Lisensies
- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Re: Lisensies
Ek is so bly ek kan skree.Ek het frydag die 14 September die SMS ontvang dat my licensie goedgekeur is.Nou wag n mens vir die printer om die kaart te print dan mag ek my Sanna gaan haal en begin lood goeie.
CZ 550 LUX 30.06
Howa 1500 6.5 x55
Gamo CFX .177
Howa 1500 6.5 x55
Gamo CFX .177
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Lisensies
Rupert,
Baie geluk.
More staan ek op 4 weke by Consideration....
Ek is besig om die wereld warm te bel, maar niemand antwoord hul fone nie...

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

- Dirkie
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Oct 25, 2011 7:50 am
Re: Lisensies
Middag manne,
18 Junie ingegee en 13 September goedgekeur.
Ek het haar vandag gaan haal

Groete Dirkie

Ou honde loop laat...
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Lisensies
Vanmore die 243 voor n nuwe aansoek ingedien, beampte by Potch ken my al so goed se hy gaan nie eers inspeksie kom doen nie. Vertel my ook ek gaan geld mors as ek aansoek vir tydelik indien, hy se hy kan my amper waarborg aansoek gaan 6-8 weke vat voor hy goedgekeur is.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Lisensies
Blok, hoe werk die een jaar permit waarop die 204 aan kou uitgereik is?BLOK wrote: Vanmore die 243 voor n nuwe aansoek ingedien, beampte by Potch ken my al so goed se hy gaan nie eers inspeksie kom doen nie. Vertel my ook ek gaan geld mors as ek aansoek vir tydelik indien, hy se hy kan my amper waarborg aansoek gaan 6-8 weke vat voor hy goedgekeur is.
Veiligheid eerste manne!
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Lisensies
Pierre het destyds aansoek gedoen saam die 204 se aansoek vir n tydelike permit. Was toe goedgekeur vir 12maande. Maar nie eers n maand later nie toe is sy lisensie goedgekeur en 3 weke later was die kaart al by die plaaslike stasie. Moet bieg ek het die kaart eers n week of twee terug gaan haal.Pierre van der Merwe wrote:Blok, hoe werk die een jaar permit waarop die 204 aan kou uitgereik is?BLOK wrote: Vanmore die 243 voor n nuwe aansoek ingedien, beampte by Potch ken my al so goed se hy gaan nie eers inspeksie kom doen nie. Vertel my ook ek gaan geld mors as ek aansoek vir tydelik indien, hy se hy kan my amper waarborg aansoek gaan 6-8 weke vat voor hy goedgekeur is.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Lisensies
Nou net goedgekeur!!!!!!!!!!!!!
Staan klaar met die tydelike lisensie in my hand!!!!!!!
Staan klaar met die tydelike lisensie in my hand!!!!!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Lisensies
Jou gelukkige blikemmer!!!!!!!!!!!!!!
Laat weet hoe mooi daai roer loop. Mag jy lank gelukkig wees met die 93!
Laat weet hoe mooi daai roer loop. Mag jy lank gelukkig wees met die 93!
Veiligheid eerste manne!
- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: Lisensies
Mooi so! Laat loop hom!
Manne hoe werk hierdie tydelike lisensie besigheid? Wat kos dit en kan my plaaslike stasie dit vir my binne 30 minute gee?
Manne hoe werk hierdie tydelike lisensie besigheid? Wat kos dit en kan my plaaslike stasie dit vir my binne 30 minute gee?
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Lisensies
Kyk, dis my hoof lisensie wat goedgekeur is en op grond daarvan het hulle vir my 'n tydelike lisensie gegee.
Nou soek ek plek om te gaan skiet!!!!!!!!!!
Nou soek ek plek om te gaan skiet!!!!!!!!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: Lisensies
Maar mos jy apart vir hom aansoek doen? Ek het al die 5de my sms geskry maar aangesien dit my eerste aansoek is word die kaartjie in Pta gedruk. Dan word kaartjies slegs 1x per maand afgevlieg Kaap toe waarna dit nog deur Bellville na Worcester moet kom. So ek gee dit nog 'n paar weke ten minste.
Indien ek egter solank 'n tydelike lisensie kan kry op grond van die feit dat ek net vir die kaartjie wag sonder te veel drama sal ek dit defnitief oorweeg, maar as dit die begin van 'n nuwe struggle gaan wees wag ek eerder en hou my frustrasies vir myself.

- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1179
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: Lisensies
Baie geluk Deon!! Nou kan jy uiteindelik gaan doen wat ek al lankal sou gedoen het, die geweer gan skiet!!!

