hoe om Luiperd te vang in hok
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2489
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
hoe om Luiperd te vang in hok
Ons het groot probleme met luiperds op die plaas, kry gedurig spore en die huurders het al 'n paar kalwers verloor. Ek het 'n luiperdhok wil van hulle vang en vir een van die groepe gee wat probleem diere verwyder en weer baie ver loslaat. Ek sien baie jong spore en wat ek aanneem is wyfies. Enige tips oor hoe ek tewerk moet gaan om hulle gevang te kry. Ek het 'n vorige keer 'n boerbok in 'n ander hok gesit toegekap met takke langs die vanghok maar niks het gekom nie. Enige tips etc. Ek verkies om hulle nie te skiet nie, as ek nie 'n plan kan maak nie gaan die manne begin slagysters stel.
-
JK
- Sr. Member

- Posts: 435
- Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am
Re: hoe om Luiperd te vang in hok
Luiperd word nie maklik ge-relocate nie, as hy sy gebied gevestig het kom hy maar altyd weer terug, al los jy hoe ver.
Stel die vanghok in sy voetpad, of waar hy gereeld loop en los dit maar daar vir n paar weke. Hang n fisant of tarentaal in die hok bo-op die trap met n vislyn, hoog genoeg dat die groukatte dit nie bykom nie, hy gaan vir die fisant/tarentaal. Die hok moet lank genoeg wees dat hy nie uitglip as die hekke val, en slaan maar so n tregter met takke na die hek toe, en gooi ook n paar op die hok om dit te kamofleur.
Stel die vanghok in sy voetpad, of waar hy gereeld loop en los dit maar daar vir n paar weke. Hang n fisant of tarentaal in die hok bo-op die trap met n vislyn, hoog genoeg dat die groukatte dit nie bykom nie, hy gaan vir die fisant/tarentaal. Die hok moet lank genoeg wees dat hy nie uitglip as die hekke val, en slaan maar so n tregter met takke na die hek toe, en gooi ook n paar op die hok om dit te kamofleur.
Last edited by JK on Wed Sep 19, 2012 7:56 pm, edited 1 time in total.
Johan Kriel
Okahandja
Okahandja
- 22-250 Sniper
- Full Member

- Posts: 194
- Joined: Fri Dec 09, 2011 8:20 pm
Re: hoe om Luiperd te vang in hok
Sorg dat jy n oom van n hok het en dat sy deur sluit as hy toeval. Daai kolle katte word baie kwaat as jy hom vang
GUNS DON'T KILL, PEOPLE KILL
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: hoe om Luiperd te vang in hok
Lewendige aas is die antwoord. Sit hoender of tarentaal in aparte hok (wat katbestand is) aan die agterkant en voer hom. Weet van boer in die noorde van Limpopo wat baie so al gevang het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
JK
- Sr. Member

- Posts: 435
- Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am
Re: hoe om Luiperd te vang in hok
Vergeet, moet deurloop hok wees, hy gaan nie maklik in as die hok nie agter oop is nie. As jy lewendige aas gebruik sit dit dan teen die hok in n ander hok so dat hy an binne die vanghok moet probeer by kom. As hy reeds in n hok al gevang was, werk lewendige aas beter, andersins werk die dooie een aan n vislyn baie goed.
Last edited by JK on Sun Sep 23, 2012 7:13 pm, edited 1 time in total.
Johan Kriel
Okahandja
Okahandja