Wat se die Wet

Post Reply
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Wat se die Wet

Post by ZKK »

Goeie middag menere.

Hipoteties gesproke....... se nou n publieke vakansie oord/wildsplaas met bobbejane wat lastig is, nader n jagter om die probleem op te los.
Vereis die wet een of ander permit, of mag hierdie diere wettig geskiet word?

Groete
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Wat se die Wet

Post by Eugene »

Ek weet nie in watter area jy is nie, maar, sover ek weet, het jy 'n permit nodig om primate in NoordWes te skiet. Die ander slim ouens kan dalk beter inligting gee.

Ek hou die post dop om meer te weet!
Aim small, miss small
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Wat se die Wet

Post by wlm »

ZKK wrote: Goeie middag menere.

Hipoteties gesproke....... se nou n publieke vakansie oord/wildsplaas met bobbejane wat lastig is, nader n jagter om die probleem op te los.
Vereis die wet een of ander permit, of mag hierdie diere wettig geskiet word?

Groete
Hipoteties gesproke, is dit nie wat by Marikana gebeur het nie?
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Wat se die Wet

Post by Cobus(Cobb) »

Hipoteties gesproke....22 met KD en subsonics....bittervroeg oggend voor die groenes jou sien...jy kan elkgeval net so 3-4 drop voor daai ape spaander...

My vraag is, hoeveel in so trop los jy lewend? Ek wil nie almal uitwis nie, net beheer.
Ons het 'n trop van so 30 gehad, daars nou so 15 oor...los ek hulle nou of drop ek nog so paar??

Cheers
Last edited by Cobus(Cobb) on Wed Sep 19, 2012 2:55 pm, edited 1 time in total.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Wat se die Wet

Post by Gawie(13mm) »

Middag ZKK.

Hier in die Boland is dit relatief maklik.(Op papier altans)

1.Jagpermit van natuurbewaring wat jou toelaat om twee Bojane per dag te skiet.

2. Toestemming van grondeienaar.

3. KD (anders kry jy in elke geval net een skoot)

Ons skiet gewoonlik twee of meer man saam indien die probleem vinnig opgelos moet word.
Probeer die Alpha mannetjies eerste uithaal. Die trop beweeg gewoonlik weg en jy maak dit 'n ander man se probleem.
Hulle sal, as daar ander kos in die omgewing is, liewer wegbly van waar daar op hulle geskiet is.
Die geheim is om dood te skiet en nie net op hulle te skiet nie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Wat se die Wet

Post by ZKK »

Wat van Mpumalanga, ken enigiemand die wetgewing daar?

As julle se kneldemper, moet mens dan subsonic ook laai, of moet mens maar net probeer om volsterkte ladings bietjie sagter te maak?

Het iemand al ooit probeer om hulle te voer en dan voor te sit?
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Wat se die Wet

Post by Chevvy SS »

'n Vragie asb:

As mens die Alpha mannetjie moedswillig kwes, sal hy nie die trop bangmaak om nie weer daar te kom nie?
Herman Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 645
Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm

Re: Wat se die Wet

Post by Herman Venter »

Chevvy,
Ek is nou nie 'n groene nie, maar glo nie daardie is baie nice om die dier moedswillig te kwes nie!

Net my 2c, wil nie popcorn maak nie!

Groete
Herman
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243

REFUSE TO FOLLOW
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Wat se die Wet

Post by Gawie(13mm) »

Herman+1
Ek het al een sleg gekwes en naar gevoel tot in my tone.
Is maar net nie ' n lekker gevoel nie.
Waar wil jy hom met opset kwes, Chevy?
Op 200m+ tot 600m skiet ons vir die bors of blad as hulle dwars sit.
'n Gekweste mannetjie kan m@&rig raak en jou lammers of selfs jou kinders kan in gevaar wees.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Wat se die Wet

Post by Cobus(Cobb) »

ZKK wrote:
As julle se kneldemper, moet mens dan subsonic ook laai, of moet mens maar net probeer om volsterkte ladings bietjie sagter te maak?

Het iemand al ooit probeer om hulle te voer en dan voor te sit?
Subsonic maak hom BAIE sag, die klap teen die dier is seker 3x harder as die skoot...geen groene sal jou skoot hoor nie..
Voorsit weet ek nie van nie, maar hulle kom elke oggend vroeg asblikke toe...wag daar vir hulle.

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Wat se die Wet

Post by ZKK »

Die asblik idee klink na n goeie een.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Wat se die Wet

Post by Chevvy SS »

Manne, ek is nie 'n voorstaander van kwes nie, en sal dit nooit doen as dit nie verhoed kan word nie.

My vraag het net gegaan oor die feit dat mens die kese vanaf jou grond wil verdryf, en ek het gedink dat een wat skreeu en raas die ander spul heeltemal sal laat weghardloop.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Wat se die Wet

Post by Gawie(13mm) »

Chevvy ek hoor jou. ;)
'n Bobbejaan wat gekwes is raas en skreeu nie. Ek dink die skok vir hul sisteem is te groot en die oorlewings-drang skop in en hul probeer vlug.
Indien jy met 'n KD skiet sal die res van die trop agterna hol en dan gewoonlik gaan staan (as hul dink dis veilig) en probeer vasstel van waar die skoot gekom het. Ons skiet hier by ons gewoonlik in, of teen 'n berg en "range" voor die tyd 'n paar plekke waar hul moontlik sal uitklim sodat jy kan opstel direk na die eerste skoot geklap het.

