en spanner in die worx te gooi maar verder nie veel nie.
Spiekeries
Ek dink in die laaste ppar jaar is daar baie vooruitgang gemaak met koeel en vlugpatroon. Ek weet nie wanneer dit gaan gebeur nie, maar een ding wat ek geleer het is " Never say never" Ek glo enige iets is moontlik met geduld toewyding en harde werk
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Mense het ook gedink dit is onmoontlik om op die maan te land of om fotos van mars te neem.
Wat my net laat twyfel is die feit dat as die punt van die koe?l 'n takkie mis en die ogief raak die takkie s? my verstand vir my dat daar moet defleksie plaasvind. Ogief en vorm dra by tot die projektiel se BC nie waar nie, so ogief is 'n gegewe. Ek weet ook nie of die tol vanwe? die groewe in die loop so ontwerp kan word dat dit na 'n stamp op die ronding nog 'n 100% reguit koe?lbaan kan volg nie.
Seker glad nie 'n wetenskaplike redenasie nie, maar net wat my logika my wys maak.
Spieks
Dit is presies hoe ons almal logies redeneer. En absoluut wetenskaplik. Newton se wette staan nog. Maar hopefully kan ons dit eendag oorkom op een of ander manier.