S & O Prys verandering?

User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: S & O Prys verandering?

Post by Hein M. »

Hansman wrote: Pierre heeltemal waar, die manne gee goeie diens ek wil net graag gesoen word voordat ek gespyker word. ;)
;D ;D

Eers lekker gelag... 

Maar dit staan soos 'n paal bo water 8)

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Raakgeskiet
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sun Jul 25, 2010 7:04 pm

Re: S & O Prys verandering?

Post by Raakgeskiet »

net my 5 sent ook ingooi as ek mag.
Ek koop laas week 'n magesyn in die pretoria tak, die week koop ek dieselfde magesyn in stellenboch tak vir R100-00 duurder.
Ek neem aan hulle het dieselfde tyd die land ingekom?
Ek het ook al baie by hulle gekoop, hulle het ook maar soos baie ander winkels gemaak. Baie goedkoop in die begin tot almal daar begin koop en dan as jy nie meer rondshop nie dan klim die pryse, en jy koop maar want hulle was dan altyd die goedkoopste.
Ek stem saam, hulle voer self in om meer profeit te maak, ek kan geen ander rede sien nie.
Wat die groot borgskappe betref, is dit nie maar op die einde van die dag ons geld wat hulle gebruik nie?
Laaste voorbeeld waaroor ek baie teleurgesteld was, ek het 'n boshoed daar gekoop vir R168-00, dieselfde hoed by 'n ander winkel gekry vir R80-00(dit was dieselfde brandname ook) nou dis darem  te erg.
.22 brno Model 1
12 boor haelgeweer cbc
Tikka .223
Tikka 6.5mm Creedmoor
ruger .357 magnum 6"
Uberti 38 speacial
Sako .308
Howa 6,5mm PRC
.22 brno

Goudsmid van beroep
Steve van Niekerk
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2343
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: S & O Prys verandering?

Post by JAGTERSREG-JRM »

Hein M. wrote:
Hansman wrote: Pierre heeltemal waar, die manne gee goeie diens ek wil net graag gesoen word voordat ek gespyker word. ;)
;D ;D

Eers lekker gelag... 

Maar dit staan soos 'n paal bo water 8)




Ek het amper my balans verloor op die leerstoel.......Die winkel is al baie lank oop in Pretoria en ek het net geweier om daar in te loop want ek weet dit gaan my kos.Dankie vir die lekker lag :angel: :angel:

Hein
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Johanwb
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Wed Apr 18, 2012 9:29 am

Re: S & O Prys verandering?

Post by Johanwb »

Net my beskeie opinie ook. Elke winkel het die reg om te vra vir 'n produk wat hy wil, om sy GP te bepaal sodat sy begroting ens. klop aan die einde van die jaar. Dink S&O sit met taamlike overheads. Dit kan nie goedkoop wees om al daai kenners se salarisse te betaal nie.

Vir die hoeveelheid en verskeidenheid vooraad wat hulle dra het hulle ook nie baie personeel nie. Genoeg vir die dag tot dag dinge, maar as daar 'n paar containers vooraad op 'n slag aankom dan gaan jy sukkel om alle stelsels op die selfde statium reg te he.

Jy maak tog sekerlik eers jou rakke vol met die nuwe voorraad (die klient wat tot by die winkel ry verdien tog 'n bietjie beter diens as die man wat die goed oor die rekenaar bestel, hy het immers die moeite gedoen om tot daar te ry). dan daarna wanneer alles op die rakke is en die stelsels is opgedateer dan verander jy die aanlyn aankope se goed en met die vooraad wat S&O dra kan dit ook tog nie 'n paar uur se werk wees nie, maar wel 'n paar dae.

Dit kan dalk 'n rede wees hoekom daar so nou en dan 'n prys verskil is van die rak teenoor die web.
Post Reply