Bobbejane is meer soos mense as wat jy dink.
As jy 'n man 'n oorveeg gee gaan hy huil-huil wegloop om later maar weer terug te drentel.
Bobbejane is maar dieselfde en die "doodstraf" is meer finaal en hou hul vir langer weg.
Die jonges leer by die oues en as hulle sien die oues val sal hulle nie dieselfde fout maak nie.

Ek sal graag wil hoor hoe die manne in die Bosveld maak.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 843
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Wat se die Wet

Post by Dawie Malan »

Ons skiet bobbejane in die bosveld met 'n plat kaliber op 250 meter +. Wat jy doen is as jy hulle kry, ry jy met die voertuig verby en stop daar waar hulle jou nie kan sien uitklim nie. Dan bekruip jy hulle. Hulle sal nie hardloop nie. Jy sal ook altyd die kleintjies hoor skree soos die ma's hulle rondsleep om hulle weg van die gevaar te hou. Hulle sit net in die bome vir jou en blaf. Skiet een en wag. Hulle is te nuuskierig. Dan klouter hulle 'n ander boom uit om te sien waar jy is. Skiet dan daardie een. Wag weer. Hulle sal so aanhou bome uitklim totdat 'n hele klomp geskiet is. Onthou net waar hulle val.

Ons skiet die bobbejane oor die skade wat hulle op ons grasdakke aanrig en omdat daar te veel bobbejane en te min natuurlike kos in die area is. Ek noem dit Somerjag. Daar is nie meer leeus nie en luiperds het so ge"lock" geraak op die wild wat so mak geword het en dat hulle nie meer 'n bobbejaan, wat op net so vinnig kan beweeg soos vorentoe,  in 'n boom wil injaag nie.

Ons probeer hulle nie kwes nie.

Dawie
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Wat se die Wet

Post by Cobus(Cobb) »

Dawie Malan wrote: Hulle sal nie hardloop nie. Jy sal ook altyd die kleintjies hoor skree soos die ma's hulle rondsleep om hulle weg van die gevaar te hou. Hulle sit net in die bome vir jou en blaf. Skiet een en wag. Hulle is te nuuskierig. Dan klouter hulle 'n ander boom uit om te sien waar jy is. Skiet dan daardie een. Wag weer. Hulle sal so aanhou bome uitklim totdat 'n hele klomp geskiet is.Dawie
Hoeveel kan julle so skiet voor die trop spaander?
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 843
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Wat se die Wet

Post by Dawie Malan »

Cobb

Meeste wat ek in 1 trop geskiet het op 'n slag was 4. Met respek aan ons bosveldboere, hulle kan nie v?r skiet nie. En 'n bobbejaan, wat vinnig 'n ding aanleer, weet die boere daar skiet op kort afstand uit voertuie. Vrystaat en Karoo bobbejane is gewoond aan laaaang skote  ;).

Groete

Dawie
QG18de
Full Member
Full Member
Posts: 138
Joined: Fri May 03, 2013 9:23 am

Re: Wat se die Wet

Post by QG18de »

Manne

Die meeste manne wat hier praat sal weet, 'n bobbejaan is 'n ander ding om geskiet te kry. Ons boer in die Laingsburg omgewing en die bobbejane is baie erg wild. As die bakkie oppad is en hulle hoor of sien hom dan laat spat hulle. Daar is geen manier wat hulle binne 'n afstand van 600m(selfs verder) gan stilsit as hulle jou sien of hoor nie. Maar ek dink dit is maar toe te skryf aan die baie koeëls wat al op hulle gereën het.
Ek moes self nou so ruk trug op die trop skiet op 400m waar hulle op volle vaart weghardloop. So ek dink mens kan jou "gelukkig" ag as jy nog 'n skoot op 'n sittende/stilstaande bobbejaan op 200m-500m kan skiet!

Alleenlopers is baie rustiger en hulle loop so wegkruip wegkruip rond binne kort afstande van jou af. Dit is maar die bobbejane wat ek meestal geskiet kry. Maar die troppe is my nog 'n hele paar tricks voor!

Groetnis
Jason
Howa 6.5 Creedmoor, KRG Bravo
Lee Enfield No4 Mk2 303
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: Wat se die Wet

Post by LoveHenties »

;) Crystal Springs né

Het my seun half aangeval daar. Tennisbal in sy hand, hulle dog dis 'n appel...
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
User avatar
Johnnie De Wet
Hero Member
Hero Member
Posts: 550
Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm

Re: Wat se die Wet

Post by Johnnie De Wet »

Chevvy SS wrote:'n Vragie asb:

As mens die Alpha mannetjie moedswillig kwes,

Lyk of jy eintlik vra of jy hom met n 30-06 mag skiet? >:+
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: Wat se die Wet

Post by LoveHenties »

Johnnie De Wet wrote:
Chevvy SS wrote:'n Vragie asb:

As mens die Alpha mannetjie moedswillig kwes,

Lyk of jy eintlik vra of jy hom met n 30-06 mag skiet? >:+
Uit "The 7 habits of highly effective people:"
Between the stimulus and the response is your greatest power--you have the freedom to choose your response. One of the most important things you choose is what you say. Your language is a good indicator of how you see yourself. A proactive person uses proactive language--I can, I will, I prefer, etc. A reactive person uses reactive language--I can't, I have to, if only. Reactive people believe they are not responsible for what they say and do--they have no choice.
Ek kies om so te reageer: JdW, jy is lekker snaaks :)
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
Post Reply