Groete,
Lou
Groete,
Lou
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Lisensies
Matewis,
Gaan na jou DFO toe en vra hom om vir jou 'n tydelike lisensie op grond van jou goedkeuring te druk.
Jy hoef nie aansoek te doen nie
Gaan na jou DFO toe en vra hom om vir jou 'n tydelike lisensie op grond van jou goedkeuring te druk.
Jy hoef nie aansoek te doen nie
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Herman Venter
- Hero Member

- Posts: 645
- Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm
Re: Lisensies
DWB,
Ek weet nie of ek terug gekom het om hier te se nie, maar my DFO weet niks daarvan nie en hulle se al wat hulle my kan gee is 'n printout van dat lisensie reeds goedgekeur is maar dit is nie 'n geldige lisensie nie so geweer handelaar sal nie die geweer vir my gee ne! Ek dink die polisie hier by my is net erg onbevoeg!
Geluk op die roer, jy het lank gesukkel
Groete
Herman

Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243
REFUSE TO FOLLOW
30.06
.243
REFUSE TO FOLLOW
- SV MAD (Henk)
- Hero Member

- Posts: 1653
- Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm
Re: Lisensies
Herman, kyk so paar bladsye terug, ek het post gemaak oor wie te kontak by CFR as jy tydelik wil he (as jou regte een al goedgekeur is).
Groete
Groete
ek soek nog wapens...
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5027
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Lisensies
Ek het by die regte mense gehoor dat CFR blykbaar weet van die probleme in die Noord Kaap en die mense se dat hulle sonder werk sit omdat daar geen lisensie aansoeke inkom nie. Toe ek dit hoor toe se ek vir haar ek weet van heel paar manne wat sukkel bleikbaar gaan die CFR self 'n toer doen deur die Noord Kaap om te sien hoe hulle dinge kan verbeter.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
-
Herman Venter
- Hero Member

- Posts: 645
- Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm
Re: Lisensies
Frederik,
Dit is skokend om te dink die manne by CFR sit sonder werk maar hier by ons le die aansoeke 3 maande voor hul provinsiaal toe gestuur word! Hoop hul maak dit reg!
Groete
Herman
Dit is skokend om te dink die manne by CFR sit sonder werk maar hier by ons le die aansoeke 3 maande voor hul provinsiaal toe gestuur word! Hoop hul maak dit reg!
Groete
Herman
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243
REFUSE TO FOLLOW
30.06
.243
REFUSE TO FOLLOW
-
bex
- Full Member

