Wat is 'n goeie maak kluis en grote om voor te gaan? Ek kyk tans na Mutual se 5 of 13 geweer kluis, maar het onlangs ook die Magnum kluise by S&O gesien. Is die Magnum SABS en SAPS goedgekeurde kluise? Ek kon nie die SABS merk sien op hulle nie.
Wanneer dit kom by die vas sit van 'n geweer kluis, wat is die SAP se vereistes omtrent dit. Mag 'n mens "Sleeve Anchors" gebruik?
Dankie so lank vir al die antwoorde