- Posts: 184
- Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm
Re: Lisensies
Ek hoop hulle doen daai toer binnekort, myne haak nou ook al 3 maande vas hier.
- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Re: Lisensies
Dwb onder watse distrik val jy Oos kaap,Weskaap,Gauteng of watDWB wrote: Rupert,
Baie geluk.
More staan ek op 4 weke by Consideration....
Ek is besig om die wereld warm te bel, maar niemand antwoord hul fone nie...
CZ 550 LUX 30.06
Howa 1500 6.5 x55
Gamo CFX .177
Howa 1500 6.5 x55
Gamo CFX .177
- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Re: Lisensies
Geluk.Hoe kry ek my hande op n tydelike licensieDWB wrote: Nou net goedgekeur!!!!!!!!!!!!!
Staan klaar met die tydelike lisensie in my hand!!!!!!!
CZ 550 LUX 30.06
Howa 1500 6.5 x55
Gamo CFX .177
Howa 1500 6.5 x55
Gamo CFX .177
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Lisensies
Ek is in Mpumalanga.
Ek het na my DFO gegaan en hom gevra op grond van my goedkeuring om een te druk.
Ek het na my DFO gegaan en hom gevra op grond van my goedkeuring om een te druk.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Fanie
Re: Lisensies
Ek begin nou al meer en meer dink die poelieste het iets teen my persoonlik.
My geweer lisensie is gedruk volgens hulle nou al meer as 'n maand terug maar die lisensie kom nooit by die stasie uit nie. Nou moet hulle eers aansoek doen vir 'n herdruk en ek hoor hulle se dit vat EERS lank. Hoe lank kan so iets nou eintlik neem.
Ek het in my lewe nog nie iets so pateties belewe nie.
Dankie DWB, ek sal kyk of hulle dit vir my ook wil doen.
Wat my stomslaan is hoe mense wat so onbevoeg is in die uitvoering van 'n eenvoudige taak bv kan besluit of ander bevoeg is of nie, om nie eers van die doelbewuste weerhouding (konfiskering
) van mens se eiendom te praat nie.
Die probleem kom nie van die poelieste af "wat net hulle werk doen" nie, dis in elk geval nie hulle werk om die publiek te terroriseer nie. Die probleem is dat elke wapen en jag groep en ander groep (en hulle prokereur) nie die korrupte wapen wet wil aanspreek wat eintlik die probleem is nie. Hulle wil net aanspreek wat hulle pas en wat mense gaan forseer om aan hulle groep te moet behoort vir eie belang ongeag hoe onkonstitusioneel en dus onwettig die marble wat hulle pollish is.
Hierdie het tot gevolg dat dit mense baie geld en tyd kos en die implikasie van lewens verlies as gevolg van weerhouding is 'n uiters sterk waarskynlikheid.
Die laaste briljante argument wat iemand vir my gegee het was ja maar as elkeen in die plakkerskamp...
Elkeen in die plakkerskamp het reeds sy gun. Dis deur die poelieste en die weermag en deur die florerende swart mark wat as gevolg van die fiasko geskep is reeds vir hulle beskikbaar gemaak. Dit gaan hier egter oor die geldmakery en magte wat elkeen wat homself een of ander tipe van 'n leier (en sy prokereur) bekroon het probeer kry ten koste van jan alleman.
My vrou se SAJ en GFSA gaan maandag aande op "duty calls" op Tv2 'n gesprek voer oor die wapen stories, ek kan maar net dink wat se gemors nou weer hieruit gaan kom. Die spul demokrate het ten doen om mense te ontwapen - geheel en al - nou wil die klomp gaan 'n gesprek of argument voer daaroor terwyl nie een van hulle mense se konstitusionele regte erken, aanspreek of eerbiedig nie. Geen wet of instelling of reel kan gemaak word deur die wetgewer of enige iemand anders as dit die konstitusionele regte van mense oorskry nie, die konstitusie is veronderstel om die hoogste reg in die land te wees.
Vir die wat nie weet nie GFSA word gefinansier deur verskeie organisasies wat sekere nadelige gevolge in die land wil veroorsaak (waarop ek nie hier wil ingaan nie) deur met vals waarhede soos "guns kill" en met enkele uitsonderlike voorvalle as voorbeelde mense te mislei om hulle standpunt te glo. Kriminele maak mense dood, nie wapens nie. Wapens word hoofsaaklik gebruik vir beskerming juis teen kriminele, of jag of skyfskiet ens. Daar is 'n klomp tegnieke wat GFSA gebruik om hulle sin te kry, almal verdraai feitlike waarhede om die teendeel te wys. Die feit dat daar verskeie kredietwaardige internasionale studies is wat wys dat as die publiek bewapen is, en GOED bewapen is verminder misdaad drasties word nie in ag geneem nie.
Hier in SA is een van die grootste probleme dat alles vinnig om geargumenteer word na rasisme en "white supremesis" en almal is gelyk want ons bloei almal rooi en om polities korrek te wees is meer belangrik as al die lyke wat elke maand begrawe of veras word as gevolg van die misdaad wat veroorsaak is deur GFSA. GFSA het nog nooit een enkele van hulle leuns kon staaf met praktiese werkbare voorbeelde nie, alles is gebasseer op polities korrekte leuns en verdraaiings orn skendings van menseregte te bewerkstellig. En moenie vergeet dat die politieke partye hulle aanhang en ondersteun nie.
Die gevolg van hierdie verkragting van ons regte is dat mense nie hulle lewens kan verdedig nie - jou mees basiese reg, eiendom word weerhou, jou reg op vryheid word geskend... daar is waarskynlik meer as 8 van jou basiese regte wat hierdeur geskend word, by implikasie word jy nie eers as 'n mens beskou nie. Onthou in diesefde asem dat dat dit dieselfde spul is wat gedurig menseregte en die internasionale konstitusie rondswaai.
AS die regering dit ten doel gehad het om "onwettige wapens" te verminder sou hulle nie wapens gekonfiskeer het of die publiek gedreig het om hulle wapens op te gee vir verspreiding na die plakkers toe nie. Hulle sou 'n veldtog geloots het om mense bewus te maak van wapens wat gesteel word, help om mense te bekwaam in verdedigeing en mense GEHELP het... iets waarvan hulle skynbaar nog nie gehoor het nie. Verder sou die wetgewer toegesien het dat mense se regte eerbiedig word en wette maak wat kriminele vervolg in stede van die publiek en wat die publiek beskerm het.
In al die hele fiasko wat om ons afspeel het die DA tot voorgestel dat daar regte vir slagoffers moet wees. Hoe ondeurdag. Die publiek is nooit veronderstel gewees om 'n slagoffer te word as sy regte erken en beskerm word deur die poelieste nie. By implikasie moet jy nou eers 'n slagoffer word om regte te kan he.
Mense, julle moet ophou om soos Lemmings oor die afgrond te loop.
Man is ek nou vies !

Net toe ek dinge in plek begin kry vir tydelike lisensie kry ek die wonderlike SMS en ek bevestig met my plaaslike tak dat my kaartjie hier is... salige gevoel...
Ingedien 12 Junie, dus so bietjie meer as 3 maande. Hy was blykbaar lankal hier maar moes oorgedruk word aangesien 'n verkeerde foto op die agterkant was... (kopskud). Maar ek gaan nie (verder) kla nie... tot my volgende aansoek in is.
Sterkte vir die manne wat sukkel en wag. Ek hou saam julle duim vas.
Nou vir besluit op die scope. Gelukkig het ek nie 'n lisensie hiervoor nodig nie, wel ten minste nog nie.

Ek was daar hulle se nee ek kan nie 'n tydelike lisensie kry nie ek moet wag vir die lisensie kaartjie. Laas toe die kaartjie nie uitkom nie het hulle blykbaar (so se hulle) vir 'n herdruk gevra en toe ek nou daar was blykbaar weer, as dit so is dan is ek nou al in my tweede "herdruk".DWB wrote: Matewis,